Betogers sak toe op Laerskool Schweizer-Reneke

Die foto waaroor die herrie woed en waarop gesien kan word hoe gr. R’s blykbaar volgens hul ras geskei is. Foto: Twitter

Die Laerskool Schweizer-Reneke is Donderdagoggend dringend ontruim toe sowat 150 betogers uit die plaaslike gemeenskap op die skool toegesak het om hul misnoeë te kenne te gee oor ʼn beweerde rassistiese foto wat by dié skool geneem is.

Die betogers het omstreeks 09:30 die skoolperseel betree, waarna besluit is om die skool ter wille van die leerders se veiligheid te verdaag. Volgens ʼn ooggetuie het die betogers, wat op tussen 100 en 200 geskat word, omstreeks 10:30 vreedsaam op die terrein getoi-toi. Sommige ouers het glo ’n heining gebreek om hul kinders te verwyder.

Die protesoptrede volg nadat die ma van ʼn gr. R-leerder aan die skool woedend gereageer nadat die kind se klasonderwyseres ʼn foto op die skool se WhatsApp-groep gedeel het. Daarop kan gesien word hoe 18 oënskynlik wit leerders bymekaar sit aan tafeltjies wat teen mekaar geskuif is, terwyl vier oënskynlik swart leerders op hul eie agter in die klas aan twee ander tafels sit.

Sello Lehari, Noordwes se LUR vir onderwys en sportontwikkeling, was Donderdagoggend tydens die betoging in ʼn vergadering met die skoolhoof, Alwyn Henning. Lehari het vroeër sy “skok en teleurstelling” oor die foto uitgespreek.

“Namens die departement wil ek die bewerings van rassisme in ons skole wat strydig is met die Grondwet van ons land, ten sterkste veroordeel,” sê Lehari. “Ingevolge die Grondwet… mag daar nie op grond van ras gediskrimineer word nie.”

Hy sou na verwagting die skare betogers toespreek sodra hy klaar met die hoof vergader het.

Die laerskool het vroeër onderneem om ʼn verklaring oor die voorval uit te reik, maar het ten tyde van publikasie dit nog nie gedoen nie.

’n Ander ouer van ’n leerder in die betrokke gr. R-klas, wat vra om anoniem te bly, het intussen gesê die vier swart leerders is eers gisteroggend aan die skool ingeskryf. “Daar moes toe vinnig ’n plek vir hulle gemaak word. Die kinders is later gister [Woensdag] wel herverdeel om almal hul regte plek te gee.”

Sy sê intussen dit was vanoggend “nag” by die skool toe hulle hul kinders moes gaan haal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Peter ·

Kon dit n myl ver sien kom het! Ek sou nou die “ma” bietjie vasvat dat sy foto neem en deel van my minderjarige kind, sonder my wete of toestemming.

Madelein ·

Rikus, waar kinders betrokke is msg jy nie fotos op die Internet plaas sonder ‘n ouer se toestemming. Inteendel moet ons as ouers by my kind se skool toestemming gee om fotos te plaas van ons kinders op Facebook. Dit was baie onverantwoordelik van hierdie persoon.

Ronel ·

Ek hoop saai ma wat die gemors veroorsaak het voel nou goed!!!!! Ek verstaan nie hoekom het sy dit nie eers met die onderwyseres gaan uitklaar nie. Mag daar nog foto’s uitkom wat die volle waarheid uitbring!!!

Santjie ·

As ek die berig reg lees, het die onderwyseres die foto geplaas…. ?

Jean ·

Ag regtig …jinne…ai siestog…Hoe verskriklik….Wat n skande …regtig….

Johan ·

Ek hoop die betrokke onderwyser gan gee Engels in China, waar jy R60 000 n maand kry, behuising en kos ingesluit… (Maak net seker jy kry jou VISA is reg!) i.p.v hier sit vir R15 000 en dan as jy die kinders wat laat inskryf by die selfde tafel sit, want jy het klaar jou tafels uitgelê, word jy met geweld gedreig

Nettie ·

@Santjie, ja – die onderwyseres het die oorspronklike foto geplaas, maar die rassistiese, swart ma het die storm in ‘n teekoppie veroorsaak toe sy “woedend” daarop gereageer het en dit ge”share” het.

