Betogers saai amok in Mpumalanga

Foto: Verskaf.

Die polisie in Mpumalanga het hul hande vol gehad toe woedende betogers onder meer die mall@emba, ʼn winkelsentrum in Embalenhle, aan die brand gesteek het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê dié protesaksie het laat Maandagaand begin.

“Meer as 150 is al in verband met die voorvalle in hegtenis geneem, maar die situasie is steeds baie gespanne,” het Hlathi Dinsdagaand gesê.

Lt.genl. Mondli Zuma, die provinsiale polisiekommissaris, het dié geweld ten sterkste veroordeel. Hy het die gemeenskap van Mpumalanga gewaarsku oor die vernietiging van eiendom en infrastruktuur tydens betogings.

“Dié waarskuwing kom nadat daar nie so lank terug nie drie skole deur gemeenskapslede aan die brand gesteek is; nou word dieselfde probleem by Embalenhle ervaar waar die gemeenskap verwoesting gesaai het en reuseskade aan eiendom en infrastruktuur veroorsaak het,” het Hlathi gesê.

Die skade word op miljoene rand beraam.

Die betogings het na bewering gehandel oor dienslewering en daarna oor die vrylating van persone wat tydens daardie betogings in hegtenis geneem is.

Betogers het glo ʼn poskantoor, ʼn vulstasie, ʼn kitsbank by die vulstasie en ʼn plaaslike winkelsentrum verbrand. Die winkels van dié winkelsentrum is eers geplunder.

ʼn Vragmotor en ʼn sedanvoertuig is ook aan die brand gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Nie-betogertjie Krimpvarkietjie ·

En wie is die poppemeester(s) van die betogers en wat is die poppemeester(s) se ware motiewe en strategie? En welke poppemeester wil uiteindeik die bevelvoerder en president van die volgende Suid-Afrikaanse Animal Farm wees? Oor en uit tot die volgende betoging.

Johanna Botha ·

N spieel van presies hoe die hele land lyk …n gemors !

Koos ·

Waar is hierdie hool genaamd Emba-iets? Kan dit nou Embers Mall herdoop…

**anoniem** ·

@Koos, Embalenhle is in Evander / Secunda se wêreld.

Sus ·

Eish…..nou waar moet hulle nou shop?…..eish, dis nou ‘n probleem. ??

Sê-maar-net ·

Wat gaan in jou dop aan as jy vandag vernietig, juis dit wat jy more gaan nodig kry??

Jordaan ·

Jy ken mos die storie van die manne wat staan en wag vir die trein of bus wat hulle gister uitgebrand het ….

Danie ·

Ja nee kyk hoop hulle herstel nie eers die skade nie en dis net ń handjie vol wat nie regtig baie mooi dink nie…

Anoniem ·

Wat gaan van die moie land oorbly aas dit elke dag so verwoes en geplunder word

Thinus ·

Jammer aan die eienaars wat skade gelei het, ek hoop julle het almal SASRIA versekering. Die ware kleure van die Reenboog Nasie skyn nou deur – pure Afrika.
(Dit sou interressant wees om van SASRIA te hoor hoe lyk hul eise geskiedenis deesdae)

Jan ·

Hulle het klaar gevat wat hulle wil he. Dan brand hul af. So hulle het nie nodig om te koop nie.genoeg goed vir paar maande se voorraad.

I smit ·

Eish Mercedes Benz bele in SA!!!!Duidelik weet hulle nie wat aangaan nie!!!!!

eric ·

natuurlik sal hul bele anc kry aandele en waarborg mercedes dat hul veilg sal wees in land

Dalene Nel ·

Wil net graag se..waarom alles in land afbrand en verniel…en tog neem hul 100de in hegtenis met bewus dat tronke oorvol is!Waar is ons President hkm maak hul nie net seker dis mense met geldige S.A. Identifikasie wat grond en huise soek nie…as ander imigrante ens verwyder word is ek seker dat daar plek vir almal is!! Die proses gaan hom keer op keet herhaal…hul plak dan begin hul weer toi toi vir riool krag ens dit gaan net aanhou en aanhou…hou net op asb om die land te verwoes dis almal sin hoekom dit vernietig!!!! Asb hkm doen iemand nie iets die mooie land rommel status….ek wonder net of 10% v d wat so vandalisme en moord pleeg besef wat “Rommel” beteken!!!!

