Betogers maak amok in Randfontein

Betogers in Randfontein. Foto: @Lybirith / Twitter

Betogers in Randfontein. Foto: @Lybirith / Twitter

Altesaam 12 mense is Woensdag weens openbare geweld in hegtenis geneem nadat hulle in Randfontein in die Wes-Rand betoog het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het gesê die betogers is in hegtenis geneem nadat hulle klippe na verbygaande voertuie op die R28-pad gegooi het en die pad ook met brandende bande versper het. Die pad moes vir verkeer gesluit word, maar is intussen opgeruim en weer vir verkeer oopgemaak. Die betogers het ook ʼn vragmotor aan die brand gesteek.

Na wat verneem word, moes die polisie die betogers met traangas uitmekaar dryf. Die betogers het daarna na die R41 en N14, in die rigting van Ventersdorp, opgeruk en dié paaie ook met brandende bande versper.

Die N14 was teen 12:00 vir verkeer gesluit en verkeersbeamptes het alternatiewe roetes aan motoriste uitgewys. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sumo ·

Wanneer het ons ooit gehoor van ‘n betoging wat ordelik verloop het ? Ek het nog nie van een gehoor nie.

Kyk net hoe lyk die straat, sies, hier is ‘n groot tekort aan opvoeding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.