MissDemeanor ·

Daai kinders se lyfies is klein, die juf kon hul tussen hul maatjies laat sit het, selfs al is hul eers laat ingeskryf. Die juf was stompsinnig. As daar n nuwe kind/kinders by n skool aankom, moet hul nie eenkant hou nie, doen moeite om hul te laat inskakel van die begin af. Sy kon hul tafels gesit het by die groot tafel in die middel. Die verskoning oor hul taal is ook nonsens. Die beste manier vir hul om Afrikaans te leer, is om hul tussen die Afrikaanse kinders te laat sit.

Varkie ·

Ek ken n hele paar wat skool gee, laerskool, creche’s ens en nie een van hulle is dom genoeg om so iets te doen nie, ek persoonlik dink dis n misverstand, die vier kinders het dalk vriende gemaak buite en gedink om saa mte sit siende dat hul dieselfde taal praat, maar het eerste of laaste ingestap om plek daar te kry.. die een wat die foto geneem het moes dalk net dink voor sy dit geplaas het.. ek was tot en met onlangs op universiteit en die verskillende rasse in klasse het bymekaar gesit, maar ons was almal vriende met mekaar, jy sit mos by jou vriende en taalgenote nie waar nie

Die waarheid ·

Die klas plasing is verkeerd hoe ook al ons dit wou ontken. Die skool het geen voet om op te staan nie en moet maar die onderwyseres afdank want sulke foute kan ons duur te staan kom. Daar is geen sinvolle rede vir so klas plasing nie.

Paul ·

Dit het verlede jaar ook in ‘n ander skool gebeur, sal die mense dan nooit leer nie. My eerste reaksie gister was dat die onderwyser onmiddelik geskors moet word. Almal wat nie leer nie, moet voel, kry vir julle. Die EFF en die ANC ook die BLF moet hulle dan maar gas gee.

En weet julle was, dit als is net nog olie op die LUR van Gauteng, Panyaza Lesufi, se vuur.

tamboti ·

Waarheid is dit rerig so erg om afdanking te vereis? Die kinders is nie aangerand, gemolesteer of beroof of so iets nie. Julle mense is rerig baie partydig en oorreageer verskriklik.
Slegs ‘n skriftelike waarskuwing na die regstelling van die probleem sou alreeds straf genoeg wees.
Nou die groot vraag: WAT VAN DIE KINDERS SE KONSTITIONELE REG OM TE ASSOSiEER MET WIE HUL VERKIES sonder om gedwing of geviktimiseer te word????
En ek bedoel beide van die rasse / tale in hierdie geval!

Charms ·

Die onderwyseres het haar self in die voet geskiet. Ek dink die feit dat van die ouers dankie dankie se, hulle ook tevrede is net die skeiding van die kinders. Nou moet sy n prys betaal, omdat sy haar self aan die media verkoop het.

sê maar net ·

@die waarheid. Daar was ander foto’s OOK op die Whatsapp groep van die ouers gedeel. Sekeres gooi altyd klippe sonder om die werklike feite na te gaan.

Ogies ·

Mense, julle kan nie eers behoorlik lees nie maar jul wil klippe gooi! Die juffrou het die foto geneem en gedeel nie ‘n ouer nie!

Jacqueline ·

Die juffrou bet die foto op n geslote whatsup groep gesit wat vir slegs die ouers bedoel was. En toe het n woedende ma dit op facebook gaan deel. Groot verskil!!!

Broempie ·

“Daar mag nie op ras gediskrimineer word nie – volgens weg” – maar tog is dit al wat die swart-volk in leiers posisies doen as dit by enige vorm van aanstellings kom, of selfs net bevorderings.. Te lekker.. Hulle kan doen wat hulle wil, maar wit mense mag tog net nie eers ‘n voetjie verkeerd neersit nie (en ek glo nie eers die klas verdeling was so met opset gedoen nie!). Ek skaam my dood vir die land.

anni ·

Stem volkome saam, is asof di blankes hul skaar by ANC, EFF optredes

Koos de Meyer. ·

Die waarheid, as jy na die ander foto’s kyk sal jy sien ander kinders sit by dieselfde tafel waar die blanke kinders sit. As jy nie daar was nie, moenie kommentaar lewer nie. Propaganda dis al wat dit is.

