Betogers maak amok in Krugersdorp

‘n Brand is in dié polisiestasie gestig. Foto: Verskaf

ʼn Groep betogers het Maandag weer Krugersdorp, aan die Wes-Rand, se strate ingevaar en onder meer gepoog om ʼn polisiestasie aan die brand te steek in protes oor misdaad in die gebied.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder vir Gauteng, het gesê die groep betogers van Munsieville en Kagiso het gewelddadig geraak, en polisievoertuie met klippe bestook en ook probeer om ʼn satellietpolisiestasie af te brand.

“Verskeie paaie in die omgewing is met voorwerpe soos klippe en buitebande wat aan die brand gesteek is versper. Nog geen beserings is aangemeld nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.

Die polisie is op hoë gereedheid geplaas en monitor die situasie. Die polisie moes vroeër van traangas en rubberkoeëls gebruik maak om oproerige betogers onder bedwang te bring.

Inwoners van Kagiso en Munsieville is sedert verlede week op die oorlogspad nadat ʼn jong vrou in die omgewing vermis geraak, en glo ontvoer is. Die inwoners het na haar gaan soek en onder meer drie beweerde dwelmhuise aan die brand gesteek. Die vrou is later gevind en na die polisie geneem, waarna sy medikasie gekry het.

Die gemeenskap het die Maandag se protesaksie glo beplan om Krugersdorp “skoon te maak” van dwelms, misdaad en mensehandel.

Die inwoners is van mening die polisie doen nie genoeg om hul gemeenskap van dié misdrywe te beskerm nie en beweer polisiebeamptes kry geld by dwelmhandelaars.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

DewaldS ·

Trein is nie op tyd – brand ‘n paar treine. Jy is van die opinie dat iemand jou met ‘n primaat vergelyk het – gedra jou soos ‘n primaat. Misdaad is hoog – brand ‘n polisie-stasie. Die logika daarvan ontwyk natuurlik die meeste redelike mense.

Niemand weet war dit alles gaan eindig nie. Maar definitief nie by ‘n voorspoedige land met ‘n regverdige bedeling nie.

Richard Bauer ·

Ek dink u som die situasie pragtig op. Ongelukkig is meeste Suid-Afrikaners steeds sienende blind en word aan hul neuse gelei deur ‘n kriminele element wat die hele land verwoes. Die boosheid het oorgevat in hierdié land, want mens laat dit toe.

Jacques venter ·

Krugersdorp sentraal is vrot vrot vrot van buitelandse dwelm handelaars

snoefie ·

red n nasie! wil protesteer teen misdaad drur misdaad te pleeg?

tamboti ·

Jaa James! Nes jy weet ek ook daar is net een eindbestemming: REWOLUSIE
NSA gaan die geskiedenis boeke vir dekades of dalk eeue besig hou met rewolusie/staatsgrepe/diktature/anargie/mafia regerings en die enigste wenner in die stryd sal MISDAAD wees!

Pieter ·

Ek dink dit is reg die polisie weier om hulle werk te doen en die mense word deur buitelanders in hulle eie land geterroriseer so ek stem 100% saam met die betogers.

KG ·

Net my opinie….om te se die Polisie weier om hul werk te doen….dis ‘n growwe veralgemening. Daar is wel lede wat hul werk doen (of ten minste probeer), maar met misdaad wat handuit ruk en korrupsie binne die Polisie, is dit maar ‘n uidaging vir hulle om orals te wees. Ek het nie ‘n probleem as jy wil betoog nie, maar hoekom moet dit meeste van die tyd met geweld en misdaad gepaardgaan?? Veral as jy veronderstel is om teen misdaad te betoog. Daardie betogers is soveel misdadigers as die waarteen hulle betoog. So wat is die punt van die betoging….??? Maar nou ja…..soos ek gese het….net my opinie….

Bekommerd ·

Ek stem ook vir die betogers. Net teveel misdaad in ons land en anc is verantwoordelik en doen niks

Pieter ·

Ek gee toe maar die polisie waarna jy verwys is in so n minderheid dat hulle nie n verskil kan maak nie .

