Betogers dreig om Rustenburg-hof af te brand

Een van die buitelanders se gebou wat in Januarie aan die brand gesteek is. Foto: ANA

Rustenburg se middestad is Vrydag tot stilstand gebring deur betogers wat gedreig het om die landdroshof af te brand waar ʼn groep Nigeriërs verskyn het.

Die hof is besig om die borgtogaansoeke van 14 Nigeriërs aan te hoor wat teregstaan op aanklagte van openbare geweld en die besit van gevaarlike wapens.

Betogers, meestal plaaslike inwoners, dring daarop aan dat die Nigeriërs eerder gedeporteer as verhoor word.

Winkels moes hul deure sluit en taxi’s was nie beskikbaar nie uit vrees dat geweld sou uitbreek.

Die Nigeriërs is in hegtenis geneem nadat hulle glo op 21 Januarie toegang tot die Rustenburg-polisiestasie versper het. Hulle het beweer hulle het na die polisie gegaan nadat hulle deur plaaslike inwoners aangeval is, maar glo geen hulp van die polisie gekry het nie.

Op dieselfde dag het sommige van hulle glo op ʼn wraakaanval gegaan weens die moord op ʼn vermeende dwelmbaas. Drie voertuie is tydens die verwoestingstog beskadig en plaaslike inwoners is glo aangerand en beroof.

Vroeër in Januarie is verskeie geboue en huise in die Rustenburg-omgewing aan die brand gesteek nadat plaaslike inwoners glo dwelms en prostitusie op dié dorp ʼn nekslag wou toedien. Die huise is glo dwelmhuise en bordele wat aan buitelanders behoort. Agt huise wat deur Nigeriërs besit word, is tydens dié voorval afgebrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Oupa ·

Erens moet iemand seker iets doen as die SAPD niks wil doen nie.

KOOSAMON ·

As ons maar net so vinnig wou optree teen die rampokkers wat SA paspoorte het en in regeringsposisies is… Want dis waar die groot diefstal gebeur.

Niklaas ·

Lyk my Nigeriërs in SA is sinoniem met misdade soos dwelmhandel en prostitusie. Mens hoor nie sommer van goeie dinge wat hul in die land aanvang nie. En daar is van hulle in elke stad of dorp !

Gerrit ·

Die arrogante nigeriërs dwelmhandelaars moet trap finish en klaar.

boodskappet ·

Hoekom moet die Nigeriërs gedeporteer word, terwyl dit blykbaar regerings beleid van agter die skerms is, om by die dwelmhandel finansieël te baat.
Die ander aspek is natuurlik die GROOT inkomste wat die staat verdien deur die kriminele bedrywighede.
Maak maar die sommetjies @14% en begin die kasboek opstel by alle sekuriteits Maatskappye en instansies.

Wanneer net EEN BOER vermoor word en sy plaas kom in die hande van die staat, kos dit die agter geblewenes, verseker meer as ‘n arm en been agv die moord.
My sak rekenaar vries by miljarde.

PJC ·

Ek stem saam met die betogers. Nie net hierdie groep nie maar alle Nigeriers behoort uit die land gegooi te word. Om een of ander rede het ek nog nooit van een van hulle gehoor wat ń eerlike beroep bedryf nie.

ontevrede leser ·

steek die hof aan die brand, kom steek sommer die uniegeboue ook aan die brand, want as julle nie jul sin kry, steek julle plekke aan die brand

Veritas ·

Die spul wil nou ‘n misdaad pleeg om misdaad hok te slaan. Kan jy nou meer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.