Tina ·

Die staat sukkel darem om sogenaamde rassistiese optredes te vind! Die hele Suid-Afrika se LUR’e en Ministers gaan nou op Schweizer-Reneke toesak, want daar is geen ander plek om op toe te sak nie!!!

ANNA ·

WERKLIK Ñ “KLEINLIKE” LAGWEKKENDE BETREURENSWAARDIGE situasie

Rita ·

Dis altyd so sad as mense alles sien as ‘n rasse ding. Glo nie dis regtig wat daar gebeur het nie. Wit of swart tel nie. Dis almal kinders wat 1 klas deel en hulle moet ook soos 1 voel. Ek dink die juffrou van die klas moet sê wat daar aan gegaan het. Dalk sal ons beter verstaan.

BAREND ·

skryf julle kinders in by die B.C.V.O Skole in vergeet van die staatskole .Dan sal daar geen rasse probleme wees nie .Ons kinders hoort nie saam met hulle nie ,nog nerens het in die wereld het dit gewerk nie .

Nettie ·

@BAREND – sjoe, niemand het nog soveel waarheid gepraat as jy oor hierdie onderwerp, op hierdie forum nie. Ons kinders hoort nie saam met hulle nie. Dis oor en oor en oor bewys, in die verlede en tans en sal nog wéér oor en oor en oor bewys word in die toekoms. Daar is iets soos ‘n superieur-ras …. en dit is nie hulle nie.

Skokkend ·

Julle kommentaar is absoluut skokkend. Barend, Anna, Hannes en Nettie, ek voel jammer vir julle, julle kinders en julle klein kinders.

Ek kan nie glo dat daar nog mense soos julle is nie.

Stier ·

Stem saam. Waarom word kinders gedwing om te mens? Net soos volwassenes. het kinders ook voorkeure met wie hulle wil menfof nie.

Cc ·

Liewe Barend, Anna, Hannes en Nettie

Liewe krisis.

1. Gaan Amerika toe en raak deel van die KKK. Ek kry skaam om myself ‘n blanke Afrikaner te noem met sulke kommentaar.
2. As ‘n volwassene wat self deur ‘n BCVO skool is, my hele laerskool loopbaan deur: Die opset van die skool en gesindheid van die betrokke persone veroorsaak Kalvinistiese indoktrinasie, wat gepaardgaan met “white superiority” propaganda soos hier bo gesien, wat oningeligde en rassistiese kinders kweek. Ek het elke oomblik van daai skool gehaat, en is bitter dankbaar dat ek die verstand op 13 jarige ouderdom gehad het om te sê ek wil graag na ‘n ander skool toe gaan. Al waarvoor ek dankbaar was was die onderrig i.t.v. boeke kennis en taalonderbou wat ek daar ontvang het, sonder twyfel is die kurrikulum en aanbieding daarvan van baie hoë gehalte.

MissDemeanor ·

As 18 kinders op een tafel sit en 4 op n amder, dan kon hul maar eerder die tafels bymekaar gesit het.

LD ·

Dis omdat hulle altyd alles op 99 wil doen! Geen vooruit beplanning nie, net soos die regering! Tenminste was hulle in n klas en moes nie buite in die warm son sit en wag vir n plekkie nie! As mens net die nabye foto van daardie eenkant tafel kon sien, sou ons sien of daar naam plakkers op was soos op die ander tafels. As daar is, was dit verkeerd van die onderwyser, as nie, dan is dit duidelik dat daar inderhaas vir hulle n sitplekkie gekry moes word!

