Betogers sluit amptenare in munisipale gebou toe

Betogers by die munisipale gebou. Foto: Molaole Montsho / ANA

ʼn Groep betogers het Vrydag die munisipale gebou van die Madibeng-munisipaliteit in Brits in Noordwes gesluit en amptenare verhoed om dit te verlaat.

Die groep inwoners van Mothutlong, oos van Brits, het die deure van die gebou met kettings gesluit. Hulle beskuldig die munisipaliteit daarvan dat R18 miljoen, wat glo vir paaie in hul gebied begroot was, nou vir verbeteringe by die Oukasie-nedersetting aangewend word.

Die groep het voor die gebou betoog en later na die ingang van die ondergrondse parkering beweeg in ʼn poging om amptenare wat in die gebou vasgekeer is, te verhoed om uit hul kantore te kom.

Tumelo Tshabalala, munisipale woordvoerder, het gesê die munisipaliteit sal in ʼn latere stadium kommentaar lewer.

“Ons is onkant gevang. Ons het nie geweet hier gaan ʼn betoging wees nie. Die munisipale bestuur vergader om aan ʼn oplossing te werk,” het Tshabalala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hartseer ·

Snaaks hoe die betogers inligting bekom? Wonder net wie sit agter al die betogings en hoekom ons belasting betalers elke keer vir al die skade moet betaal. Wanneer gaan die betogers aan die pen ry en voel hoe ons voel?

Alida ·

Vra eerder wanneer gaan die Stadsrade aangevat word omdat daar nooit geld is om die dienste te lewer nie. Wat word van die geld en waarvoor word die “werkers” betaal? Seker om niks te doen nie.

Eish ·

Interressant…
Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ’n huis wat teen homself is, val.
LUKAS 11:17 AFR53
Bykans soos die siekte Lupus, waar die liggaam se immuunstelsel die liggaam aanval in plaas van vreemde virusse, peste en plae.

Chris ·

Dit is n snaakse verskynsel elke keer as Pres. CR in die buiteland gaan bedel vir donasie vlam die betogins op. Seker die derde of nou al die tiende mag waarvan die anc nog al die jare praat. Dit is baie duidelik dat iemand ager dit sit, maar die NI sien en weet niks .

Onbepaald ·

Die handjie belasting betalers betaal hulle dood aan belasting. Die nie belasting betaalers lag vir hulle want hulle is so benaadeel dat hulle als wat in hul pad kom mag vernietig. Die drie / vier party alliansie is so mag behep dat hulle nie omgee wat in die land aangaan nie solank as hulle sakke vol is. Ek hoop- Dudizane Zuma kry die swaarste straf denkbaar en dat dansende Zuma iets uit sy fonnis sal leer.

sweiz ·

Brits is verby die stadium van gered word totale verval en anargie is sy voorland en die paar wat hulle belasting betaal gaan dieselfde lot beleef.

Kerl ·

Kan bly wees hulle het nie toegesluit en toe aan die brand gesteek nie.

Alida ·

Ek het 30 jaar in Brits gewoon en wat ‘n pragtige plek was dit nie. Gasvrye mense skoon strate en wonderlike dienslewering van die munisipaliteit, geen misdaad. Ek is 1991 daar weg en kon my oe nie glo toe ek sien hoe vervalle en vuil die plek is nie. Daardie pragtige nuut geboude munisipale geboue is vervalle. Sies ek skaam my om te sê ek het eens daar gewoon. Dit is hoe die ANC dit wil hê. Los hulle dat hulle brand en verwoes dan is daar niks.

Neels ·

Alida dit is niks snaaks nie wys my n dorp of stad wat nie in n haglike toestand is nie. Of die ANC of DA of wie ook al regeer alles wat aan kolonialisme herhinner moet geplunder word en daar mag geen netheid en wet en orde wees nie. Die vlak van opvoeding laat dit nie toe nie, dit gaan net oor nou en wil he ongeag wat ook al

Alida ·

Neels ek weet al die kleindorpies is varkhokke en die paaie is onbegaanbaar. Mens kan nerens meer stop vir n koppie tee nie. Vieslik.

beetlejuice ·

Ons betaal deur ons nekke aan belasting in Hartbeespoort, dan moet ons jaarliks hoor dat ons ‘n nul begroting het vir ons gebied, terwyl miljoene elders in madibeng spandeer word, Betogers moenie so kla nie, ons sien nooit ‘n sent vd begroting nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.