Elsa ·

Hulle wil nie die land laat vooruit gaan nie. Hulle het niks om te verloor nie , want hulle het niks. Die wat gevang word , kom weer uit want anders strike hulle weer. So gaan dit aan en aan………. Soek alles verniet soos elektriesiteit en water grond opleiding ensv….
Hulle sal nooit tevrede wees nie.

Hendrik ·

Ek neem aan dat al die mense wat in die sentrum gewerk het is seker nou werkloos is.

Erika ·

Nou brand en plunder jy die winkels waar jy kos en klere koop. Watse punt wil jy bewys? om jouself so in die voet te skiet. Een persoon begin en dan ruk almal handuit en volg daardie een se voorbeeld. Miljoene rand se skade en oja dan is daar nog hoeveel mense sonder ‘n inkomste na hulle probeer om ‘n punt te bewys.

Erika ·

Nou brand en plunder jy die winkels waar jy kos en klere koop. Watse punt wil jy bewys? om jouself so in die voet te skiet. Een persoon begin en dan ruk almal handuit en volg daardie een se voorbeeld. Miljoene rand se skade en oja dan is daar nog hoeveel mense sonder ‘n inkomste na hulle probeer om ‘n punt te bewys. Dit is ‘n mall in die woongebied waar hulle bly. Nie in Secunda nie.

Johan ·

Ek dink die misdadige element en mense wat verveeld is, soek buit en opwinding. Diewe, brandstigters en ongedissiplineerdes. Daar sal altyd klagtes wees wat as flou verskonings gebruik word om so op te tree. In die proses word ons land se ekonomie vernietig. Vir regdenkendes maak dit nie sin nie. Miskien moet die wette verskerp word en swaar strawwe opgelê word. Om ekstra tronke te bou gaan goedkoper wees as die skade wat nou aangerig word.

Tryna ·

Sjoe dit lyk vreeslik daar… staan en kyk vanoggend hoe die branders opbou en opswel tot groter golwe en dan breek. Laat my dink aan hierdie golf van verwoesting en verrotting wat klein begin, soos hier, maar weldra sal groei tot ‘n allemintige golf wat alle malls, supermarkte, besighede, winkels tot stukkies dryfhout sal reduseer in ‘n see van chaos.

IK ·

eMba is enkele km’s van Evander op die Standertonpad en sowat 15/20km vanaf Secunda. Sluit dus maar die winkels in eMbalenhle (korrekte spelling met klein ‘e’ en hoofletter ‘M’).

GM ·

Dis eintlik so eenvoudig. Hou op om als te herbou wat hulle afbrand. Laat die gemeenskap dit self weer opbou, met hul eie geld. Dan eers sal almal begin opstaan teen al die belhamels. En die wat skole afbrand se kinders moenie toegelaat word om na ‘n ander skool toe te gaan nie, hul ouers moet begin besef dat hul met hul kinders se toekoms mors. Dit kom vir my voor asof die mense so met niks wil aanhou leef. En dan word apartheid altyd blameer. Ha.

LV ·

Dis goed om te se SAPD het 150 in hegtenis geneem,maar het hulle die vermoe om hulle suksesvol deur hofproses te sit? Ek twyfel baie sterk.Ek het baie lanklaas van sodanige skuldigbevinding gelees.Die kriminele weet van die polisie se onvermoe en onbekwaamheid en buit dit absoluut uit.

SAnik(s) ·

Hierdie is inoefeninge vir ernstiger anargie wat gaan volg. Hou dop hoe dit al nader en nader beweeg na die rustiger woonbuurte. Pasop!

liz ·

Dis reg, mooi so! Sloop dit net geen geld meer vir renovations nie,kom ons kyk hoe kom hulle reg!!!

