Betogers steek brandweerwa aan die brand

Die brandweerwa. Foto: @TrafficSA / Twitter

Die brandweerwa. Foto: @TrafficSA / Twitter

ʼn Brandweerwa is Woensdagaand deur ʼn groep inwoners van Soweto, suid van Johannesburg, aan die brand gesteek tydens ʼn betoging oor kragonderbrekings in die gebied.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het Donderdag gesê die brandweerwa het deur die gebied gery toe betogers van die nabygeleë Msimhlophe-hostel dit met klippe begin gooi het.

“Die brandweerwa is kort daarna aan die brand gesteek en het heeltemal uitgebrand,” het Mulaudzi gesê. “Een beampte is tydens die voorval beseer en moes na ʼn hospitaal geneem word.”

Inwoners van die hostel het vroeër die strate ingevaar om oor kragonderbrekings in die gebied te betoog.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die betogings het tot Donderdag in die vroeë oggendure voortgeduur.

“Die situasie is nou weer kalm, maar beamptes is in die gebied om die situasie dop te hou,” het hy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Eish! ·

En ons dorpie jet nie eens ‘n Brandweer nie. ‘n Paar maande terug het bure agter my se huis afgebrand en ons het hulp van boere gekry. Die wat het sal meer kry en die wat nie het nie …………………….sal afbrand

Ben ·

Dit skaad wel die ekonomie wat slegs ‘n handvol landsburgers aan die lewe hou. Hierdie mense verstaan net “Straf” vir onnosel goeters doen. Skakel nou Soweto se krag af vir ‘n maand en die “goeie” inwoners sal die boewe oorreed om in lyn te bly en nie belastingbetalersgeld te mors nie.

Pauline ·

Ek wonder waarom kan mense nie vreedsaam probleme oplos, aan die einde van dag moet die belasting betaler weer opdok vir uitgebrande brandweerwa en hoeveel van hul wat sulke skade verrig betaal belasting.Ek is swart burger.

Boesman ·

@Pauline
SA het meer mense nodig wat soos JY dink. En minder soos Zuma en Malema.

Deon ·

Hoekom dink julle is die SAUK dekodeerder nog nie in werking nie??? Dan moet hulle betaal daarvoor. Dan gaan hulle die SAUK afbrand en die ANC weet dit.

Elfie ·

Hemel tog! Dis nou soos om reg voor jou eie voordeur te bollie – jy GAAN mos in dit trap! Hoevele kere brand hul “shacks” nie af en dan moet die brandweer vinnig kom help, maar ja, vernietig en volgende keer kry jul nie hulp want dan IS daar nie brandweerwaens nie. Onnosel verby. BoereBikerBaby – nee jy sal dit nie doen nie, ons ouers het ons beter opgevoed en ons het nog nooit na daardie vlak gedaal nie!

Fanie Bosman ·

Die kultuur van verwoesting saai wat deur die reference party geskep is gedurende hulle ‘people’s war’ gaan generasies neem om te verander

Bruno Stef ·

Die spesifieke hostel was jare lank deur trek arbeiders bewoon en het n groot aandeel in die 1980 onluste gehad wat baie moorde tot gevolg gehad.Die krag konneksies is deur sommige inwoners self gedoen vanaf die bestaande stelsel wat n “DEATH TRAP” op sigself is en daarom ook die normale stelsel oorlaai. Geen mens is sy lewe seker wat dit binne die hostel sal inwaag nie

Charmaine ·

So as daar kragonderbrekings is by my huis gaan ek ook van nou af betoog, die spar afbrand en dan kla omdat ons nie ‘n winkel het nie

Winston ·

Juis net so. Boere moet self hulle plase afbrand en dan die parlement aan die brand steek omdat daar nie weiding is nie? Selfde ding

neelsie ·

Dis hoekom Afrika so sukkel…ALLES word” (op)ge-offer.”

pop ·

Kan glad nie die gevolge van hulle dade besef nie. Maar een van die dae woed daar brande en dan< dan betoog hulle oor daar nie brandweerwa is nie.

Hennie ·

Satan came to steal, kill and destroy . . . Wie dit navolg dra sy vrot gees.

J.Z ·

Die voormanne van die optreede moet aanspreeklik gehou word vir die skade.maar die slap regering sal eerder toelaat dat die skade van die belasting verhaal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.