Betogers ontwrig geleentheid op US Woordfees

Foto: Twitter via @IAmAFallist

Foto: Twitter via @IAmAFallist

ʼn Geleentheid op die eerste dag van die Universiteit Stellenbosch (US) Woordfees is Vrydagaand deur betogers ontwrig toe hulle by ʼn boekbekendstelling op die verhoog gehardloop en begin sing en dans het.

Die voorval het by die bekendstelling van Marlise Scheepers se boek Sjef Snoekie laat die potte sing in die De Vette Mossel-lokaal plaasgevind. Die betogers, wat almal vroue was, het plakkate om hul nekke gedra. Sommige was kaalbors en het hul monde met kleefband toegeplak.

Saartjie Botha, direkteur van die Woordfees, het die voorval bevestig. “Die betogers het die geleentheid probeer oorneem deur te sing en dans, maar het tien minute later die terrein van De Vette Mossel verlaat en in die rigting van die administrasie-gebou beweeg,” het sy gesê.

Volgens Botha het die betogers beweer dat hul betoging in protes was teen AfriForum-lede “wat hulle met verkragting gedreig het”. Hierdie bewerings verwys na ʼn voorval Donderdag op die US-kampus toe daar glo ʼn woordewisseling tussen lede van AfriForum en lede van Open Stellenbosch plaasgevind het.

Foto: Twitter via @IAmAFallist

Foto: Twitter via @IAmAFallist

Marcus Pawson, woordvoerder van AfriForum-Jeug, het aan Maroela Media gesê die bewerings deur die betogers is verregaande en van alle waarheid ontbloot. “Valse bewerings oor verkragting ontken die ware realiteit en trauma van verkragting en om ʼn ernstige misdryf te omskep in ʼn publisiteitsirkus, is ʼn belediging teenoor alle vroue regoor die land wat al werklik daardeur geraak is,” het hy gesê.

Hy het verduidelik dat lede van die EFF en Open Stellenbosch Donderdag ʼn georganiseerde betoging op die US-kampus gehou het op dieselfde tyd wat lede van AfriForum Jeug ʼn herdenkingsaksie by die by die JH Marais-standbeeld gehou het.

Volgens Pawson het van die lede van Open Stellenbosch later van die groep af weggebreek en na die standbeeld toe beweeg. Hulle het glo op die standbeeld geklim, dit met modder besmeer en EFF-verkiesingsplakkate daarop geplak. ʼn Woordewisseling het daarna ontstaan tussen die betogers en lede van AfriForum Jeug wat probeer het om die standbeeld te beskerm.

“Mnr. Johan Pienaar, wat volgens inligting deel is van Open Stellenbosch, en nog een van die leiers van dié groep, het AfriForum Jeug en Afrikaanse studente uitgetart, rassistiese aanmerkings gemaak en hulle rondgestamp,” het Pawson gesê. AfriForum het later die dag ’n klag van aanranding en aanhitsing tot geweld teen Pienaar en die ander leier van die Open Stellenbosch-groep aanhangig gemaak.

Pawson het gesê ’n klag van haatspraak sal ook by die Mensregtekommissie ingedien word nadat Open Stellenbsoch glo “Dubul’ ibhunu” (Skiet die boer) en “Umshini wami” (Bring my masjiengeweer) gesing het.

“Dit is duidelik dat die US-bestuur nie beheer het oor groepe soos die EFF en Open Stellenbosch wat ander studente ontneem van hulle reg om in vrede op die kampus te verkeer nie,” het hy gesê. “AfriForum verag die walglike daad van verkragting en sal alle vroue ondersteun wat daardeur geraak word. Sulke verregaande en valse bewerings moet nooit gebruik word vir politieke gewin nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Kaspaas ·

Hulle het n rassistiese anti wit agenda en die regering en Universiteite is te bang om iets te doen. Post soveel as moontlik van hulle rassistiese dade op sosiale media en aan vriende en familie oorsee om te versprei.