Andre ·

Dit is nou jammer dat so iets uit verband geruk word maar wanneer geld die grondwet reel dat daar nie teen ras gediskrimineer mag word nie is dit net sekere uitsonderinge wat dit “moet” gebeur

Anoniem ·

Volgens ‘n Afrikaanse koerant, het die swart leerders eers later ingeskryf en dat hulle vir die oomblik daar geplaas is totdat die klas her-ingedeel kon word. Indien dit wel so is, is die antwoord dus aanvaarbaar. Dis dus ‘n geval van verkeerde tyd, verkeerde plek. Dis nie nodig om alles aan die rasseklok te hang nie. As die swart kinders oormôre nog afsondelik gesit het, ja dan het hulle rede om te kla, maar die skool sal vir seker wys genoeg wees om dit nie te doen nie. Swartes is in die algemeen te geneig om met alles op die rassekar te klim.

MissDemeanor ·

Manie, dit maak nie saak nie. Die kinders kon tussen die ander kinders sit en wag terwyl die administrasie afgehandel word.

Francois ·

Ek persoonlik dink die voorval word totaal uitverband geruk om politieke punte te wen. Ons het vir 5 jaar die skool besoek met die Trap van Bybels en ek kon glad nie ‘n verdeeltheid onder die kinders sien nie. Dit is tyd dat daar ‘n brug gebou moet word en daar oor gekom moet word. een van die skole waar daar nog dissipliene is.

Johann cb ·

Ek glo dat die betrokke leerkrag ‘n sinvolle en logiese verduideliking sal verskaf! Kom ons wag daarvoor, voordat alles verder buite verband geruk word! Sterkte aan alle skole, leerders en leerkragte vir 2019!

Juffrou ·

STEM SAAM! Ek dink baie mooi na oor waar ek watter kind laat sit in my klas; met goeie opvoedkundige redes waarin rassisme absoluut geen rol speel nie. As daardie kinders eers laat ingeskryf is, sál hulle mos vir die oomblik net tydelik êrens (agter) geakkomodeer word tot na skool wanneer die juffrou tyd het om mooi te besin oor wie se plek waar moet wees. Ag nee, betogers, word tog groot! Vertrou die mense wat hulle lewens gee om jou kindjie op te voed…

Wonder maar net ·

Pas die Grondwet asb so letterlik ORALS toe, dan kan daar dalk ‘n bietjie orde in die land kom… wette geld vir die Burgers van Suid Afrika

SlowJoe ·

Ja, ek is ook op FB en het Whatsapp. Maar regtig, mense sit alles wat hulle eet, drink, doen en kyk ens op sosiale media. Dit is waar 99,9% van al ons probleme in Die land begin. Hou op om jou lewe te verkondig op sosiale media, dit is privaat. Verder, maak seker van die vriende op jou sosiale media, baie behoort nie jou vriende of vriende se vriende te wees nie.

Hannelie ·

Ag weet julle, ek is so moeg vir hierdie simpel rassekaart wat altyd voor almal se neuse geswaai word! Wat weet ‘n kind in Gr 1 van ras? Dis net nog ‘n maatjie! Die juffrou is in die diepkant gegooi met laaste minuut inskrywings en sy het darem op dag een moeite gedoen om vir die laatkommers ‘n plekkie te kry. Sy sou mos op dag twee die klas ge-herrangskik het om vir almal plek te maak! Sy het seker die foto geneem uit trots en nie om chaos te veroorsaak nie? As mense tog net vir hulself kan dink en nie altyd net modder gooi en ras in dinge inbring nie. Kan almal nie net in vrede saamleef nie?

1+1 ·

Daar is nou soveel werkloses in SA dat mense krap waar dit nie jeuk nie. Een van die mooi dae gaan ons ook vir die werkloosheid beskuldig word. Die woorde kleinlikheid en kwaadwilligheid bestaan in ons taal se woordeskat. Van die ander tale weet ek nie.

Verkiesing ·

Ek sou nie probeer om hierdie situasie te verstaan nie. Dit is verkiesingsjaar en ons weet dat politiek nie gaan oor feite nie. Die raskaart sal gespeel word solank dit moontlik is, en vir eie gewin. Daar’s niks dieper te verstane nie, die skade is klaar gedoen as jy kyk na die reaksies voor n’ verduideliking. Dit pas so in die ANC en EFF en BLF ens. se toekomsplanne. Hulle sal die golf ry solank moontlik. Dit gaan nie oor of dit n’ misverstand is nie.

