Betogers maak amok op Kaapstadse snelweë

Verskeie snelweë in en om Kaapstad is Dinsdagaand (12 Junie 2018) deur betogings geraak. Foto: Twitter via @CHunsingerMP

Verskeie snelweë in en om Kaapstad is Dinsdagaand deur betogings geraak, insluitend paaie wat met brandende buitebande versper is en ʼn vragmotor wat aan die brand gesteek is.

Die Stad Kaapstad het gesê betogers het buitebande op die R300, naby die N2, aan die brand gesteek. Polisiebeamptes is na dié toneel tussen die N2- en Hindle-afrit ontbied en het gevind dat twee van die bane in ʼn noordelike rigting versper is. Die betogers het egter laat spaander voordat die polisie opgedaag het.

Op die N7 is buitebande in albei rigtings aan die brand gesteek en die snelweg moes tussen Plattekloofweg en Potsdamweg gesluit word.

ʼn Vragmotor is ook op die N7-Suid aan die brand gesteek.

Volgens inligting op sosiale media hou die betogings verband met ontevredenheid oor grond hoewel die motief vir die betogings nie deur amptelike bronne bevestig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lana ·

Ons wil hê (alles verniet hê). Nou breek en brand ons alles wat oor jare deur ander mense opgehou is.

Eddie ·

Omsat sekere mense verkondig “vat vir jou grond”, ek mag nou seker nie name noem nie, nou brand ons maar ander mense se goed. En dit lyk my dis ook heel wettig deesdae om paaie toe te maak en te verniel wat voorkom want niemand doen of se iets daaromtrent nie.

GeeGee ·

Wil hê hê hê!! Lewe is mos lekker in SA, as jy nóg wil hê, vat vir jou, as iemand iets sê, brand af en plunder, hey hier’s grond waarvoor die mense gewerk het, nah kom ons vat dit net, en as hul iets sê, dan moor ons.

Koos de Meyer. ·

Wie sal so dom wees om in ‘n land van anargie, brandstigting, arbeids onrus en so meer te kom belê.

Hansie slim ·

Die verkiesing is op pad en “ons” sal wanorde skep so ver moontlik net om die deel van die land waar dit darem redelik gaan, onregeerbaar te maak.
Enigeen kan dit sien!!

Wonder Wonderaar ·

Wonder waar gaan die busse met amokmakers volgende? Kom ons kyk.

christa ·

kan Agriform nie dit oorsee stuur nie. Wys daardie mense hoe oulik SA is.

Stephen Namibia ·

Hoop CR se beleggers neem kennis van hierdie bodemlose put.

GM ·

Hoe baie sou sulke insidente gebeur het as die mense gearresteer was en self moes opdok vir die skade? Of as die polisie net kon losbrand op so ‘n groepie? Maar dit kom van meer regte gee aan kriminele as aan wetsgehoorsame burgers.

Die Verlore Skaap ·

Vra vir Kanada om asb geld te gee sodat die ANC kan verder afbreek en afbrand.
Lovely

Ampie ·

Kan ons nie nou maar die ding by die naam noem nie. Dis gewelddadige oproer nie betoging of “service delivery protests” nie.

Colleen ·

Almal van ons wat omgee vir ons land moet hierdie fotos op sosiale media plaas. Baie van ons het familie/vriende oorsee wat dit ook kan versprei en dan kyk of wie wil hier belê.
CR lewe ook in ‘n gekkeparadys soos sy voorgangers van 1994 af.

Irma ·

Dis so eronies (tragies) dat meeste van die betogings en verwoesting wat gesaai word gaan oor die besit van grond wat van koloniasme af kom. Die OB spandeer meer as ‘n jaar lank die belastingbetaler se geld om haar skuld te bewys terwyl die voorheen “benadeelde” mense verwoesting saai sover as wat hulle gaan. Dit maak nie sin nie.

marous ·

Niks gaan staande bly in die land nie en niemand gaan dit keer nie….

May ·

Regtig keelvol, dag Na dag dieselfde of erger, waar gaan dit eindig??

Mrs H ·

Maroela, op R59 naby Meyerton is daar huidiglik groot ammok. Kan julle asseblief daarop raporteer? Dit is nou baie gereeld en niks daarvan word verslag op gelewer nie. Sal dit so baie waardeer. Hulle brand alles af omdat hulle protesteer, dan protesteer hulle omdat hulle niks het, want alles is reeds verbrand…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.