Betogers dring aan Lammie moet vrygelaat word

Kinkel (Foto: Verskaf)

’n Betoging word Donderdag by die Johannesburgse Dieretuin in Gauteng gehou om daarop aan te dring dat ’n geliefde olifant van dié dieretuin vrygelaat moet word.

BDS Suid-Afrika, die organisasie vir menseregte en Palestynse solidariteit, dring aan op die vrylating van die nóú bekende grootpoot, Lammie (39), ná die dood van haar maat, Kinkel (35), vroeër vandeesmaand.

Volgens Kwara Kekana, woordvoerder van BDS, sal personeel van dié organisasie asook hul voorsitter, prof. Farid Esack, wat ook in die direksie van die omgewingsregsorganisasie GroundWork dien, ’n wettige betoging Donderdag om 12:00 by die Jan Smuts-ingang van die dieretuin hou vir die eensame Lammie.

Die organisasie wil Lammie glo graag na ’n wildreservaat verskuif waar sy vrylik kan rondbeweeg en met ander olifante kan meng. Die EMS-stigting, ’n stigting wat hom toewy aan bewaring, het gevolglik aangebied om ’n geskikte blyplek vir Lammie te vind en al die koste rakende haar hervestiging te dek.

Kekana sê dat Lammie haar lewe lank in dié dieretuin woon. Haar pa en ma, Jumbo en Dolly, is in die einste dieretuin in die 1970’s aangehou en later binne ’n enkele jaar ná mekaar dood. Lammie se broer, wat ook in dié dieretuin gebore is, is kort nadat hy aan ’n Franse dieretuin verkoop is, dood.

Kekana wys daarop dat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) se 2015-verslag verklaar dat byna alle olifante wat gevange gehou word, aan tekorte ly. “Aangesien lewende wesens afhanklik is van familiebande, het olifante in aanhouding gedragsafwykings, ly aan siektes en gestremdhede en het ook ’n aansienlik korter lewensverwagting,” sê Kekana.

Maroela Media het vroeër berig die olifantbul, Kinkel, is vroeër vandeesmaand onverwags in die Johannesburgse dieretuin dood is. Dit is steeds onbekend presies wat die oorsaak van sy dood was. Kinkel het met koliek gesukkel.

ʼn Burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsontwikkeling het vroeër gesê Lammie kry baie swaar ná Kinkel se dood en het die dag van sy dood geweier om te eet. Dieretuinpersoneel het die dag voor Kinkel se dood gesien hoe Lammie probeer om Kinkel op te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jerry ·

Watse duistere motief skuil nou weer agter die BDS betoging. Jy kan tog nie betoog net om Lammie die Olifant vry te laat nie! Dan moet al die diere mos vrygelaat word. Neewat ek reken die BDS wat palestynse menseregte aktiviste is moet eerder nie inmeng met diereregte nie, tensy hulle agter iets anders aan is soos die dieretuin eienaars!

leser ·

ek vra ook dat lammie “vrygelaat” moet word
olifante, net soos ander diere moet “vry” wees, waarvoor in ‘n hok
vandag se mense leef in ‘n hok, maar dis as gevolg van menslike probleme, nie diere nie
dit gaan vir hom ‘n moeilike aanpassing wees om vry te wees, maar ek glo dat hy gemonitor sal word lammie het nie”familie” waarheen hy dalk sal gaan nie, maar ek glo as daar ander olifante om hom sal wees, dat hy gou “maats” / familie bande sal maak
dalk sal daar eendag ‘n klein lammie sy / haar opwagting maak

marous ·

Ek is seker daar is ‘n pragtige reservaat in Palestina wat haar met graagte sal aanvaar ….

Daan Erasmus ·

Kry vir die olifant ‘n maat. Olifante is volop. Die Kruger Wildtuin het 3 x die hoeveel as wat daar moet wees. Dit is besig om die natuur te knak. Dit omdat groenes hul neuse indruk sonder die nodige inligting.

Retha Homann ·

Baie baie hartseer. Laat haar vry tussen haar eie spesie. Asseblief tog!

MARTHIE ·

Laat Lammie vry, sy verdien nie die aanhouding nie en hoort tussen haar eie.

