Betogers maak amok in Steynsrus

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Gemeenskapsaal, ʼn munisipale kantoor en die huis van ʼn plaaslike polisiebeampte is Vrydag in die vroeë oggendure in Steynsrus in die Vrystaat met petrolbomme bestook en beskadig.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het gesê die voorvalle het omstreeks 01:00 plaasgevind nadat onrus vroeër vandeesweek in die omgewing uitgebreek het.

“ʼn Groep van nagenoeg 100 mense het Woensdag by die Matlwangtlwang-gemeenskapsaal saamgekom aangesien hulle ontevrede was omdat tien mense glo deur die plaaslike munisipaliteit aangestel is, sonder dat behoorlike prosedures gevolg is,” het Thakeng gesê.

“Die groep het daarop aangedring om die burgemeester te sien. Die burgemeester kon egter nie na die saal gaan nie, waarna die betogers op ʼn verwoestingstog gegaan het.”

Volgens Thakeng is die Matlwangtlwang-gemeenskapsaal aan die brand gesteek asook ʼn verbygaande voertuig van ʼn inwoner van Viljoenskroon. Skade van nagenoeg R520 000 is tydens dié voorval aangerig.

“Die geweld het Vrydagoggend weer opgevlam waartydens nóg ʼn gemeenskapsaal en die ander geboue aan die brand gesteek is. Die koste van vanoggend se skade moet nog vasgestel word,” het Thakeng gesê.

Beamptes van die polisie se openbareorde-eenheid is na die toneel ontbied om die situasie in bedwang te bring.

Die polisie ondersoek sake van openbare geweld en brandstigting. Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Kom ek raai: Die polisie “monitor” die situasie! Absoluut onaanvaarbaar die die deel v die bevolking wat net mooi niks tot die ekonomie bydra nie, altyd die wetsgehoorsame burgers verontrief. En daarmee wegkom… Hou op om geboue en ander infrastruktuur wat beskadig word, te herstel. Dan is daar niks om verder af te brand nie. Die “gemeenskap” skiet hulself dus in die voet. Dis al uitweg.

Petro ·

Stem volkome saam as hulle skole en klinieke en wat ook al verwoes hulle wil mos niks he nie

Grond vir vlugtelingdorpe ·

Boere moet asseblief hulle plase beskikbaar stel om inwoners te hervestig wat uit dorpe gedruk word soos wat die chaos toeneem.

SB ·

Hier is baie grond/plase in die Noord Kaap – Kakamas wat vlugtelinge sal kan huisves.
Kry jouself en jou gesin vroegtydig hier.
Pak rugsakke met kos (droog) en slaapsak en ligte tent in vir 12 dae.
As jy hier aankom sal ons kan help sorg.

Groete
SB

Gestremde ·

Kom nou Nathi. Verander gou die dorp se naam ook. Dink Firetown of Petrolbom of Meighty_ashoop sal goeie name wees!!!hehehe.

tamboti ·

Burning ambitions!
In die ou dae was dit die “Onluste eenheid” van die SAP, nou heet dit “Openbare Orde” – waar is die orde???????? Daar bly net verwoesting en rommel oor, orde is by die agterdeur uit!
Viva Africa

Vroulief ·

Toe my man netnou kla dat ons huis darem bitter koud is vandag, het ek voorgestel hy steek dit aan die brand. Ten minste sal dit n ruk lank warm wees EN hy is in solidariteit met hoe n mens probleme in SA oplos!

GM ·

Dalk moet die betogers apart gehou word van die res van die samelewing. Dink nou net, geen ongerief, geen skade, geen ‘demands’. Dan kan die land vorentoe beweeg, in plaas van agteruit.

Ekke ·

Gaan die betogings, verwoestings, brande en padversperrings waaragtig nooit endkry nie?! Die betogers EIS net, EISE, EISE, EISE vir voordele waarvoor hulle nie gewerk het nie. Hulle is besig om die belastingbetalers dood te wurg!

Irene ·

Ek kan nie verstaan hoe die regering dit elke dag toelaat wat in SA asn gaan nie. Wil niemand vorentoe beweeg nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.