Betogers maak amok by Pta-ouetehuis

Owerhede waak by die ouetehuis. Foto: Verskaf

Vrywilligers en ʼn paar helpers moet tans bont staan om na nagenoeg 160 bejaardes, waarvan sommiges bedlêend is, by ʼn private ouetehuis in Pretoria se middestad om te sien nadat betogers glo onwettig toegang tot die perseel verkry het.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Woensdag aan Maroela Media gesê tussen 50 en 60 mense, geklee in EFF-kleredrag, het tussen 09:00 en 10:00 by die ouetehuis, Huis Davidtz op die hoek van Schubart- en Johannes Ramokhoasestraat, opgeruk en deur ʼn heining toegang tot die perseel verkry.

“Van die mense het die ouetehuis binnegegaan en van die personeel uitgejaag en weier sedertdien dat hulle teruggaan in die gebou om na die bejaardes om te sien,” het Cameron gesê.

Die polisie se openbare onluste-eenheid, metropolisie en ʼn private veiligheidsmaatskappy wat deur AfriForum ontbied is, is by die tehuis ontplooi om die situasie te ontlont en ʼn oplossing te probeer vind.

Cameron bestempel die situasie as gespanne, maar onder beheer. Geen ernstige beserings is tot dusver aangemeld nie, maar kommer heers oor die versorging van die bejaardes in die ouetehuis.

Leonora Strydom, die tehuis se bestuurder, het vlugtig van binne die tehuis met Maroela Media gepraat en gesê dit gaan dol, maar tot dusver is die situasie onder beheer. Sy kon nie in dié stadium verder kommentaar lewer nie.

Daar is tans vrywilligers wat help om vir die bejaardes kos te gee en almal wat in die gebou is help om na die bedlêendes om te sien wat gereeld omgedraai moet word.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie (TMPD), het aan Maroela Media bevestig beamptes is na die toneel ontbied en hou die situasie dop.

Volgens Cameron is salarisse glo die rede vir die ontwrigting. Van die betogers is glo versorgers en verpleegsters wat oor arbeidskwessies betoog. Strydom het aangedui sy werk al 42 jaar by die ouetehuis en al haar arbeidsake is in orde.

Benjamin Ephraim, die EFF se koördineerder vir die Tshwane-streek, kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

Maroela Media het verneem die tehuis se regsverteenwoordiger is besig om ʼn dringende hofinterdik teen die betogers te probeer kry.

Betogers by Huis Davidtz. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Linda Gouws ·

Ag neeee! Dis absurd en dit ten koste van die oumensies se versorging! Sluit hulle toe.

Katrina ·

En die polisie staan en kyk, hou d situasie dop!!????? enigeen wat nog droom dat saps sal kom help in nood, vergeet dit!! Wat het geword van wet en orde handhaaf?? Dit bestaan laaaaaankaaaal nie meer nie!

EQV ·

Werk die kalante met die rooi hoedtjies nie?..of wil hulle net van plek na plek toe gaan en amok maak?..lyk my hulle probeer die hele land as gyselaar aanhou?

D vd Merwe ·

Diegene wie onregmatig die ouetehuis betree het het ook art 27 (8) en 28 (6) (a) van die Wet op Ouer Persone, 13 van 2006 oortree. Die straf daarvoor is 5 jr gevangenisstraf. Vir betreding van die perseel is die maksimum straf R10 000 of 10 jr g/s of beide. Indien die polisie nie die betreders verwyder het nie mag ‘n eis van duisende teen die polisie ingestel word.

Andrea ·

Nee hulle werk nie, hoekom sou hul? Hul wag vir my en jou huise en plase, ens
om aan hul oorhamdig te word

Mielie ·

Sulke lafaards. Sagte teikens en kom in hulle nrs daaraan. Die EFF is boewe en boelies hulle hoort in die tronk. Untouchble.

Speedguard ·

Dankie Mnr vd Merwe, nou het Afriforum die nodige wetgewing, kom ons kyk of hul gaan optree en of hul net op “Hoe Profiel” (Mej Engels) sake gaan konsentreer en of hul die mees trefbaarse persone ook gaan beskerm , KOM GERRIE hier is jou kans om die eef nou bietjie te roer!!

