Betogers maak amok in Pretoria

Die vragmotor in ligte laaie. Foto: Verskaf

Motoriste en inwoners van Pretoria word versoek om versigtig te wees weens betogers wat die strate van die stad ingevaar het.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het Donderdag aan Maroela Media gesê ontstoke inwoners van die Gamora- informele nedersetting het kort ná middernag die strate ingevaar om skynbaar oor dienslewering en behuising te betoog.

Die polisie is kort daarna ingeroep en moes van traangas en skokgranate gebruik maak om die skare in bedwang te bring.

Die Daspoorttonnel is glo toegemaak en ʼn vragmotor is in  Van Der Hoffweg aan die brand gesteek naby die Coca-Cola-fabriek.

Die toneel is gespanne en motoriste word versoek om die omgewing heeltemal te vermy. Die polisie se openbare orde-eenheid is op die toneel om die situasie in bedwang te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Marietjie C. ·

Tyd dat diegene wat vuur stig en verwoes gevonnis word tot gemeenskapsdiens. Laat hulle die strate skoonmaak en gemors optel.
Bring reg en geregtigheid terug.

Magda ·

So moeg vir – WIL ALLES GRATIS HE – gaan betoog voor Nkandla want as al ons Belasting se geld NIE gesteel was en nog steeds gesteel word nie – was daar genoeg om vir al die mense van SA te sorg – As julle gratis verblyf en krag wil he – dan WIL ONS GRATIS KOS HE – of gaan werk vir jou geld.

Ken2 ·

Geweldadige ‘Betogings’ in midderbag is nie meer betogings nie, dit begin guerillaoorlog word.

Zusuki ·

Wens ek kon die ingelse advertensie van Suzuki op MM verstaan. Wat van ‘n Afrikaanse een?

Zawakoekie ·

Hi Zusuki
Sien Brian Cheyne se baie goeie Afrikaanse artikel oor die Suzuki DL 650 V-Strom XT onder die Tegnologie afdeling. Ek’t glad nie die Engelse een gesien waarna jy verwys nie.

LS ·

Ek wonder net hoeveel van daardie mense wat so betoog SA burgers is??????
Sal regtig interesant wees om te weet.

Meraai ·

Ek wonder ook altyd hoeveel is werklik SA burgers. Ek reken as hulle almal terug stuur na hul land, sal ‘n baie groot probleem hier opgelos word. Plakkerskampe sal minder word verseker.

Cherokee ·

Hulle sal seker nog oortydbetaling ook wil hê.
Daardie motor in ‘ligte laaie’… lyk na ‘swaar laaie’ op die foto. Wonder waarom word van ligte laaie gepraat – miskien die ligte.

Rein ·

Cherokee,

ligte laaie kom van Hollands lichterlaaie.
Die eerste deel ‘lichter’ is licht + er, die -er is net ‘n ou naamvalsuitgang.

Laai is ‘n ou woord wat ons nie meer gebruik in Hollands nie, maar die betekenis is ‘vlam’.

Ligtelaaie beteken dus iets soos ‘n helder vlam, en het niks met die gevoelsmate swaar of lig van doen nie

Chantelle ·

Hul al 2uur begin. Dis hoe laat die polisie daar by ons begin het met die rubberkoëls.

Johann ·

Mobilize the massas….so aan bewind gekom…hou so vas aan die mag. anargie dmv moderne terrorisme…ANC LEGACY!!!

B-man ·

Beskadiging van staatseiendom is terreur. Staat moet standpunt inneem hierteen en optree soos enige ander land teen terreur sal optree.

Ongelukkig vir die staat, en ons almal, is dit die voorbeeld wat hulle destyds gestel het en kan nie nou daarteen wees nie.

Eli ·

Hierdie aanvalle en verwoesting verg weermag optrede. Niemand het die besetters/onwettiges die reg gegee om omwettig grond te beset waar NIE dienste is nie. Wat betaal hul vir die grond, water, krag, DIENSTE?

Cherokee ·

Die ANC het destyds gesê dat hulle die land sal onregeerbaar maak. Hulle het geslaag daarmee.

WerkMySat ·

Kruising by Mahem word nou oopgemaak.
Dit is ñ nare werklikheid van verwoesting.
Tonnel is ook nou oop.

Janine ·

Die klomp het 2 uur vanoggend al begin. Op ons CPF groep genoem dat Putco se heining gebreek en batterye gesteel is in die proses. Dis nou kalmer maar van Mahem to na Coke fabriek is dit rof!

Mari-Susan ·

Ek dog hul kies SELF om as informele nedersetting daar te bly…..

marous ·

Viva Frikkilina! Viva Leonie! Viva Roelfina! , Viva Seunse Weenkoor!

Ekke ·

Ek het nou net hierdie ongelooflike “brainwave” gekry . Kom al ons belastingbetalers staak omdat ons #FREETAX wil he…

Theresa ·

Dis omdat daar nie onmiddellik deur ‘n spesiaal aangestelde department/taakmag opgetree word om enige plakker te verwyder nie. Dan kom nog en nog by en kort voor lank is dit ‘n nes waarvoor hul als by vra waarvoor nooit beplan was nie. Kan iemand die mense leer wat dit is om dorpsbeplanning te doen en te laat realiseer????? Kan iemand hul leer wat dit is om te sorg dat daar VOORAF riolering en ander voorsiening getref word. Dat dit nie as jy sommer iewers gaan sit met jou goed voor betoog kan word nie??? Die metro’s moet mense afvaardig wat waaragtig weet hoe om die boodskap oor te dra in al wat ‘n taal en gebaar is en dan streng verwyder wat nie op ‘n plek hoort nie. Almal is so katvoet en dan kom daar probleme wat meer skade bring. Skade vir mense wat jare werk om dit ‘n sukses te maak.

Nita ·

Dink dit word veiliger om in Iran en Irak te gaan bly… . Nou ja… As hul als gratis wil hê.. Hoekom soek hul werk! Jy bly verniet jy wil krag en water verniet hê.. Dan skoolonderrig. En en.. Dan nog kindertoelae… Nou moet ons wag vir ons belasting uitbetalings.. Dis ons eie mense en buitelanders.. Hand aan hand!

snoefie ·

verduidelik mooi stadig aan die mense dis nie n basiese mensereg om huise, lopende water, vullisverwydering en elektrieseteit te KRY NIE. MENSE WAT DIT HET, BETAAL DAARVOOR. tot tyd en wyl die skade wat hulle aangerig het, nie betaal is nie,kan hulle niks anders koop of kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.