Peet J ·

Hierdie opstande is ‘n voorsmakie van wat kan of sal gebeur wanneer die grondgrypers in volle swang gaan optree nadat die Grondwet deur die regering gewysig en goedgekeur is.
Die tyd is vinnig besig om uit te loop.

Tiger ·

Ek hoop van harte die winkels wat afgebrand is word NIE herbou nie.Laat daai kriminele maar taxi geld uithaal om in ‘n ander gebied kos te koop – as hulle geld het bygese.Ek het GEEN simpatie met daai gebied se bewoners nie.

chrisjan ·

Die anc se president sal moet wakker skrik met ‘n moewiese spoed!Hy was grootbek aan die begin maar is nou vas aan die slaap.Hy weet nie eers sy land brand nie.Maar nou ja hy is deel van die spul, wat kan mens anders verwag?

Tammy ·

GM ek stem volkome saam met jou. Daar moet onmiddelik opgehou word om hierdie vandale te pamperlang. As hulle n skool afbrand mag daardie kinders nie in n ander omgewing toegelaat word om te leer nie. As die winkels en nodige infrastruktuur vernietig word, waarom maar waarom dit weer vir hulle herbou. Hulle wou dit in die eerste plek nie daar he nie….daarom is dit geplunder en afgebrand.

Linda ·

Winkels word geplunder, omdat hierdie mense als verniet wil he, en word dan daarna afgebrand. Hulle het nie die vermoe en die visie om vorentoe te dink, waar hulle nou kos ens kan gaan koop.

christa ·

moet alles voor die nuwe regering se deur gele word. Niks snaaks, ons hele land lyk so. Dis nie betogers nie dis plunderaars

Ben ·

Stem saam met jou Christa. Hierdie het niks met betogers te doen nie. Dit is kriminele met ‘n terroriste regering agter hulle. Die enigste wat hierdie Anargie gaan stop is soos die Chinese in 1989 gemaak het. Indien CR niks hieraan doen nie moet hy en die ANC en JM, persoonlik finansieel verantwoordelik gehou word. Dit is tyd dat versekering maatskapy ook hulle voet begin neersit. Dit het nou te ver gegaan! Waar gaan dit stop?

Antjie ·

Hoekom kom hulle hieroor weg? Hoekom kan die wat oorbly afbrand oor die ander in die tronk en hoop dit gaan hulle saak help? Dis tyd dat die wat nié so dink nie gevra word om weg te trek. En filantrope om hul steun álles te staak. Dan kan mens die weermag inspan om ál die malles binne te hou, sonder énige dienste. Die Embers… Dís nou watse diens húlle verdien!

humor ·

Onwetend dompel hulle hulself al dieper in die ellende. Geen toekomsvisie nie. Ek voorspel nie meer baie jare nie dwaal die hele spul die hele Afrika vol op soek na kos en lewe want die sjinese gaan n harde baas wees.

Hannatjie ·

Ek kan net nie verstaan hoekom die Polisie nie die mense betyds keer nie, eerder as om hulle na die tyd te vang?

George ·

Hannatjie, die polisie “MONITOR” mos die situasie. Dit is mos nou die SAMS, nie meer SAPS nie! :-(

george ·

Enigste manier om te leer is laat alles in die toestand wat afgebrand het soos dit is. Persoonlik dink ek ‘n paar raakskote sal beslis help!

1+1 ·

Ons moet onthou waarom die ANC in 1994 aan bewind gekom het. Die hulle het op die vlakke van ongeletterdheid gereken. Die leuen wat die verkondig het oor wat hulle alles sal doen as hulle aan bewind kom was aan die orde van die dag. Die EFF is presies met dieselfde strategie besig. Ek glo en hoop dat mense nie weer met ‘n ander “slapriem” gevang sal word nie. Die riem van “anargie” en “rewolusie” . “Die vlakke van ongeletterdheid het seker darem al verbeter sedert sedert 994.

anoniem ·

eMBALENHLE – The township has been under siege by angry residents since late Sunday afternoon, 24 June, with no vehicles or people moving in or out.