Leon ·

Ons verdrae te veel nonsens van die Eff as daar nou bejaardes is wat sterf asgevolg van hierdie optrede wat sal Malema se . Hy en sy party moet deur die regstelsel vasgevat word

Mariette Hammann ·

Dit is opvallend hoe die polisie staan en niks doen nie.

chris ·

WAARNATOE IS DIE LAND OPPAD????????
EFF REGEER LYK MY ORALS

Jimbo ·

Vir die antwoorde op jou vraag: Sien J Marais en AP Treurnicht : In die periode 1979 – 1992.

Alles sal vir jou duidelik word.

Andrea van Vuren ·

Het die EFF nie werk vir hul hande nie? Kry hul betaalde verlof om van die werk weg te bly en oral onnodig amok te maak?

Selfbeskikking ·

Hulle teiken nou al oumense, skole, kinders, babas. Mense, dis tekens dat ons regtig nou ons eie land moet voor onderhandel en vinnig ook.

RM ·

JaNee, tyd om te dink hoe om mekaar te beveilig want die Polisie is net so skuldig soos die EFF. Daar is ‘n prys op ons koppe mense en hulle betree elke persee’’l sonder sukkel. Veilig voel is weg.

ABSOLUUT SKOKEND!!

Lien ·

Weereens word die oumense en weerloses benadeel. Ek sweer hulle het geen empatie of gevoel vir mense nie. Nee sies man!!

zoom zoom ·

Hierdie dinge is nog in die begin stadium. Dinge gaan net nog erger word en tussen die anc en die da is hulle te bang malema en sy puppets aan te vat. Het enige eff al gaan amok maak in nkandla??? nee want hulle is te bang vir die zulus.

Carl ·

Siestog, die arme oumense! Ongevoelige spul sleg landsburgers buit die oumense uit.

Gee kans ·

Gee kans Benjamin, jy en die ander maters sal óók (dalk) oud word . . .

Haan ·

Dis ongelukkig nie so eenvoudig nie skerpioen. Op hierdie oomblik is “blankes” van die grootste medepligtiges in die aanvalle op ons volk. Bv ‘lord’ Robin Renwick, wat n baie verdagte verhouding met malema het.

Johan ·

Arresteer hulle vir “poging van moord” want dit is presies wat dit is. Daardie oumense moet versorg word, indien nie kan hul sterf wat dan moord is, elke betoger is skuldig daaraan. Dan moet die arme oumense nog deur hierdie trauma gaan. Die betogers moet verwyder word

Magda ·

Is die SAP nie veronderstel om die betogers te verwyder nie? Sterkte aan almal wat hulp verleen.

Awie Opperman ·

Die EFF is besig om konfrontasie te probeer uitlok, hulle kyk hoe ver hulle ons kan druk voordat iemand opstaan en sê: Genoeg is genoeg, tot hiertoe en nie verder nie. Dan kan/gaan hulle omdraai en sê dat ons die konflik geskep het. Ek beskou hierdie as die misdaad wat dit is, maar wees gewaarsku: hulle sal aanhou om soortgelyke konfrontasies uit te lok totdat hulle die onvermydelike terugslag kry. Ons boere/Afrikaner volk sal moet begin organiseer om hierdie gedrag die nekslag toe te dien, ons kan nie net aanhou om hierdie gedrag goed te keur deur ons stilswye nie. Wat moet nog gebeur voordat ons standpunt inneem?

Phillie ·

Maar blankes ook skuldig want ons bly “our people” in diens neem ipv ons eie wat ons laat krepeer van armoede ook as gevolg van hierdie einste reffak regstellende aksies

Anneline L ·

Hierdie is nie n betogers nie maar krimenele.. wie gaan verantwoordelik gehou word as een van daardie bejaardes sou sterf as gevolg van die feit dat slegs vrywilligers die bejaardes help… ek hoop die EFF word direk verantwoordelik gehou want dit is nie protes aksie nie.. dit is moord… maar ja weereens gaan almal net handjies gesit vou en niks doen die EFF kan mos maar met moord wegkom..

Jimbo ·

Ai tog – hier is ek al wee tussen twee vure..

Ek het in beginsel ‘n groot probleem daarmee dat ou mense geteiken word in die Afro-fascistiese Suid Afrika – maar dan klim die duiwel op my skouer – en vra: “Het jy DIT op jou oudag voorsien, destyds, toe jy Ja gestem het in 1992?”

Ai, daai duiweltjie op my skouer, wat preek oor die Vrugte wat Gepluk sal word..

Ek kry skaam vir myself…

RM ·

Party mense moet sien voordat hulle hoor.

Voel voordat hulle glo.

