Betogers ontwrig N1-verkeer; polisie steeds op toneel

Polisiebeamptes is steeds op die toneel op die N1 by Samrand in Centurion waar betogers Maandagoggend verkeer erg ontwrig het deur die snelweg in albei rigtings af te sper.

Kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, het gesê die betogers is nie meer op die toneel nie en die verkeer vloei weer, maar polisiebeamptes bly op die toneel om die situasie te monitor. “Volgens inligting is die betoging uitgevoer deur Shoprite-werknemers wat ongelukkig is oor hul werksomstandighede,” het Mothutsane gesê.

Sy het gesê niemand is in hegtenis geneem nie en geen sake is by die polisie aanhangig gemaak nie. Daar is ook geen beserings tydens die betoging aangemeld nie.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD), het aan Maroela Media gesê verkeer is erg deur die betogers ontwrig. “Hulle het omstreeks 08:00 die hele snelweg afgesper en verkeer het heeltemal tot stilstand gekom. Ons kon daarin slaag om die betoging te beperk tot die linkerbaan van die snelweg en die verkeer kon weer begin beweeg voordat die betogers later heeltemal uiteengejaag is.”

Maroela Media verneem die betoging is deur lede van die National Transport Movement (NTM) uitgevoer wat by Shoprite werksaam is. ʼn Woordvoerder van die NTM kon egter nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Maroela Media het vroeër berig die NTM het einde verlede maand gedreig dat hul lede in samewerking met die EFF alle winkels van Shoprite, Checkers, U-save en Hungry Lion tot ʼn algehele stilstand sal dwing oor ʼn loongeskil. Werkers het ʼn minimum basiese salaris van R12 500 vir pakhuiswerkers en R15 000 vir bestuurders, asook ʼn dertiende tjek, mediese fonds en voorsorgfonds geëis.

Talle motoriste het hulle Maandag tot sosiale media gewend om hul frustrasie te kenne te gee met sommige wat beweer het hulle was tot 45 minute op die snelweg gestrand voordat verkeer herlei is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lizl ·

Nee, maar ek is bly om te sien die volk is so gelukkig met hulle ANC regering en BEE maatskappye waarvoor hulle werk… Oeps, sorry , nie werk nie, net salaris ontvang. As jy werk, ontwrig jy die paaie nie.

m.d.r. ·

Hoelank wil die owerhede nog anderpad kyk vir sulke optrede…?
Ongeag die beeld na die buiteland, is hierdie mense totaal buite orde.

Die grondwet laat mens toe om in ‘n geskil met jou werkgewer jou dienste te weerhou.
maar nerens word jy die reg verleen om buitestaanders by jou geskil te betrek nie.

Hoeveel geld het dalk vanmore verlore gegaan in afsprake wat nie nagekom kon word nie, praat nie eens van moontlike mediese risikos nie,

Dis tyd dat Cyril Ramaphosa die leiding neem en se dis nou genoeg,
Probeer dit weer en ons sluit julle toe en gooi die sleutel weg…..

So nie moet die organiseerders in euse eise vaskyk wat hulle vir jare gaan laat betaal

My reg om wettig te beweeg op ‘n openbare pad kan nie langer deur hierdie sinnelose
optrede geraak word nie—ek het niks uit te waai met Checkers en diesulkes se looneise nie.

Karl ·

25 jaar terug sou dié as sabotasie gesien geword het. Kan ek ook net staak, ander dreig en met klippe gooi en EIS wat ek wil he!

marous ·

Rome brand en die keiser en sy lakeie kuier in die buiteland. Maar toemaar die VN sal die gemors kom uitsorteer …. bwahahaha!

dit is ok ·

m.d.r Ek stem met jou saam, veral waar daar dalk mediese krisisse betrokke was. Ek wonder ook net hoeveel randwaarde het in petrol verbruik verlore gegaan?

Landi ·

Baie duidelik is ek in die verkeerde beroep. Goeie genade so enige iemand sonder kwalifikasies moet nou tussen R 12 000 en R 15 000 n maand verdien, wat moet ons met grade dan verdien…..eish wys jou maar net as mens nie verder as jou neus dink nie, of mmmm ja as jy nie eers skoolopleiding gehad het nie, dan redeneer jy so

Nettie ·

Lieven loven! Hulle eis R12 500.00 vir ‘n pakhuiswerker, met DALK ‘n graad 8 agter sy of haar naam – meer as wat ek, met matriek en ‘n naskoolse kwalifikasie en ± 25 jaar se werksondervinding, verdien!

Aitsa, maar dit gaan lekker in La-la-land!

Waar de duiwel is ons “Army”? Of staak húlle ook? Stuur die “Army” in waar die betogers so aangaan, afbreek, brand, verkeer ophou en selfs diere mishandel. Hou op om die oorgrote meerderheid onwettige immigrante se alies te lek en pas ‘n slag wet en orde toe!

wilma ·

Hoeveel werkgewers betaal nog 13de tjeks, verhogings, mediese- sowel as voorsorgfondse asook behuisingstoelae?

Irene ·

Betaal almal af kyk of eff hul salarisse sal gee hul huts die mense net aan Daar is baie ander mense wat die werk sal doen

Koos ·

Hierdie nonsens móét summier stop gesit word.

Dit veroorsaak dat alle mense nêrens meer heen kan ry, met enigsins gemoedsrus dat jy wel veilig anderkant sal uitkom nie.

Suid Afrika gaan ekonomies erg bloei as gevolg van die negatiewe gevolge wat hierdie tipe gedrag van betogers om snelweë, dorpe en stede en openbare plekke met hulle uiters swak gedrag tot in die grond in te verwoes en normale sake bedrywighede daardeur tot stilstand dwing.

Dan boonop die totale gebrek aan optrede daarteen en eenvoudig voet neersit deur ons president en sê: Genoeg is genoeg!!!

DIT IS SLAP om die minste daarvan te sê.

zoom zoom ·

Mag ons ons tollgelde vir vandag terug eis vanaf Sanral. Want ek was nie betyds by my werk nie en nou verloor ek daai inkomste vir die tyd wat ek nie kon werk nie. Hoekom blok hulle nie eerder dis Gautrein nie. Of is hulle bang om op die treinspoor te speel.

Koos de Meyer. ·

Jy moet tol betaal maar jy kan nie op die pad ry nie. Waar is die metro. As hy my met klippe gooi gaan hy tweede kom. As hulle dink om my voertuig te blok ry ek deur hulle. Wat soek hulle op die snelweg.

anton ·

Julle kan maar hier kerm en skreeu en galbraak so hard as wat julle wil/kan.
S.A is in sy kanon in en as julle dink hulle president gaan iets doen om die land te red, leef julle nog meer in n droom wêreld.
Niks gaan OOIT weer beter gaan in S.A nie!!! Weet dit, besef dit en aanvaar dit nou maar vir eens en vir altyd.
Dis tyd om te trek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.