Betogers eis vrylating van twee SA’ners in Tanzanië

Foto: ANA.

ʼn Groep betogers het Dinsdag by die Tanzaniese hoëkommissariaat in Pretoria saamgedrom om die vrylating te eis van 13 mense, insluitend twee Suid-Afrikaanse menseregteprokureurs, wat in Dar es Salaam in hegtenis geneem is omdat hulle glo homoseksualiteit bevorder het.

Sharon Ekambaram van Lawyers for Human Rights (LHR) het gesê hul bondgenote onder leiding van Sibongile Ndashe, direkteur van die inisiatief vir strategiese litigasie in Afrika (ISLA), word onder opgeblaasde aanklagte in Tanzanië aangehou. Sy het gesê LHR veroordeel die opgeblaasde aanklagte ten sterkste.

“Ons eerste prioriteit is om ons bondgenote uit die polisie se aanhoudingselle te kry. Ons wil weet wat die aanklagte en die aantygings is. Dit is skokkend om aangekla te word omdat jy ʼn veldtog dryf rondom die regte van lesbiërs, ʼn reg wat in die grondwet verskans word,” het Ekambaram gesê.

“Daardie aktiwiteite is nie ʼn kriminele oortreding nie, maar dit is nie eens wat hulle daar gedoen het nie. Daar is genoeg bewyse vir wat hulle daar gedoen het.”

Volgens haar word daar in solidariteit met die aangehoudenes betoog. “Ons betoog vandag in solidariteit met dié wat onwettig in Tanzanië aangehou word. Ons dink om jou te beywer vir ordentlike en bekostigbare gesondheidsorg – wat hulle besig was om te doen – is nie ʼn kriminele oortreding nie. Dit is waaroor demokrasie gaan.”

Ndashe se ma, Winnie, was deel van die betoging in Pretoria met ʼn plakkaat wat lui “Tanzania free my daughter”.

Die Tanzaniese polisie het glo verlede Dinsdag op ʼn regskonsultasievergadering in Dar es Salaam toegeslaan waartydens die mense in hegtenis geneem is. Die aktiviste is aanvanklik op borgtog vrygelaat, maar dit is Vrydag teruggetrek.

LHR het gesê die redes vir aanhouding is nie net power nie, maar ook oneerlik veral omdat die Tanzaniese polisie in besit is van ʼn agenda van die regsvergadering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Nou kry lewe!! Brand die ambassade af en beroof ‘n paar winkels in die omgewing.

Eish ·

Wat het jul verwag?
Dié gedrag is nie welkom in die land nie en as besoeker moet jy dit respekteer.

christa ·

Mooi so Tanzanie.. Hoekom gaan toi-toi julle nie in Tanzanie nie. Tanzanie is nie SA waar julle opstand geduld sal word nie.

bgj van der westhuizen ·

wel daar sal hulle geskiet word wat nie nonsens van betogers nie as jy in n land gaan moet jy by hulle wette hou wat het hulle daar gaan doen hulle het geweet van daar die land se wette

bgj van der westhuizen ·

as jy in land besoek hou by daar die land se wet en moet nie dink as jy betook in suid afrika dat hulle hulle wette gaan verander om julle te pas nie net n suid afrika word dit gedoen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.