B-man ·

Is die kinders onderrig geweier? Nee
Is die kinders deur die skool geweier? Nee
Is die kinders uit die die klas geweier? Nee
Waar stem dit ooreen met apartheid, toe die bogenoemde nog toegepas was oor swart mense?

Privaatskool ·

Ek hoop die juffrou kry ‘n beter pos by ‘n privaatskool.

Rene ·

met die klem op PRIVAAT—Nee dankie, ek soek nie n onnie wat fotos van die my minderjarige kinders neem en rondstuur nie, sy het geen reg om dit te doen nie, en behoort vir daai rede alleen geskors te word.

Iemand ·

Privaat skole betaal baie swak, ek ken mense wat R3000 per maand kry. Dis baie beter om vir die staat te werk

Peach ·

Ek is jammer naar dit lyk vir ny verkeurd dis nie reg nie, die 4 kindertjies sit daar in die hoek voor die deur. Hulle lyk regtig uit die groep uit gesluit.

MissDemeanor ·

Ek stem saam jou Peach, jy is seler ook ‘n mamma, ‘n mamma wat besef hoe maklik dit is vir kindertjies om uitgeslote te voel. Dit maak nie saak of hul puers hul laat ingeskryf het nie, ook nie watter taal hul praat nie. Die situasie moet bekyk wprd vanaf die kinders se perspektief. Skole het n plig om kinders se emosionele welstand in ag te neem, dit is noodsaaklik vir hul opvoeding.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hierdie is nog niks. Wag tot jy op die hokkie-groepie is!!

asb tog ·

gaan kyk die regte foto op facebook se blad van Afriforum. die kinders “rotate” deer die dag om almal meer maats te maak.

Karl ·

En hoe verduidelik jy die name wat op die tafel vasgeplak is? Die ander fotos is geneem vir damage control.

Gatvol ·

Verbeel jou nou die kinders het by mekaar gesit omdat hulle maats is… dan skuif die juffrou hulle en een van hulle kla by ‘n ouer omdat hulle nie mag by hulle maats sit nie… dan lees die opskrif “racist shool won’t allow black children to sit together ”

Damned if you do, damned if you dont

blomkind ·

Gatvol, ek stem 100 saam jou!! hulle wil he die rasisme moet “stop” maar dis al wat hulle raak sien want vir hulle is dit ‘n kaart wat hulle nie sommer gaan laat gaan nie.

so mooi Land, maar hier sal ek nie ‘n kind in bring nie!

Amanda ·

Gee die SA Onderwys departement hulle eie persoonlike “Spur-oomblik”, verwyder jou kinders uit staatskole, ondersteun CVO skole of tuis onderrig. Hulle sal nie ophou nie totdat hulle ons uitgedryf het nie. Hoe gouer, hoe beter dat hulle sien hoe stort die skole een na die ander in duie wanneer ons hulle bluf roep! Ek weet almal is nie ryk nie en ek weet baie ouers werk maar die ding gaan kom soos ‘n trein in ‘n tonnel!

Moedeloos ·

Ai tog, daar was vanmiddag by my kinders se skool ook getoi-toi oor plek. Ons is n dubbel medium skool waar ek eerlikwaar nog nooit rassistiese neigings gesien het nie. Maar die regering het nie beplan vir skole nie en die geld in hul eie sakke gedruk. Nou wil hulle hê n arme juffrou moet probeer skoolgee vir 40 6jarige kinders in n klas sonder om mal te word of kinders wat n bietjie sukkel te kan help. Maar die ouers wil nie township skole toe gaan nie want hulle is ook bleikbaar vol. Ek hoor nou die dag mense betaal maar R400 n jaar vir skoolfonds by n township waar ons R1500 per maand betaal per kind. Gaan die wat so toi toi ook dit betaal of gaan my reeds knap begroting n groter skoolfonds rekening hê om te vergoed daarvoor??? Hierdie is belaglik!!!