Vraagteken ·

Dis ironies – julle beledig die Polisie op hierdie webwerf maar sodra die moeilikheid jou persoonlik tref, dan is jy die eerste om die polisie te vra vir hulp.

Pieter, ek neem aan jy bly in Krugersdorp en dus is jy in die posisie om te oordeel?

Pop ·

Belp my asb!!! Ek dink eks baie dom want ek verstaan nou glad nie. ?mense betoog oor misdaad en pleeg dan mindrywe???

KP ·

Hierdie land is buite beheer en dit gaan nog erger raak net die Here alleen kan ons red.
Het iemand al gedink wat gaan gebeur as die regering nie meer al die toelaes kan betaal nie.

Jacques venter ·

Snoefi
Ek glo die owerhede is al vir jare bewus van die probleem. Werklose jeug word gelok deur prostitusie en dwelm misbruik.
Niemand praat geweldadige optrede goed nie.
Maar as die owerhede nie optree nie, wat moet die gemeenskap dan doen?

ferdi ·

Di presedent het 2jaar terug in Parlement opdrag gegee dat di oud SANUP we moet open om drugs te beveg da het niks gebeur. Sedert di Spesiale Eenhede to gemaak is ga dit so niemand in polisi beveg en ondersoek di sake ni dit verg spesialis ondersoeke

shark ·

maar net nog n sonnige dag in ons land, die polisie sit net en eet kentucky, lag die mense op straat uit en ontvang n salaris ( en met omkoop geld) elke maand soos hulle medewerkers in die staat…

Jacques venter ·

Ek en baie inwoners van Krugersdorp glo dat die owerhede al jare lank bewus is van die probleem.
Werklose kinders word gelok na prostitusie en daaruit vloeiende dwelm afhanklikheid.
As die owerhede niks aan die saak doen nie, wat moet die gemeenskap doen?
Onthou asb dat hierdie probleem ouers van ALLE gemeenskappe raak.

bloues ·

Van die polisie personeel kyk ander pad want, volgens hulle, sal hul eie kinders beseer word en hulle verdien nie genoeg om hul eiendom veilig te maak nie.
Dit is hoekom hulle nie teen ” Drug Lords ” optree nie en maar die omkoop geld aanvaar.

Ina Smith ·

Ons het vir 25jr + in Krugersdorp gebly . Dwelmbase isnie net in die CBD nie maar in elke buurt en op elke straathoek ,. om van hulle ontslae te raak sal die hele dorp afgebrand moet word maar dan weer die Druglords het lankal na ander gebied getrek. Dis net hartseer en jammer dat mense nie dink wat hulle doen met die geweldadige betogings nie, maar ons weet ook mens kan met sekere mense nie redeneer nie. Ek verstaan hul frustrasie maar .. Ai

Ben ·

Wie is verantwoordelik vir die groot hoeveelhede buitelanders is ons land? Wat van daar word ‘n ondersoek gedoen na die betrokke department. Ons kan tog nie die HELE Afrika huisves nie. Ons het nie genoeg skole, water ens vir hulle nie. Waar is die regering se “Common Sense”?

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek wens ek kon vir die almal wat hierbo so bek uitspoel my videos en foto’s wys van HOE persone in uniform wat NES amptelike polisie uniforms lyk, in voertuie wat NES amptelike polisievoertuie lyk, in Sivewrightstraat stop en hande vol kontant kry van mense wat NES onwettige immigrante lyk en sakke vol dwelmiddels vervaardig en verkoop…….As jy my nie glo nie, gaan ry in Sivewright straat en kyk op die kruisings met Pritchard en Francis strate…..dan gaan lê JY ‘n klag by die polisie TEEN die polisie, en kyk wat gebeur met jou………..

Hans ·

Sal graag in aanraking kom met jou oor daardie bewyse dat mens n behoorlike plan kan maak. Daar is altyd maniere om met die soort goed te deel en ek sal daarvan hou om te help. Die vraag is net hoe kom ons inaaraking met mekaar. Ek het die adres en sal self gaan kyk wat aangaan. Ek verpes mense in mags posisies wat dit misbruik want hul stel almal in n swak lig.

