Betogers maak amok in Harties

Foto: Basil Ferreira‎/Madibeng Misdaad Forum/Facebook

Foto: Basil Ferreira‎/Madibeng Misdaad Forum/Facebook

Betogers het Sondagmiddag amok gemaak in Hartbeespoort in Noordwes.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het bevestig dat Kosmos-weg afgesper was met staalasblikke en ander voorwerpe, maar dat die pad nou weer oopgestel is. “Die polisie monitor die situasie.” Mokgwabone kon nie onmiddellik bevestig waaroor die mense betoog het nie.

Volgens onbevestigde berigte is die betogers van die nabygeleë informele nedersetting afkomstig en is hulle ongelukkig oor die aanstelling van ʼn ANC-raadslid in die area.

Volgens Marlize Snyman, ʼn besoeker aan die gebied, het sy en haar man, Casper, besluit om Sondag vir ontspanning Hartbeespoortdam toe te ry. “Waar ʼn mens in Kosmos inry was die pad afgesper. Daar het ʼn lang ry motors gestaan en toe ons uiteindelik voor kom, het ons gesien daar is een van daardie groot vierkantige asblikhouers in die pad.”

Volgens Snyman was daar ook swart vullissakke in die pad. ʼn Klomp betogers en polisiebeamptes het langs die pad gestaan. “Toe ons uiteindelik deurbeweeg het, het ons sowat vyf minute later besluit om eerder huis toe te gaan aangesien ons nie die omgewing ken nie. Met die terugkeer is daar vir ons gesê om om te draai aangesien motors met klippe gegooi word. Ons het ook rook gesien en ons het toe in die Kosmos-veiligheidsoord inbeweeg en by ʼn gastehuis gaan wag. Dit is die enigste pad om uit [Kosmos] te kom. Nou sit ons en wag om te hoor wanneer ons kan ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Xa ·

Nou wonder ek wat van die wat dalk dringend uit die dorp moes kom, soos om na n hospitaal te gaan. Hulle wou basies die inwoners gevange hou.

Michael ·

Die klomp het nou agtergekom as jy ‘n pad toemaak sal niemand jou pla nie,die bendes in blou sal moet begin optree met massa arrestasies en boetes vir hierdie soort optrede

manuel ·

die blou bendes help die boewery want hul deel in dir opbrengs wat gesteel word onder die sogenaamde betoging teen een of ander ongelukkigheid

Tiger ·

Dis als oefen lopies vir wat kom.Hoop dit maak sommige blankes se ogies mooi oop!

Oupa ·

Nou praa’jy! Hulle sien géén verband tussen die kruisies op stembriewe en die “leiers” wat oor hulle heers nie.

Brett ·

Hoekom – en deur WIE – is hulle toegelaat om daar wortel te skiet?

Le die skade voor daardie deur.

Suzette Engelbrecht ·

Ons kamp by Hartbeespoort Bootklub. Net agter die betogers. Hulle het traanrook geskiet en ons wat sit en braai en ons klein kindertjies is ook nou geaffekteer. Kinders huil van ogies wat traan en keele wat brand.

Johann Marx ·

Dit bly tog onrusbarend dat daar by alle tradisioneel blanke woonbuurte ‘n “informele nedersetting” is wat daardie woonbuurt binne oomblikke kan afsny van die nasionale hoofweë.

JD ·

Wel Tableview Kaapstad ook al van gister af die N7 is meeste van die tyd gesluit, hulle besef om in die town ships te betoog het nie meer impak nou kom dit woonbuurte toe.

HvdW ·

Ons bly in Oos Kaap, en hier ontwrig die betogers ook een en almal. Jy kan nie by die dorp inkom nie. Dit het al gebeur dat al ons besighede in die dorp vir die dag sluit, want hulle is bang vir amok en skade. En die ergste van alles is dit gebeur wanneer mens dit nie verwag nie.

Michael ·

Dit is tussen die komando nek pad en die kosmos ingang. Die inwoners het toegelaat dat plakkers ‘n paar huise daar oprig en vandag is dit ‘n groot probleem .Die rede is ons het te beskaaf en bang geword voor 94 sou daar nie gebeur het nie

fransie ·

Die is niks anders as opstande nie!!! en die regering/ president met n klein letter “want mens kan nie trots wees op hom nie” doen niks. miskien weet hy nie daarvan nie……..

Daleen ·

Man die land is klaar in sy kanon in. Suid-Afrika moet weer van vooraf opgebou word. Nou wie gaan die opbou werk doen?

david ras ·

Hierdie is nou die soveelste betoging vir die maand is Suid Afrika.
Altyd oor een of ander ongelukkigheid.Dan moet daar skade en ongerief aangerig word om hulle “WOEDE” te beklemtoon !

Jammer. maar maar mens kan tot geen ander gevolgtrekking kom nie dat hierdie mense heeltemal emosioneel onvolwasse is.
En dan het hulle nog stemreg ook …..!

Steve Stephansen ·

Mens moet ontslae raak van die ANC en die land sal na normaal terugkeer!

Renée ·

Voor ’94 het hulle betoog teen die wit regering, nou betoog hulle teen anc regering. Is dit n kultuurding of teken van onopgevoedheid?

Francie ·

Ek vind dit baie onrusbarend om nou vir die eerste keer te hoor van al die probleme – hierdie tipe van optrede word van die bree bevolking weerhou om die indruk te skep dat daar nie oral probleme is nie. Dié wat wel terloops vermeld word, skep die indrul van onbenullige en geisoleerde voorvalle. Terloops, ons let reeds ‘n geruime tyd op na die vele dorpe wat plakkerskampe aan beide kante van hul hoofweë het – onveilig op die beste van tyd.
Baie dankie aan Maroela Media wat ons ingelig hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.