All the main roads towards eMbalenhle have been barricaded by stones and burning tyres, and some protestors even erected a shack in the middle of the entrance road near Welamlambo section.

Several non-protestors were dragged from their homes on Monday morning, 25 June and forced to participate in the strike action.Many foreign shopkeepers packed up shop early on Sunday out of fear of being attacked.

The police arrested 34 people for public unrest and another one for looting during the morning.

Looters tore into an ATM and looted the shop and office of EM Motors and the Lewis Furniture storeroom where they stole every possible office appliance, including wall sockets, as well as furniture.

Mr Hassan Mohamed of EM Motors said he was lucky to be alive as the mob was very aggressive and arrogant.

They then tried to storm the Mall@eMba and some shops were allegedly looted.

Also read: Protesters burn down Mall@eMba

The situation was extremely tense at time of going to press on Monday afternoon.

Const Busi Mthethwa, the police spokesman, said the situation was very tense and urged motorists not to take chances.

She said the police would continue to monitor the situation.

LV ·

Ek is so keelvol om elke keer te hoor die polisie monitor die situasie,wat beteken dit? Doen net jul verdomde werk,nie eens die kriminele het respek vir julle nie,wat nog te se ons as die publiek.

tamboti ·

Baie mooi demokrasie in die hande van die meerderheid, doen so voort!

Bekommerde ·

Ons moet ons land opbou sodat almal gelyke kanse kan kry ……………………….
Ek kry die kinders so jammer – wat word daar vir hulle geleer – wat gaan daar vir hulle nagelaat word.
Dankie dat daar ‘n Vader in die hemel is wat ons gewaarsku het wat kom – Hy is in beheer. Maak jou sake reg. Wees bedag op valse profete – ons weet almal wat kom – kom ons vertrou op God laat ons oog gevestig wees op Hom.

Maak 'n verskil ·

Ons weet almal wat kom? Ons spekuleer op die oomblik oor die toekoms van hierdie land, maar ons hoef nie stil te sit nie. Ons het nog die keuse om land uit te gaan of nie of om ‘n verskil hier te probeer maak. Daar is ‘n beter lewe (terwyl ons nog op hierdie aarde is) en dit is nie noodwendig in SA nie. Almal hoop so, maar almal is ook realisties. Ons kan bid, ja, maar ons moet ook alles van ons kant doen om die lewe vir onsself en ons kinders te verbeter. Dit help nie om op ‘n hopie te sit en te wag op die einde nie. Gaan aan met jou dagtaak en maak ‘n verskil daar waar jy is.

Werner ·

ANC wil noodtoestand afkondig en daarvoor het hulle anargie nodig sodat daar nie n verkiessing kan wees nie

Andre ·

Waar in Afrika is daar n sukses verhaal ? Politiek, misdaad is dieselfde woord.

LVH ·

Nou verdien die Polisie ‘n medalje vir die inhegtenisname van die vandale??? Hoekom kan hulle sulke vandalisme nie keer nie? En wat nou volgende? Gaan die vandale oor 2 weke weer begin toi-toi omdat hulle so graag ‘n mall wil he?

150 ·

Nee, hulle gaan oor twee weke weer met hulle nonsens begin om hul stemme dik te maak oor die 150 mense wat in hegtenis geneem is vir die nuutste gemors.

Mich ·

Poskantoor aldaar ook afgebrand.
Wat gaan hul volgende afbrand as hul nie hul Sassa-toelae kan onttrek nie?

Casper Labuschagne ·

Gaan soek op YouTube na ‘n uurlange dokumentêre program getiteld Farmlands. Kyk daarna en dink aan hierdie verwoesting in Mpumalanga.

lizzie ·

Hulle soek mos grond, gee nou die afgebrande geboue vir hul, dan het hul sommer grond ook!! Onteiening sonder vergoeding!!

Magaretha van heerden ·

Ek het nie koek of clue waar die plekke is nie Wat is die ou name?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.