Betogers by munisipale kantoor geskiet

Die Steve Tshwete- plaaslike munisipaliteit se kantoor. (Foto: Google)

Vier betogers, wat ook munisipale werkers van die Steve Tshwete -plaaslike munisipaliteit op Middelburg is, is Woensdag deur private veiligheidsmagte geskiet nadat hulle onregmatige toegang tot die munisipale kantoor probeer verkry het.

Een van die werkers het aan sy beserings beswyk, terwyl die ander hospitaal toe geneem is.

Die betrokkenes is almal deel van ʼn groep van sowat 150 werkers wat al vir weke lank in die gebied betoog. Die voortslepende staking vlam kort-kort op sedert dit in September verlede jaar begin het.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die jongste botsing tussen wetstoepassingsowerhede en die betogers aan Maroela Media bevestig.

“Volgens ons inligting is die werkers geskiet terwyl hulle toegang tot die munisipale gebou probeer verkry het,” sê hy.

“Die polisie is na die toneel ontbied om die situasie te probeer ontlont.”

Die munisipaliteit het onlangs ʼn private veiligheidsmaatskappy aangestel toe die betogings sowat drie weke gelede weer opgevlam het.

“Die veiligheidswagte beskerm ʼn aantal raadslede, die munisipale bestuurder, die perseel en ʼn paar strategiese punte om die perseel,” sê die plaaslike DA-raadslid Hennie Niemann.

Volgens Niemann eis die stakende munisipale werkers onder meer die munisipale bestuurder se kop weens binnegevegte, ʼn hoër gradering van die munisipaliteit en dat ʼn aantal tugverhore van hul geskorste kollegas teruggetrek word. Kort duskant 50 werkers wag op ʼn tugverhoor vir een of ander soort misdryf.

Die stadsraad gee nie in hierdie stadium toe aan enige van die betogers se eise nie. Die hoop is dat onderhandelings gemoedere sal kalmeer.

Die rommel lê die hele dorp vol. (Foto: Verskaf)

Intussen word broodnodige munisipale dienste lamgelê, terwyl rommel die wêreld vol gestrooi word.

“Die situasie het die afgelope tyd handuitgeruk met betogers wat munisipale werkers wat wel aanmeld vir werk, uit die gebou probeer verwilder,” sê Niemann.

Die stadsraad het onlangs ʼn hofbevel verkry wat die betogers verbied om nader as ʼn sekere afstand van die munisipale perseel te betoog, maar die afdwinging hiervan skiet myle te kort.

“Ons dorp lei ongelooflik erg onder die betogings,” sê Niemann.

“ʼn Groot kopseer is die vullisverwydering wat al vir drie weke lank opgeskort is. Stortingsterreine is oop en van die inwoners ry hul eie vullis weg, maar die oorgrote meerderheid se vullis hoop net oral op. Ons het verlede jaar private mense aangestel om die vullis te verwyder, maar hulle het intussen geweier om dit weer te doen nadat hulle deur betogers geïntimideer is.

“Elektrisiteit- en waterprobleme word gelukkig deur onafhanklike kontrakteurs hanteer. Hoewel die dienste stadiger is as gewoonlik, kry enige probleem nietemin aandag.”

Niemann het sélf onder woedende betogers deurgeloop toe sy private motor met klippe bestook is.

“Die betogers het al vir ʼn geruime tyd probeer om my voertuig te beskadig en hulle het dit gister eindelik reggekry. My ruite is stukkend geslaan en ander dele daarvan is beskadig,” sê hy.

“Ek het reeds ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak, maar dit is moeilik om die boosdoeners te identifiseer omdat hulle in groot groepe opruk.”

Te midde van die voortslepende chaos het die munisipaliteit besluit om ʼn beginsel van “geen werk, geen betaling” toe te pas, sodat ongemagtigde stakers dit aan hul sakke sal voel.

“Daar is al by twee verskillende geleenthede ʼn ultimatum aan die betogers gestel om terug te kom werk toe, maar dit is geïgnoreer. Daar is uitgestippel dat as hulle nie by die werk aanmeld nie, word daar aanvaar dat hulle nie meer by die munisipaliteit werksaam is nie. Ons het tans arbeidskenners wat ons help om hierdie prosesse in werking te stel.”

