Betogers maak amok in Ventersdorp

Argieffoto: Phillip Bruwer

ʼn Polisievoertuig en ʼn vragmotor is Dinsdag in Ventersdorp in Noordwes aan die brand gesteek.

Brig. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê die voorval het tydens ʼn beweerde diensleweringsbetoging plaasgevind. Dit is egter nie presies duidelik waaroor die inwoners ongelukkig is nie.

“Volgens inligting het ʼn onbekende hoeveelheid gemeenskapslede die kruising van die N14 en die Klerksdorp-pad versper met buitebande wat aan die brand gesteek is en ander voorwerpe,” het Mokgwabone gesê.

“Die voorval het daartoe gelei dat vier voertuie met klippe bestook en ʼn polisievoertuig en ʼn vragmotor aan die brand gesteek is.”

Drie mense is teen Dinsdagaand in verband met openbare geweld in hegtenis geneem.

Die polisie het teen 21:00 die situasie onder beheer gehad en is steeds op die toneel om die situasie te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

zoom zoom ·

Zuma het hulle alles belowe om vir die anc te stem. Maar toe vat hy alles vir hom sy familie en die guptas
Stem gaan hulle stem em weer vir beloftes en die anc. Ai Ai

Hanna ·

Het hulle dan n rede nodig om af te brand en te plunder? Nee wat, ek dink dis maar deel van daardie kultuur. Dis nou nie asof iemand by die werk moes wees nie… Ek dink hulle was maar net verveeld v so by die huis sit op die belastingbetaler se onkoste.

MissDemeanor ·

Daar is duisende mense wat wil werk maar daar is geen werk vir hulle nie. “Count your blessings” want alles wat jy het is vir jou gegee.

Stiena ·

Next time stem hle w ANC. Hulle is mos in NW provinsie. Moet maar die dolosse daar by die nuwe Zuma standbeeld gaan gooi v dienslewering. Dis al uitweg.

anton ·

Stem saam met Hanna.
En jammer MissD……..alles wat ek het is nie vir my gegee nie, inteendeel, ek het vir dit GEWERK!!! En glo dit is met baie mense die geval.

marous ·

Totdat alle beriggewing nie lees “Polisie Maak Amok Onder Betogers ” nie , sal dit aanhou tot daar niks oobly nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.