Betogers maak amok naby Rustenburg

Argieffoto: Phillip Bruwer

Verkeer is Woensdag vroegoggend in Lethabong naby Rustenburg ontwrig toe betogers paaie versper het.

Die betogers het paaie met klippe en bande wat aan die brand gesteek is versper terwyl busse wat mynwerkers moet oplaai verhoed is om die nedersetting binne te gaan.

Volgens een van die betogers het hulle het ʼn man gevang wat glo bokke gesteel het. Hy het gesê die polisie het opgedaag en die verdagte gered net toe die gemeenskap hom aan die brand wou steek.

ʼn Ander groep het ook ʼn winkel wat deur buitelanders besit word aangeval en kos, sigarette en kontant geëis.

Een man het vir die eienaar van die winkel geskree: “Maak oop my vriend, gee geld, brood en sigarette. Moenie die polisie bel nie,” terwyl ander die winkel met klippe bestook het.

Die skare het weggehardloop toe lede van die polisie se openbare orde-eenheid by die toneel opgedaag het. Teen 05:00 was die situasie onder beheer en kon taxi’s begin om mense werk toe te vervoer. Die paaie was egter steeds bestrooi met smeulende bande en vullis. ʼn Groep jong mense het by die sportgrond bymekaar gekom.

Die polisie monitor die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Sulke dinge gebeur nie spontaan nie, iemand organiseer dit.

Vind daardie iemand of organisasie en straf hom behoorlik.

Magda van Bloemfontein ·

Carika Keuzenkamp het jare gelede ‘n baie mooi liedjie gesing: Dis ‘n land……….

Chris Ws ·

En al wat die pote kan doen is om die situasie te monitor.Hoekom?Want dit gaan om stemme vir die anc regime te behou in die verkiesing wat kom.Maar ek hou baie daarvan dat hulle in hul eie woonbuurte betoog.Doen so voort!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.