Nettie ·

Het enige een wat so pleit vir Lammie se vrylating, daaraan gedink dat dié olifant dalk NIE IN DIE NATUUR op haar eie sal kan oorleef nie? Sy is in aanhouding gebore, soos haar ma en pa, en het dalk nie die “skills” om in die natuur te oorleef nie. Daar is ook die moontlikheid dat sy verwerp sal word of aangeval sal word deur ‘n trop olifante waar sy vrygelaat word, as sy nie aanvaar word nie. Dis nie net ‘n kwessie van “prop die olifant in ‘n trok, ry tot by die beste reservaat en ta-ta …… daar gaan jy, jy is vrygelaat nie”.

Nikita ·

Nettie, natuurlik sal die kenners haar nie net sommer so gaan aflaai nie, hulle kan haar saam met ander olifant of 2 hou vir n ruk en stadig stelselmatig gewoond maak en haar dophou tot sy weer die ander olifante en hulle maniere aanleer en aanvaar. Die berig se self dat olifante in aanhouding ly aan siektes, gedragsafwykings en het n korter lewensverwagting. Die natuur is wonderlik, n dier leer gou om aan te pas. Ek glo die kenners sal weet wat om te doen.

christa ·

Gun hom sy laaste dae by maatjies. Ek werpes dit om diere so gevange te hou

Ria ·

Ria. Sal Lammie dit oorleef as sy vrygelaat word? Kan hulle nie vir haar ñ nuwe maat kry nie?

SC ·

Lammie gaan dieselfde pad loop as BFN se olifant, word ook vrygelaat oor maat dood is en maand later is sy to ook dood want die nuwe trop wou haar nie aanvaar nie… so wat is die use.. kry eerder vir haar nog ‘n maat dalk ‘n jonger koei

Nikita ·

Stem saam…laat Lammie asb vrylaat tussen haar eie. Dit sal die beste medisyne vir Lammie wees. Dit sal haar net weer iets gee om voor te leef…nuwe maaitjies…dit sal Lammie se aandag gou aftrek van haar olifant-maat se dood. Hulle kan haar net vir n ruk dophou, ek glo sy sal gou weer aanpas. Laat die natuur sy gang gaan. “Look deep into nature, and then you will understand everything beter”. Albert Einsten.

Lientjie ·

En as Lammie dood gaan in die reservaat, wie gaan dan die skuld kry? Hulle moet maar al die diertuine sluit, want lyk my die organisie het ‘n probleem met alle diere in aanhouding. Wonder wanneer gaan ons, ons honde en katte ook in die veld moet vry laat.

Nikita ·

Stem saam…laat Lammie asb vry tussen haar eie. Dis sal die beste medisyne vir haar wees. Dit sal Lammie net weer iets gee om voor te lewe…nuwe maaitjies! Dit sal Lammie se aandag gou aftrek van haar olifant- maat se dood. Hulle kan haar net vir n rukkie monitor. Laat die natuur sy gang gaan. “Look deep into nature, and then you will understand everything beter”. Albert Einstein.

VanAfrika ·

Hoekom juis Palestina, hy kan Botswana toe gaan waar hulle wye vlaktes het vir olifante. Animal Planet het al gewys waar oliffante wat in aanhouding was weer streef in die wild. Olifante is trek diere en trek agter water en lower aan. Hulle trek kilometres ver vir dae aan een. Hoe is n olifant dan nou gelukkig tussen vier tralies hekke?? Gee vir Lammie sy Vryheid en waar hy weer maats kan hê. En hou op om die diere vir show te gebruik, hulle raak ook ongelukkig op plekke waar hulle nie wil wees nie.

Laat Lammie vry asseblief!! ·

Asseblief skuif haar na ‘n reservaat waar sy tussen haar eie kan wees. Waar sy die groenste en sappigste blare van die bome kan pluk en eet. Staan haar net by sodat sy kan aanpas. Baie mense is bereid on fondse te voorsien vir Lammie.

Dankie aan die organisasie wat betoog vir haar welsyn.

Willie ·

Van Afrika, hulle het nou die in die 90 olifante in Borswana afgemaai….

Mrs H ·

Bring vir haar n maat of twee met wie sy kan bond vir n tyd. Dan laat jy hul saam vry met teenwoordigheid vir n tyd voor jy hulle net op hul eie los. Om haar alleen te skuif en alleen te los, sal meer stress en skade veroorsaak, wat haar sal laat wegkwyn van alleen, hartseer en verlange in die vreemde. Sy is ook nie meer jonk nie wat so n verskuiwing minder goed maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.