Betogers eis bruin mense se ‘insluiting’ op JEB

Die groep betogers wat deel uitmaak van die Gautengse Shutdown-koördineringskomitee. Foto: ANA

ʼn Groep wat deel uitmaak van die Gautengse Shutdown-koördineringskomitee het Dinsdag ʼn optog na die Johannesburgse Effektebeurs (JEB) gehou om te eis dat die bruin gemeenskap by genoteerde maatskappye “ingesluit” word.

Dié groep beweer hulle verteenwoordig 13 bruin gemeenskappe in dié provinsie.

“Ons doen ʼn beroep op die JEB om ʼn volledige oudit aan ons te verskaf van hoeveel geklassifiseerde bruin mense in diens van die genoteerde maatskappye is, asook om bekend te maak hoeveel gemeenskappe trek voordeel uit hul korporatiewe maatskaplike beleggingsbesteding en ontwikkelingsprogramme,” het Anthony Williams, woordvoerder van dié komitee, gesê.

Williams het gesê die groep dring daarop aan om te weet hoeveel bruin mense, of mense van gemengde ras, het aandele op die JEB. “Ons vra hulle om reaktief te wees. Ons gee hulle sewe dae om op ons eise te reageer.”

Mpho Ledwaba, hoof van bemarking van die JEB, het bevestig die aandelebeurs het ʼn brief van die Gautengse Shutdown-koördineringskomitee ontvang. “Soos standaardpraktyk is, sal die brief intern nagegaan word en sal op die beste plan van aksie besluit word wat uitgevoer sal word soos gepas is,” het Ledwaba gesê.

Die groep beweer hulle verteenwoordig onder meer die gemeenskappe van Westbury, Eldorado Park, Kliptown, Noordgesig en Ennerdale.

Hulle het ook onderneem om Vrydag ʼn optog te hou ter ondersteuning van geregtigheid vir die vrou wat onlangs in ʼn oënskynlike bendeskietery in Westbury in die kruisvuur beland en doodgeskiet is. Haar dood het tot gewelddadige betogings in die gemeenskap gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dries du Toit ·

EK het rérig gedog mens moet actually WERK om geldpaadjie te verdien om aandele te koop.Aan die anderkant egter hoop EK BRUINMENSE sien nou wie die cancer bevoordeel. dis nie Wit,BRUINMENSE of INDIËR nie. KOM nou asb by en vergeet vd cancer.

John ·

Nou hoe kom die bruinmense in daardie gebied. Daag mens net op en dan eis jy… Skynbaar is it hoe die wereld nou werk. Europa behoort dus binnekort nuwe regerings te he na’ al die opdaag. Hierdie gedagte is die siel van die huidige paradigma. Ek is en ek eis… en jy gee… of… Miskien dalk…. en ek is dalk heeltemal verkeerd… maar begin die probleem van werkloosheid en armoede nie in die slaapkamer nie. As ‘ons’ daar uit ons nate spring, spring die armoede uit in die strate. Ons grense is bloot kronkels op die landkaart en met Zim in die zimmieblik sal CR sy beursie met nuwe note moet aanvul of ‘n /*-stokkie aanskaf.
Daai oom in sy speedo, wil hy op die aandele beurs genoteer word… Wat vervaardig hy?
Kom ons raai…

Trots Afrikaans ·

Nou verstaan ek nie. Is die JEB nie deel van die koloniale verlede nie. Ek dog bruin mense wil niks met dit te doen hê nie?

Karolis ·

Ek neem waar dat al die betogers op die foto ‘n goeie lewenstyl leef sonder enige middelklas tekorte.

Judge Dredd ·

Enige iemand is vry om aandele op die JSE te koop.
As bruin mense verteenwoordiging op die JSE wil he dan kan hulle dit self koop.

wraggies ·

Hulle lyk nie ondervoed nie so ek neem aan hulle werk vir ‘n lewe, hulle pensioen betalings is investeer by die JSE dus is hulle klaar ingesluit.

lmga ·

Hehe die enetjie REGS dwing verskriklik baie GESAG af .. lyk soos iemand met wie mens kan onderhandel oor REGTE en VOORREGTE en rondom ‘n tafel sit en ‘n akademiese gesprek voer .. . lmga .. Nog ‘n lot wat by die “ons wil en ONS demand” groepie aansluit .. sterkte .. julle bly ‘n minderheidsgroep, moenie dink julle gaan met alles wegkom nie.

marous ·

Waarom loop die mense nie na die zoeloe koning en gaan eis die helfte van sy beeste nie ?

Johan ·

Ek het simpatie met baie van Bruinmense se eise. Maar die stroom eise sal nooit opraak nie. Die doelpale sal net verskuif word

Sarie ·

Volgens Max du Preez is alle Afrikaners Kleurlinge so gaan hulle ook ingetel word.

Love dit ·

Dis vandag se beste kommentaar . DANKIE vir die lekker lag Sarie ..

Joe ·

Hier kom dit, GEE GEE GEE ons wil HE HE HE, maar ons wil nie werk nie, ons wil nie inkoop soos almal anders nie, ons wil dit VERNIET he, ons wil niks bydra nie maar ons wil die voordele he.

Nettie ·

Ek dog ons is verby die dae van “rasse-identifikasie”? Hoe gaan enige besigheid/maatskappy of die JSE weet wat die ras van enige belegger of groep beleggers is? Op grond van vanne of op grond van woongebied?

Ek het nuus vir die “coconuts” – dis mos soos swart mense na bruin- of gemengde ras mense verwys; bruin van buite, wit van binne – nòg julle nóg die Indiërs, en nog minder blankes, tel iets in dié land. “The one and only” wat tel, is swartmense.

Fanie ·

Ek voel jammer vir die Bruines, en glo Afrikaners moet hul bystaan soos wat Solidariteit met die DKD-saak gedoen het. Optogte en eise vir bevoordeling sal egter nie help. Bruines moet soos Afrikaners histories en nou weer in sterk organisasies saamstaam en hulself bemagtig. Ek’s seker Afrikaner organisasies sal graag ‘n hand van samewerking uitsteek om te help.

Stuiwer ·

En wie is hierdie mense nou weer? En hulle stel eise en dring aan op? Regtig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.