:(

Mercia ·

Dank die mense wat daar werk sumier af ook wat die toi toi aanhits. Versorgers en verpleegster

Phillie ·

Maar blankes ook skuldig want ons bly “our people” in diens neem ipv ons eie wat ons laat krepeer van armoede ook as gevolg van hierdie einste reffak regstellende aksies

Siek en sat ·

Malema slaan die kitaar in hierdie land. Kan mnr Ramaposa nie maar net optree soos n president en hom op sy plek sit nie?

kobus ·

Julius!!!!!!!!!!! Hy en sy mense kan mos maak, se en doen wat hulle wil. Geen nagevolge vir die EFF.

christa ·

ag hierdie klomp leegleers moet almal af gedank word en vervang met mense wat wil werk.

Reguit ·

Openlike en blatante WIT HAAT. Dis al. Maar niemand sien dit raak nie. SA is vrot daarvan. Tyd om te emigreer.

Katriena ·

Ek sê ook. Verlaat die land. Blanke jongmans veral. Jul het geen toekoms hier nie. Kyk wat gaan aan by Pukke. Ag nee dis nie meer lank nie dan is ek ook weg.

Penellope Jones ·

Sprakeloos.
Mens kan jou die vermetelheid, die wil om te verkleineer, en disrespek nie indink nie.

Blondie ·

So maw as jy nie gelukkig is met iets nie dan sal die EFF dit met geweld vir jou kom oplos. Soos Mapogos (spelling?) Het hulle nie dalk ‘n heimlikke forum wat ook befonds word nie? Moet wees as hulle dan bedags van die een hoek tot by die ander hoek kan oproerig raak.

carolina ·

lyk my die EFF kan net op kinders oumense en vrouens konsentreur
wat sal hule maak daai oumense se mense daar aan kom dan is dit weer n wit swat ding nee regtig en di SAPS hou net van einde van di maand dan kan hulle hande werk
iemand sal iets moet doen
Hoop die oumense is reg

Ella ·

Het nou met my ma gepraat wat daar bly. Volgens haar verloop alles vreedsaam en geniet sy die sang. Sy sê hulle vermaak hulle met pragtige sang, sy wonder net of hulle blikkele het en of dit nie al seer is van die aanhoudende singery van vanoggend af nie. Die deure is toe en hulle probeer nie inkom of moeilikheid maak nie.

CJ ·

Dit is nou mos die gees! Klink my die bejaardes is baie meer positief as die jonges wie se broeke so bewe!

Pietman ·

Polisie laat toe dat EFF ongehinderd optree. Hulle staan letterlik en kyk hoe die wet verbreek word. Wat het van die Wet op Betreding van privaat eiendom geword? Is dit hoegenaamd “Polisie” of is dit mense wat een of ander unform aantrek en gaan dophou hoe mense die wet verontagsaam. Weet nie of Bheki Cele die lot gaan leer om hulle werk te doen nie. As wit belhamels dieselfde gedoen het was almal al klaar in vangwaens op pad aanklagkantoor toe.

Nita ·

Ek dog dis teen die wet om heinings en hekke af te breek om eiendomme onwettig te betree. Waarom is niemand gearresteer nie?

Tokkolos ·

Eff julle speel op afbob se stoep. Julle koggel en dit met die wat swak is. Dit moet in inside job wees of daar ry n bs vol van hulle en kyk waar gaan hul weer die witte kwaad maak want jul weet jul kom met moord weg asgevolg van kleur

Casper Labuschagne ·

Hierdie berig mis die “waarom” gedeelte van die vyf joernalistieke W’s (wat, waar, wanneer, wie, waarom.) Die leser van die berig het geen benul van waarom die EFF betoog nie en dit is ook uit die kommentaar hierop duidelik. Gelukkig vul Google die res van die storie in, dit is basies arbeidsprobleme waar tydelike werkers aandring op permanente aanstellings asook onvoldoende salarisstrokies en die EFF het bygekom met beskuldigings van rassisme, mishandeling vir werkers en stukkende vloerteëls en meubels vir die verdieping wat swart bejaardes huisves.

Die waarom van die berig is belangrik om begrip te verseker en ‘n joernalistieke standaard te handhaaf. So nie, maak dit dalk ook ander berigte op Maroelamedia verdag.

Rocky ·

Lees asseblief die derde paragraaf van onder, miskien het jy dit gemis in jou ywer om te kritiseer.

Pieter ·

So Casper, regverdig dit dus in jou opinie hul optrede. Ek gee nie ‘n flenter om wat die feite is nie, daar is beskaafde maniere om dit aan te spreek.

