Betogers ruk op by Vodacom-hoofkantoor

Betogers by Vodacom se hoofkantoor. Foto: ANA

Nkosana Makate, die sogenaamde skepper van Vodacom se Please Call Me-diens, het Donderdag gesê hy is dankbaar vir die publiek se ondersteuning rakende sy twis met Vodacom.

ʼn Groep van sowat 200 betogers het onder die wakende oog van polisiebeamptes by Vodacom se hoofkantoor in Midrand bymekaargekom. Die betogers is deel van die sogenaamde #PleaseCallMe-beweging ter ondersteuning van Makate.

Vodacom het intussen die winkels by sy hoofkantoor gesluit. Ander Vodacom-takke is glo ook gesluit uit vrees vir personeel se veiligheid.

Makate het aan African News Agency gesê hy sal hom nie by die betoging aansluit nie, maar dit op sosiale media volg.

“Dit is ʼn persoonlike besluit, maar ek waardeer die ondersteuning verskriklik baie. Ek is dankbaar dat ek ondersteuning ontvang van Suid-Afrikaners van verskillende agtergronde.”

Makate het die aanbod wat Shameel Joosub, Vodacom se uitvoerende hoof, hom vroeër die maand gemaak het as “skokkend en ʼn belediging” beskryf. Volgens berigte het Vodacom hom R49 miljoen aangebied. Vodacom en Makate het ʼn nie-openbaarmakingsooreenkoms geteken en Makate wou dus nie bevestig dat hy R70 miljard by Vodacom versoek, soos wat in die media beweer word nie.

Betogers by Vodacom se hoofkantoor. Foto: ANA

“Ek beraadslaag tans met my regspan oor die stappe wat ons hierna moet doen. Die logiese stap is om die aanbod op hersiening te neem. Ons moet nog besluit of ons hooggeregshof toe gaan of weer die konstitusionele hof sal nader.”

Die konstitusionele hof het in April 2016 beslis dat die twee partye ʼn konsensus moet bereik en onderhandel hoeveel vergoeding Makate moet ontvang. Daar is wyd berig dat Vodacom ʼn geraamde R70 miljard deur die diens verdien het en Makate het aanvanklik 15% daarvan (R10,5 miljard) geëis.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, is in sy persoonlike hoedanigheid deel van die beweging. Lesufi het ʼn prokureursbrief wat Vodacom aan hom gestuur het op Twitter gedeel. In die brief word Lesufi versoek om nie valse en lasterlike uitlatings te maak rakende Vodacom nie, asook nie mense aan te moedig om deel te wees van protesoptrede teen die selfoondiensverskaffer nie.

Vodacom het Lesufi gewaarsku dat strafregtelike vervolging hom in die gesig staar, sou dit plaasvind. Lesufi het egter in reaksie gesê hy sal nie geïntimideer of stilgemaak word nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Lizelda ·

Sjoe! Ek sou die R49 miljoen vat en breed glimlag, dis mos vir ons gewone mense baie baie geld? :-)

Fransisca ·

Het nie een van daai 200 mense iets beters om te doen nie? Genade…wat presies het dit met hul uit te waai? Soek seker `n incentive vir participation. Belaglik.

Stella ·

Dis nie net daai spul wat betoog by Vodacom nie,Pretoria Wes vanoggend ook,brand weer lekker bande n die strate,hul geliefkoosde kleur is rooi,oranje en geel,kleur van flamme.

James ·

Ek sien een plakaat se Vodacom stop Racism. Interesant dat die saak ook so gesien word.

T ·

Darem het hulle nou iets om te doen vir die dag dalk moet ANC gaan hemde uitdeel daar en kospakkies lekker uitstappie maak soos altyd.

RACISM ·

Ag, goeie genade – en daar is die bord “Vodacom stop RACISM” – wat op aarde het dit alles met rasisme te doen. Niks wat hierdie ou nasietjie sê dra meer gewig nie – niemand neem hulle meer ernstig op nie, want al wat hulle ken is ‘RACISM” en vloermoere.

MS ·

Die een plakkaat se wraggies “VODACOM STOP RACISM”
Kan jy nou meer…

Vra maar net ?? ·

Vra maar net – toe ek n kind was in 1960 ☺☺ kon ek ‘n Kollekteer oproep maak na my ouers van n Tikkey Box maak (nie seker oor spelling) – dan kon die ontvanger besluit het of hy die oproep wou vat of nie – Is dit maar nie dieselfde ding nie ?? of dalk ken niemand vandag se “Daai tydse draai die nommer telefone of Tikkey Box nie”

TIKKEY BOX ·

Ek onthou die Tikkey Box dae.
Goeie OU dae……
So bly ek het in daardie era groot geword.

Adam ·

Die prinsiep is dieselfde Glo is net die sagteware wat ontwikkel moes word maar glo nie hy was opgewasse daarvoor nie

Derick ·

Ai wil julle nie sommer ook betoog oor die plaasmoorde nie.

