Betogers met rubberkoeëls geskiet naby Mooinooi

Foto: @thulimbono op Twitter.

Foto: @thulimbono op Twitter.

Die polisie het Woensdag met rubberkoeëls op betogers in Majakaneng, naby Mooinooi in Noordwes, losgebrand.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het gesê die betogers het paaie versper en die polisie is genoop om die minimum geweld te gebruik om die situasie onder beheer te bring. Volgens Ngubane het die betogers dele van die N4 met hekke, klippe, bome en bande wat brand versper.

Sewe betogers is in hegtenis geneem en sal aangekla word van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging. Volgens Ngubane het die betogings Maandag begin waartydens ʼn bus aan die brand gesteek is en twee winkels, wat aan buitelandse behoort, geplunder is. Inwoners is glo ongelukkig oor water- en elektrisiteitstoevoer in die area.

Biskop Paul Verryn van die Metodistekerk het vroeër gesê hy en ʼn kollega het probeer om met van die inwoners te gesels maar is met klippe bestook. Verryn en sy kollega is nie beseer nie.

Talle hoofpaaie is ook vroeër Woensdag gesluit nadat die betogers motors wat tussen Rustenburg en Pretoria gery het, met klippe bestook het. Die pad tussen Mooinooi en Brits is ook gesluit.

Die departement van gemeenskapsveiligheid in Noordwes het gesê drie vragmotors en nog ʼn voertuig is Dinsdagaand aan die brand gesteek. Die bestuurders is nie beseer nie. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ladybug ·

Dr. Lukas Mangope van Boputhatswana het daai tyd betogers dood geskiet … Hy leef nog, miskien moet julle gaan raad vra …

Pierre Celliers ·

Paul Verryn se kerk, (Metodiste), is die ANC simpatiek gesind en voorsien die ANC al jare lank met fondse.
Waarom word paaie gesluit en dinge ongerieflik gemaak vir die onskuldige motoriste gedurende betogings, en die misdadige betogers nie liewer ge-arresteer nie?!!!

rienie ·

Ongelukkig oor Madibeng dienslewering – Nou wat baat dit hulle om onskuldige mense wat niks met Madibeng te doen het se busse te brand, karre met klippe te gooi en almal op die besige N4 te verontrief.. Plaas gebruik hierdie onnosel klomp die bietjie verstand wat hulle nog het en gaan betoog by Madibeng kantore self, gooi daar klippe en brand daar, want dit is waar die is wat nie hul werk doen nie, nie op die snelweg nie. Ons almal in Madibeng is moeg vir swak dienslewering, maar haal dit nie op onskuldige mense uit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.