Katriena ·

Ek sê ook. Verlaat die land. Blanke jongmans veral. Jul het geen toekoms hier nie. Kyk wat gaan aan by Pukke. Ag nee dis nie meer lank nie dan is ek ook weg.

Groottrek2 ·

Ons moet in massas emmigreerr na ander lande wie se bevolkings stadig groei en ons sal inneem. SA gaan ons belasting en entrepreneurs erg mis en dit sal die anc se finale doodskoot wees, maar spyt sal te laat wees. Kom ons gaan!

Vermeende ·

Ag nee man, dis mos nou nie so erg nie, dis mos waarvoor die blankes in 92 ja gestem het, het julle dan regtig vir de klerk geglo met sy beloftes.
Help tog n volk wat kaalvoet deur die hel wil stap en dan kla hy brand.

Andrea ·

Hoe weet jy daardie bejaardes het JA gestem? Klim tog van die ou holruggeryde hobbelperdjie af! Ek dink die meeste JA stemmers is al landuit.

Christina ·

Blankes hey mos alles geglo wat de Klerk hul mee om die bos gelei het.

Awie ·

Ons “nuwe ” minister van polisie het nou die dag met sy inhuldiging op tv gese dat hulle misdaad teen ou mense en kinders as n prioriteit gaan hanteer. Hang dit dan net af wat die velkleur Is of sal hy dit aanspreek? Ons wag in spanning….

Hannie Venter ·

Ek verstaan dit gaan oor salaris en omstandighede van werkplek. Die punt is die oumense word deur die mense benadeel. Dit is onaanvaarbaar. Toe daar nog wet en orde was het jy vir jou ander werk gekry indien jy ongelukkig was in jou werks plek. Jy het nie anders lewens ingevaar gestel of plek afgebrand of afgebreek nie. Die mense moet verantwoordelik gehou word vir hul dade. As hul nie tevrede is in hul werk nie moet hul ander werk kry!!!!!!

Janneman ·

Maroela Media

Weereens is my bydrae nie gelewer nie, waar het ek jul reels oortree?

zelda ·

Wel as die regering dink hulle gaan my huis vat waarvoor ek my helle lewe gewerk het mot hy maar weer dink. EK steek my huis met alles daarin aan die brand dan kry niemand niks nie netso.

Petro van Wyk ·

Laat die witmense ingaan en hulle eie mense gaan help.

Selfbeskikking ·

Dit sal slegs moontlik wees deur selfbeskikking en dis waarom ons nou daarvoor moet onderhandel.

Neville Jones ·

Ja net soos ons die EFF ken. Slaan toe op die sagte teikens. Wat kan n klomp ou mense nou doen. Lafaards!!!

FP ·

Kyk, ons sal moet begin om ons eie mense te kry wat in ons taal na ons oumense om te sien… Dan sal dit beter gaan en minder aanrandings sal ook in die tehuise gebeur. Die groot probleem is ons kontrakteur ons kinders en oumense se versorging aan andertaliges met ander waardes en kulture uit… ONS FOUT

Andries Jooste ·

Kyk na hulle modus-operandi en hul tegniek. Hulle teiken skole en oue tehuise. Die weerloses. As die personeel nie vrywilliglik die perseel verlaat nie maar word uitgejaag en verhoed om weer terug te gaan is dit teen hulle sin. Se vir my een ding, hulle kaap die blanke publiek en ontwrig hulle daaglikse program wat vir die beter is vir die toekoms en voort bestaan. Nee wat, dit uit een ooglopend dat hier met rassistiese politieke motief te doene is. Tas jy kinders aan beinvloed jy die ouers, tas jy die pensioenarisse aan beinvloed jy die kinders, so oor die hele veld is daar negatiewe invloed op alle ouderdoms groepe. Ons almal is al bewus van die haat wat gekweek word deur EFF tenoor blankes, dink hulle ons is onosel en kan nie een en een bymekaar sit nie?

Marie ·

Hulle is lankal besig met ou mense net soos met die plaasboere en lord Robin Renwick en sy trawante sit agter alles. Hulle sal met die land doen net wat hulle wil as die wittes almal uit die pad is. Hy was Mandela se maatjie ook. Waar anders kry Malema so baie geld. Renwick het baie se wanneer dit by ons regering kom.

Riouna Martin ·

Belaglik! Malema gaan binnekort oorvat by President. Hier kom n ding hy maak seker al sy tipe stem vir hom hy werk met n plan hier dis hoekom sy groep groei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.