Antoinette ·

Hulle gedra hulle soos onopgevoede, ongeskikte en ongemanierde barbare. Dis gespuis soos hulle wat hierdie land gaan lam lê

Pieter.v ·

Dis duidelik dat US niks sal doen om sulke barbaarse gedrag stop dit sit nie, hokom word hulle nie in hegtenis geneem nie, vir sulke baarbaarse gedrag sou studente in die verlede geskors en verbied word om weer aan die universiteit te studeer,maar wees verseker dat as dit Afriforum Jeug was sou hulle aan die pen gery het.

susan ·

Die skrif is aan die muur. My kind sou volgende jaar daarheen gaan vir nagraadse studie. Nodeloos om te sê. Ons loop nie in n”leeukuil” in nie

TDW ·

Nee wat, gaan ondersteun liewer Akademia. Hulle sal mooi na jou kind omsien.

Sarie ·

Die Pienaar siel lyk vir my of hy ‘n verlore jeug probeer terug kry. Wonder of hy ‘n vaste werk het en of hy as “rent a white face” deur EFF en OS betaal word.

GES ·

Sarie ek dink hy het dit nie gemaak in die normale lewe nie en probeer vir hom ‘n werkie kry by die EFF.

Sarie ·

Wonder partykeer waar kry hierdie sogenaamde studente tyd om voortdurend te betoog. In my tyd op US moes ek maar die tyd uitkoop om te slaag anders moes ek gaan werksoek om myself te onderhou .

Gironki ·

Sarie, die meeste van hierdie betogers is nie bona vide studente nie, maar politieke aktiviste.

danie ·

Kyk dis mos nou eenvoudig, as ons vel kleur nie aanvaarbaar is nie, en ook nie ons taal nie dan neem ek aan ons geld is ook nie meer goed genoeg nie. Vind uit waar jy geld spandeer en wie voordeel tref en probeer dit drasties verminder, of vermy as jy kan. Ons het dalk nie die stemme om n verskil te maak nie maar ek is oortuig ons rande sal n verskil maak.

wynand ·

Ek sal graag wil weet of de villiers nou in sy noppies is met al die betogings. Hy is mos n voorstaander daarvan.Hoe voel sy mede kollegas?Kan hulle n mosie van onbevoegdheid teenoor hom instel? Ek is seker daar is hordes mede kollegas wat nie saam met die knaap stem nie.

John ·

Die vraag moet lees: Wie op deeske aarde het vir hom gestem … toe die nuwe rektor verkies is? Hy was ‘n mediese dokter en hy is nou totaal buite sy terrein.

GES ·

Die Johan Pienaar lyk na ‘n groot tier as hy in ‘n groep is maar is waarskynlik ‘n muis as hy alleen is. Siestog.

Wimpie ·

Hoekom verstaan ek meer en meer hoekom apartheid destyds ingestel is?

Jacoba ·

Ag wat mens nie vir geld sal doen nie ppie naar, dit is sekerlik nie die laaste onaangename ontwrigting deur os gespuis by die woordfees.

Michael ·

Kan nie glo hulle beskuldig Afrikaanse studente van dreig met verkragting nie dis mos nie in die Afrikaner se geskiedenis om bakhande te staan te steel moor,roof en weerlose vroue te verkrag nie vee voor julle eie deur.

Conrad ·

Ek sien hul was te bang om hul gesigte te verf toe steek hul dit maar in n sak. Hehehehe!

Mariné Lourens ·

Dagsê Wynand

Ons het probeer om vir jou ‘n e-pos te stuur, maar die e-posadres wat jy verskaf het is ongelukkig nie korrek nie. Stuur gerus jou korrekte e-posadres na [email protected] en ons sal met jou in verbinding tree.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Riaan ·

Eers word daar op rugby veld betoog en nou op woordfeeste.als om die afrikaner te wys hulle sal en kan met ondersteuning van sekere mense.die vraag wat ek baie vra is waarheen gaan die protes optogte en doen hulle dit om iets te bewys.gaan ons blankes na sokkerstaduims en betoog?nee ons het opvoeding gekry om regte stappe te volg

Alwyn du Preez ·

Apartheid was verkeerd in baie opsigte maar ons het in vrede saamgeleef en nie die gemors wat vandag plaasvind gehad nie. Ons het n fantastiese spoorweg treindiens gehad, die SAP het hulle werk deeglik gedoen, die skole was uitstekend en daar was nie verkragtings en moorde soos nou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.