Ore ·

Ai ai ai,wanneer gaan ons blankes leer om niks op sosiale media te sit waar swartes op is nie? Wanneer gaan ons blankes leer om enige interaksie met ons mede landsburgers te vermy?Hierdie alewige rasse gemors maak my siek.

raadop ·

Todat dieselfde ding me jou wit kind gebeur Jean, dan sing jy ‘n ander deuntjie… Dit is bloot nie reg om kinders te leer dat ons volgens ras opgedeel moet word nie… Ek verstaan nie hoekom sy verdedig word nie, waar is die liefde en die verdraagsaamheid in ons land heen, hulle is KLEIN KINDERTJIES!!! Gee ons kinders ‘n kans om mekaar te leer verstaan, ons generasie is dalk op die koffie maar die volgende generasie kan dalk in vrede saam leef as hulle reg geleer word van kleins af…

WAARHEID ·

As almal net die waarheid wil herken daar is nog fotos maar op daardie fotos is almal gemeng ,soos ek kon agter kom was daardie foto geneem toe dit pouse was en almal kon sit waar hulle wil die Juf het hulle nie so laat sit nie.

Kobus ·

Hulle mense wil altyd die ras kaart speel, ons het genoeg jammer gesê.

Aitoggie ·

Nou gaan die skool seker afgebrand word. Regtig??!! Mense kan n bohaai maak oor niks.

Mariaan ·

Kinders wat kwansuis agter in die hoek sit…sit eintlik heel voor by die deur…kyk mooi!! Maar in ander skole word kinders gemolesteer…verkrag en mishandel…en niemand roer nie…HIERDIE IS BELAGLIK..EN SKORS HAAR OOR SULKE SNERT…WERKLIK?

Lour ·

Sy verdien om geskors te word deur die feit dat sy minderjarige kinders afneem sonder toestemming en dit dan nog rond versprei. en dit gaan GLAD NIE oor WAAR hulle sit in die klas nie.

Binx ·

Mammas en pappas neem ook foto’s van hulle kleintjies se 1ste skooldag…met ander kinders in agtergrond…en plaas dit op sosiale media, voor sosiale media het mense foto albums deurgekyk en album is deur familie en vriende deurgekyk. So uhm….julle wat so vinger wys na juffrou…ieder en elkeen van julle is skuldig daaraan. ALMAL het al albums deurgeblaai. Waneer jy fotos op strand neem en daar is ander kinders op agtergrond, photoshop of blur jy hulle uit of word daai kinders ook op jou sosiale profiel gedeel? Dink voor jy oordeel!!

Jeremia ·

Een van die gewaarborgde metodes in Suid-Afrika om aandag te trek en groot resultate te behaal is presies hierdie metode wat met hierdie bepaalde skoolfoto gevolg is.
Die hoeveelste keer was dit nou al, hierdie soort foto + sosiale media + …. diep beswaarde ouer = GROOT resultate?
Hoop dat diegene wat hierdie onderwyseres moet ondersteun, in nie te lamsakkig om dit te doen nie.
Onthou: daar is baie vorme van verraad.

Jan Pierewiet ·

Ek sal geld daarop sit dat die juffrou die kinders apart by mekaar geplaas het omdat hulle mekaar se taal verstaan en dit vir hulle n veilige omgewing skep om nie elkeen alleen tussen wit kinders in gedruk te word nie.
Veral so op die eerste skool dag sou dit vir hulle mos baie lekker wees by hul eie mense. Onthou dis klein kindertjies…..hulle kan waarskynlik nog nie gied genoeg Afr of Engels praat om met die ander kinders te gesels nie!
Maar nouja, die ware rassiste sal maar aanhou vinger wys, dis n patesie beweging in elk geval wat in ons hele land aan die gang is van die mense, deur te dink jy kan iets goed vir jouself bewerkstellig deur die sukses van ander af te breek….maar dit gaan tot niks kom nie want die lewe werk nie so nie. Plunder maar voort julle patete, die waarheid sal seevier.

Oud Leerling ·

As die swart kinders laat ingeskryf is en geen Afrikaans kan praat soos wat daar beweer is, hoekom hulle nie eenkant hou, jy benadeel die kinders wat wel Afrikaans kan praat as jy hulle tussen die Afrikaans sprekendes indruk, omdat die nie-Afrikaans sprekendes ander aandag verg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.