Volgens Niemann is die situasie steeds plofbaar. Hoewel die polisie gisteraand die situasie onder beheer gekry het, het ʼn groep vanoggend teen 10:00 weer by die munisipale gebou opgedaag.

“Dit is ʼn baie gespanne situasie, maar ons hoop en bid dat daar eindelik ʼn oplossing en ʼn einde hieraan kan wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Kokerboom ·

Jammer vir dood maar ferm optrede noodsaakliker as ooit

Witbaard ·

Tyd dat betogers wat nie volgens die reels vreedsaam betoog nie, ‘n les geleer word. Hulle betoog omdat hulle wettelose kamerade tugverhore moet ondergaan… hoe korrup is hulle dan? Verwag hulle dat hulle net kan doen wat hulle wil en wegkom daarmee? Volg die president se voorbeeld seker.

George ·

Staak al letterlik vir 11maande, geweldadig, intimideerend, en dan verwag jul niks gaan gebeur nie?! Nee wat, tyd om live rounds te gebruik met elke toy-toy betoging.

Miena ·

dis jammer dat daar altyd iets ergs (fatal) gebeur a.g.v. protes aksies. Maar dis mos al taal wat verstaan word blykbaar. Van ons myner kolegas is geblok by hulle huise om enigsins uit te gaan en kannie werk toe kom nie. dis regtig nie meer n lekker speletjie hierdie nie.

miche ·

Ek geniet jou Kommentare altyd, Miena. Dit maak altyd sin en jy skryf eerlik en uit jou hart.

Miena ·

Aitsa. Dankie vir die kompliment. Ek probeer myself maar keer met sekere woorde – ek sien partykeer word my kommentaar nie geplaas nie – maar weer, dis my eie skuld daai. Die myner in my kom uit met my redelik uitgebreide “funna-galore” woordeskat. Ha-ha-ha. Groetnis aan jou kant hoor.

almanie ·

Die slegste van hierdie artikel is dat dit net weereens ñ bewys is van hoé ver ons land se dienste al gedaal het, en dat BEE die oorsaak is van die meeste van ons probleme…..baie min het trots in hulle werk en geen self respek nie.
Munisipaliteite, Howe, Hospitale……noem maar op, waar hierdie probleme orals al so vêr heen is.
Die vraag is hoe om dit weer reg te kry……verseker nie met ons huidige regering nie.
Dit is so tragies en hartseer.

Jr ·

South Africa’s national winter sports – Affirmative Aerobics otherwise known as striking

Heinrich ·

Goed so. Mense het die reg om te protesteer. Gedra jou egter soos ‘n krimineel en jy moet die gevolge daarvan dra.

Althes ·

Ons regerende party het dekades van gewelddadige betogings by hul mense gekweek. En nou byt die taktiek hulle aan die hakskene.
Ongelukkig word alle landsburgers saamgesleep en benadeel in die anargie wat vertroetel was.
Ferm optrede is al wat help, ons land word lank genoeg gyselaar gehou.
Dieselfde met Marikana, wie eer die herinnering van daardie twee veiligheidswagte wat kort voor die slagting wreedaardig vermoor was?

Swerwer ·

Dit is tyd dat die Veiligheids/Sekuriteitsmagte begin optree. Jammer vir die persoon wat gedood is, maar ongelukkig het dit tyd geword dat optrede teenoor hierdie vernielsugtige volk geneem word

SjN ·

Dit is die regte ding om die belhamels met geweld uit te haal, hoekom het daar nog nie weer so iets gebeur by Marikana nie?

Eden ·

Daar kort info in die berig. Is die stakers geskiet met “lewendige” ammo of donshael of rubberkoëls? Dit maak nogal ‘n verskil.

Shakespeare ·

Hoog tyd. Kriminele mag ons land nie regeer nie. Hoor jy krimineel Ramaphosa.

Yvonne ·

As jy skoor soek moenie kla as jy dit kry nie….vir jare word daar nie opgetree nie

Jack ·

Almal weet dat die eff hieragter sit. Dit is n DA stadsraad so die boewery sal net aangaan. Solank swart net swart skiet sal rassisme kaart nie werk nie. Lyk na n tweede marikana in wording. Mag die begin van n grootskaalse durban aksie wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.