Betogers het ʼn geheime eksamen wat vanoggend deur rekeningkunde-studente van die Universiteit van Kaapstad (UK) by die Newlands krieketstadion geskryf is, vinnig onderbreek nadat hulle daarvan uitgevind het.
Die studente het e-posse gekry waarin hulle gevra is om die eksamen by die krieketstadion af te lê en die plan stil te hou, sodat betogers nie daarvan uitvind nie. Een van die studente, wat verkies om anoniem te bly, het gesê kort nadat die eksamen begin het, is dit onderbreek en die studente is gevra om die stadion te verlaat vir hul eie veiligheid.
Die eksamen is uitgestel tot verdere kennisgewing. Die klas van meer as 350 studente was veronderstel om vier eksamens te skryf ter voorbereiding van die Nasionale Raadseksamen.
Die UK is een van talle universiteite wat vandeesweek onder gewelddadige betogings deurloop. Akademiese bedrywighede by verskeie kampusse regoor die land is opgeskort weens die vloed studente-oproer wat deur die land spoel. Die studente betoog oor universiteitsfooie wat te hoog is en eis dat studente gratis by Suid-Afrikaanse universiteite moet kan studeer.
© RDM News Wire
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Om te betoog oor hoë studiekoste Is een ding, maar om ñ eksamen te onderbreek is ñ ander ding. Dis swak gedrag.
Om te betoog oor hoë studiekoste Is een ding, maar om ñ eksamen te onderbreek is ñ ander ding. Dis swak gedrag.
Eerste tekens van ondergronds gaan in jou eie land of wat? Dis verregaande en bewys dat dit nie gaan oor klasgelde nie. Breek die witman se moraal orals!
Dat eksamens al in die geheim afgelê moet word…! As Marikana in ag geneem word, wonder ek of die regering ook ‘n paar wenke by hul Sjinese mater sal neem om dié protesoptredes in die kiem te smoor. Dink maar aan Tiananmen van 1989. Dit sal nou ‘n gedoente afgee. Ek sien hulle het reeds by hulle Russiese mater gaan kers opsteek oor hoe om moeilike kaders in motorongelukke te elimineer sonder dat ‘n haan daarna kraai.
Daar het nog nooit ‘n leer-kultuur in sub-Sahara Afrika bestaan nie.