James ·

Is telekommunikasie nie ‘n westerse konsep nie? As ek Graham Bell se nasate is, loop ek maar versigtig. Daar kom dalk groot klasaksies teen julle, julle diewe van “African Excellence.” ……

koos ·

Lufusi. Plaas jy worry oor jou skole wat in die dreine afgaan en kom jou ANC se beloftes van nuwe skole na, maar nee daar waar ‘n ras vuurtjie gestook kan word, daar staan hy mos met petrol in die hand.

Eish ·

Maak in elk geval nie daarvan gebruik en ignoreer ook indien iemand vir my sou “please call me”. As jy met my wil praat, betaal vir jou eie oproep!

Pieter C ·

Stem saam. Meeste van die tyd sê die ou aan die anderkant: “no, I did not call you” en dan het ek net my geld gemors

Please call me ·

Lyk my die Makate outjie & sy regspan het dalk lekker met die konstitusionele hof gekonkel “dalk vir ‘n gedeelte van sy vergoeding wat hy nie gaan ontvang nie” want die “Please Call Me” diens is alreeds gepatenteer by DTI / CIPC en die patent aansoek & registrasie vorms verwys nerens na die Makate outjie as eienaar of uitvinder nie. Die uitvinder se van was Khan & die patent is geregistreer deur NTM….

D B ·

Volgens Wikipedia het Ari Khan van MTN die “please call me” konsep uitgevind. Is hy dan nie die man wat “eintlik” moet eis nie?

wraggies ·

Ari Kahn het dit ontdek/ontwerp en het die patent gekry daarvoor toe hy as Konsultant vir MTN opgetree het. Hoe nou?

ANNA ·

Aaaag,wat…maar wééreeens polities gemotiveerd,vir stemme bydi stembus, vir guns en applous vir hulle en dárem ietsie omi spul werklose siele se dag OP TE KIKKER siestog… ?

Billion ·

Sover ek weet is die Engelse “Billion” wel “Miljard” in Afrikaans.
Miljoen = 1,000,000
Miljard = 1,000,000,000
Biljoen = 1,000,000,000,000

Nie dat dit saak maak nie – dis meer as genoeg geld vir ‘n leeftyd.

Derick van Zyl ·

Mariette, jy trap ook in daai strik. Die Engelse Billion is inderdaad die Afrikaanse Miljard.

Paul ·

Wat ek graag wil weet, is al hierdie betogings, veral deur die EFF en ANC jeugliga, wat dikwels met skade aangerig gepaard gaan, nie ook spesifiek ‘n wedywering om stemme/lede te werf nie? Kyk hoe sigbaar en georganiseerd is die mense by die brandpunte en kyk hoe betrek hulle mense om saam met hulle te betoog.

Natuurlik word die betogers, wat nou al goed opgelei is en sommer netjiese plakkate by hulle het wat aan hulle voorsien is, van elders af aangery.

Dis asof hulle spesifieke persone het wat aangestel is om aangeleenthede te identifiseer waar daar betoog moet word. Daar gaan bykans nie ‘n week verby waar daar nie betogings van een of ander aard is nie. Ek wil my verstout om te sê die mense het verseker doelwitte wat hul najaag.

kleintjies ·

rasisme is ook as die kat kleintjies kry. en raai wat. die hele land steur hulle daaraan. plaas ons dit n dowe gooi, of ons net die moed kry om teenoor die groep op te tree met dit tot ons beskikking en net sê ” by hierdie wal gaan jy nie deurgaan nie en klaar. PUNT!!!!! ek is van mening dat seker 80% van ons so voel maar onsbeskaafdheid keer ons. vir hoe lank sal beskaawing ons nog kan keer??????

Michael ·

Die meeste van hulle weet nie eers wat rassisme is nie glo my.

Jerry ·

Tipies Suid Afrika. Nooit tevrede en die een probeer altyd die ander een uitbuit.

Karel ·

Dis nogal lekker wanneer groot maatskappye van rassisme beskuldig word, ongeag of hulle is of nie. Dis mos hulle wat gewoonlik so agteroor buig om tog so polities korrek te wees. Ek voel vere vir beide partye.

ThinusErasmus ·

Brand
Breek
Beskadig
Ekonomiese sabotasie
Elkeen vir homself

Wa ·

Dit lyk vir my Makete vat ‘n kans en gaan sy rieme styf loop. Uhm…..Vodacom stop racism? Wat het ek gemis??

PJC ·

Ek glo nie een woord van wat Makate sê nie en duidelik weet Vodacom nie hoe om hom van hulle nekke af te kry nie.

Tanya ·

Hierdie man vat n vet kans.In 1996 het ons 5 pcm gestuur nou in 2000 se hy dit was sy ideat bollie man gaan sit en dink

Alida ·

Wat soek Lesufi daar? Ek dog hy waak oor die skole ingeval n blanke skeeftrap.

Gert van Wierdapark ·

Please call me se sg “uitvinder” moet sy flippen R49 miljoen vat en die politiek betree saam met die voormalige Sauk se bed-ryfshoof. Saam kan die 2 ouens dan vir mekaar please call me boodskappies stuur en natuurlik ook vir die oorywerige padpatrollie leier van Gauteng ook insluit!

Andre ·

Ek dink dit is werk skepping. Oral is spannetjies betogers seker n manier om die werkloses besig te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.