Betogers in hof ná plundertog

Agttien mense wat glo tydens ʼn betoging buitelanders se winkels geplunder het, het Donderdag in die Brits-landdroshof verskyn.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die 18 verdagtes is op waarskuwing vrygelaat en moet Woensdag weer in die hof verskyn op aanklag van openbare geweld.

Volgens Mokgwabone is die verdagtes, tussen 18 en 52 jaar oud, Dinsdag in Maboloka in hegtenis geneem. Inwoners het glo betoog oor ʼn watertekort in Jericho en Letlhabile.

Inwoners van Majakeng, suid van Brits, het in Februarie oor watertoevoer betoog. Vier mense is in 2014 dood tydens ʼn betoging oor water in Mothotlung, Madibeng.

Mokgwabone het gesê die situasie in Letlhabile, Jericho en Maboloka is kalm en die polisie monitor die gebiede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Hoekom doen die Anc niks aan opvoeding vir die nasie nie. Hul het die hele SAUK…. As mens die dag nie jou eie volk lief het nie, is dit koebaaaaaaai…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.