Betogers steek ambulans aan die brand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ambulans is in Sunrise Park naby Rustenburg in Noordwes tydens ʼn betoging aan die brand gesteek.

“Ongeveer 200 mense van Dikhibidung- informele nedersetting het Woensdag die hoofpad in Sunrise Park versper met klippe en brandende bande en ander voorwerpe,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, Donderdag gesê. “Hulle het betoog oor ʼn gebrek aan werksgeleenthede.”

Die betogers het glo die ambulans voorgekeer en dit uiteindelik aan die brand gesteek. Die insittendes het ongedeerd kon vlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

“Die polisie hou die situasie dop. Geen voorval is Donderdag aangemeld nie,” het hy gesê.

Die inwoners het Sondag glo ook ʼn munisipale voertuig met klippe bestook en dit beskadig ná ʼn vergadering by die munisipaliteit se kantoor waar hulle nie konsensus kon bereik oor hul eise vir indiensneming by die plaaslike rioolaanleg nie.

Hulle het ook glo ʼn gebou, wat as ʼn kantoor gebruik is, naby die rioolaanleg afgebrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wella ·

Ag die goed wat net als afbrand as hulle nie hulle sin kry nie. Hulle gaan aanhou en aanhou totdat niks meer oor is om te brand nie. Barbaars as jy my vra.

Berhalet Beukes ·

Sluit die betogers toe! Hoe betoog jy in elk geval oor werksgeleenthede as jy vir ‘n onbevoegde regering stem? Dis wat hulle wou hê, dis wat hulle gekry het!

AmY ·

Hulle sal eers die dag op hou af brand as daar niks meer oor is om af te brand nie. Dan gaan SA lyk soos toe voor Oom Jan hier voet aan wal gesit het. Dan sal hulle seker eers weer ware geluk en vrede smaak.

ChrisK ·

Nee AmY, dan sal ons weer hoor dis apartheid se skuld dat hulle niks het nie!

ChrisK ·

Nee AmY, dan sal ons weer moet hoor dis apartheid se skuld dat hulle niks het nie!

Fanie ·

Dit is tyd dat hulle verplig word om vir al die skade te betaal wat hulle veroorsaak, hetsy met geld en of heropbou/herstel en gemeenskapsdiens. Die tronke is te vol en daar kry hulle in elk geval alles verniet. Daar word mos nie meer gewerk of geproduseer in die tronke. Die gewillige belastingbetaler moet betaal. Ons moet weier om belasting te betaal ook. En kostes deur hulle veroorsaak.

Dave ·

Fanie, die mense wat sê ons moet weier om belasting te betaal raak sonder uitsondering tjoep stil wanneer ek aanwysings vra oor hoe presies dit te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.