Betogers maak weer amok in Lichtenburg

Betogers by die vragmotor se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Groep betogers het Dinsdagoggend die strate van Lichtenburg ingevaar en chaos in dié Noordwes-dorpie veroorsaak.

Volgens brig. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het ontstoke inwoners van Blydeville glo verskeie paaie met voorwerpe versper en ook ʼn vragmotor aan die brand gesteek.

Mokgwabone het motoriste versoek om van alternatiewe roetes gebruik te maak. Hy het nie die rede vir die betoging bekend gemaak nie.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die situasie in die dorp is gespanne.

“Daar is onbevestigde gerugte dat ʼn betoger glo deur ʼn motoris geskiet is. Daar is ʼn groot polisieteenwoordigheid na die dorp ontplooi,” het Müller gesê.

Volgens Müller betoog die inwoners glo oor ʼn tekort aan dienslewering en bewerings van korrupsie in die munisipaliteit.

Mokgwabone kon nie dadelik vir kommentaar bereik word oor die beweerde skietvoorval nie.

Betogers het vroeër vanjaar ook die strate ingevaar om oor dienslewering te betoog. Maroela Media het vroeër berig betogers in Lichtenburg het op 24 Mei Daniel Buthelezi, die burgemeester van die Ditsobola-munisipaliteit, gyselaar geneem en ʼn gedeelte van die munisipale gebou aan die brand gesteek. Buthelezi is ure later bevry en 32 verdagtes is in hegtenis geneem.

Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chrisjan ·

Die SAP in Lichtenburg sal moet wakker skrik en hul werk begin DOEN !Ek laat my nie vertel hulle het nie vooraf geweet wat kom nie.Alle polisiestasies het hul informante wat hulle vroegtydig inlig van wat kom sodat hulle ten volle gereed kan wees as die moeilikheid begin.Die skadevergoeding vir die vragmotor wat deur betogers aan die brand gesteek is moet dus van die SAPD verhaal word vir versuim van hul pligte.

louisepretorius ·

Die anc is besig Om ons mooi land uit Te roei.wanneer gaan die ellendelinge ophou.

snoefie ·

hulle is vasveslote om alles wat voor die anc aan bewind gekom het, te vernietig. betaal hulke vir dienslewering? brandstigters hoort agter tralies. hoekom loop hulle los?

John ·

Die dienslewering-teorie raaknou bietjie afgesaag as rede vir soveel skade en moeilikheid. Wat van die waarheid vir ‘n slag? Ontleef die sielkunde agter die storie of sal die waarheid dalk te eina wees om te aanvaar vir die rolspelers en hul afrigters.

Albaster ·

Die bestuurder het mos die reg om te skiet as mense op jou toesak met klippe en handwapens, ek sal nie net in my kar sit tot mense my dood stenig nie.

Werner ·

Sien op net nuus die betoger is dood geskied Lichtenburg gaan seker nou brand dit was seker die eenigste onskuldige een tussen die lot

Vermeende ·

En met alles wat aangaan kan ek net wonder hoe die budget volgende jaar gaan lyk.
Apartheid se geld is klaar, en die massas is honger vir rykdom.

Butterfly ·

Wie gaan vir die voedsel wat brand verged? Die trok wat gebrand is behoort aan ‘n boer wat voedsel op alle Suid – Afrkaners se tafel sit. En ek stem saam met die feit dat die WAARHEID agter hierdie betoging moet uitkom. Lichtenburg was eens ‘n pragtige dorp waarop sy inwoners baie trots was en van hulle nogsteeds. Hoekom moet als met geweld hanteer word?

Wsp ·

MM vanmiddag op 10/10/2017 in hartbeesfontein noordwes was ook n betoging waar paaie versper is met klippe en tyres en in die tigane gebied is die buitelanders se winkels geplunder wil net weet of julle kennis dra van dit

Besorgde ·

Sogenaamde Dienslewering is net n verskoning vir misdadige element om misdaad te pleeg en onskuldige mense se eiendom te verwoes.
Die is georkestreerde beplanning deur sogenaamde leiers sodat armes hulle vuilwerk doen.
Gedagte is om gebiede onregeerbaar te maak.
Jy het nie enige slim kennis nodig om te weet wie is die leiers agter die betogings in baie dorpe nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.