Stemsaam ·

Ek stem Sopbeen. Die sogenaamde SAPS, het op groen stoele gesit voor die druglords,se kafees in Sivewright straat. Mens kon dit duidelik waargeneem het vanaf Luiperdstraat.

Die SAPS is kop in een mus met hulle.

Jacques venter ·

Dankie Gemaskerde Sobbeen
Ek hoop OPOD neem kennis van die situasie veral in Siveritestraat. Die deel tussen luipaardstraat en die treinspoor is een duiwelse nes

Karen van Zyl ·

Hoekom ‘n polisie stasie afbrand, ek is heeltemal verbaas en verstaan nie.

khat ·

Nou wil ek graag weet hoe kan jy betoog teen geweld en nog erger tekere gaan as die klomp wat geweld pleeg se jy nou vir my hoe regverdig jy dit duer te se jy betoog om dat daar nie op getree word teen geweld nie maat jy brand geboue af beskadig die infrastuktuur en die kanse is goed dat iemant beseer word duer jou wat betoog en dan wil jy se stop geweld kom aan jy wat so betoog is nou self die geweldenaar en wil net breek en vernietig om dat jy dit ook wil doen

Hans ·

Ek het nou al mooi deur al die goed gelees en gekyk wat regtig daar aangaan. Die mense is reg as hulle sê dit is al n langstaande probleem en niks word gedoen daarom trent nie. Raporteer jy dit dan word jy en jou gesin gefiktimiseer. Tog al wat die druglords doen is verskuif net hul plek van operasie en gaan voort. Om te sê jy brand hul goed af werk ook nie regtig nie want dit is nie hulle sin dit behoort nie aan hulle, net gekaapte geboue, so hul voel regtig niks as dit verbrand word nie. Ek is ook sterk daarteen dat dit nie op die manier moet plaasvind nie. Ek het wel ander voorstelle wat nie op die forum bespreek kan en mag word nie. Die probleem is pas mens mop justice toe dan is dit jy wat in die moeilikheid is en nie die regte skuldige nie.

Vraagteken ·

Hans, ek neem aan jy pas ‘mop justice’ toe? Dis die enigste manier hoe jy gaan weet dat jy in moeilikheid gaan kom… grap net.

Op ‘n ernstige noot, dink jy nie die pers is die oorsaak dat hierdie staakings so hand-uit-ruk nie? Die betogers weet mos hulle kry ‘n reaksie dan….

Piet Pompies ·

Die onderwereld van dwelms in SA is heelwat groter as wat die gemiddelde Suid Afrikaner besef. Die gebruiker van die dwelms pleeg opsig self misdaad om sy gewoonte te onderhou, die dwelm verspreider misbruik nie betalers, veral dames deur hulle aan te hou as seks slawe, nog ‘n inkomste. Hoekom is dit dan vreemd dat die dwelm huise afgebrand word. As ek onkruid in my tuin het, haal ek hom uit, wortel en tak.

Josua Keys ·

Piet jy is 100% reg maar wanneer jou voertuig bestook word met klippe net omdat jy n persoon wat gaan werk het gaan aflaai sodat sy veilig by die huis kan kom, wat het dit dan met dwelms te doen. ‘n ‘Vriendin wat saam ons werk se vriend het die swart dame wat vir hulle werk die middag Kagiso toe gevat en was deur omstanders bestook met klippe en dit omdat hy as witman n goeie daad wou pleeg as Christen en het amper met sy eie lewe daarvoor geboet, sy self was ook amper deur die venster raak gegooi maar die klip het hom getref, hulle het sy voertuig se sleutel probeur gryp so hoe regverdig jy die optrede, dit is hoe diè mense met mense se koppe smokkel deur hule aksies valslik te bemark. Ek sê net eending, wees altyd parraat en wakker ten alle tye en vertrou niemand nie, nie eens die polisie blokades nie want hulle kan nie oral wees nie, draai liewer om en ry weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.