Betogers steek vragmotors aan die brand

Die uitgebrande wrak van een van die vragmotors wat die N6 aan die brand gesteek is. Foto: SAPD

Oos-Kaapse polisie hou ʼn wakende oog oor die situasie op Stutterheim nadat betogers vroeg Woensdagoggend twee vragmotors op die N6 aan die brand gesteek het.

Kapt. Siphokazi Mawisa, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die brandstigters het bosse langs die pad ingevlug nadat die polisie van rubberkoeëls gebruik gemaak het om die skare uiteen te jaag.

Die nasionale pad is intussen vir alle voertuie oopgestel, het Mawisa aan Maroela Media gesê, nadat net kleiner voertuie vroeër daar verby kon kom omdat die wrakke van die uitgebrande voertuie nog verwyder moes word.

“Die situasie is nou weer onder beheer,” het sy gesê, “maar ons bly op die toneel om dit te monitor.”

Beamptes ondersoek ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging, maar teen laat Woensdagoggend is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Die onluste op Stutterheim het net langer as ʼn maand gelede begin toe inwoners van ʼn plaaslike township voor die munisipale gebou op die dorp teen werkloosheid betoog het. Kort daarna is etlike munisipale geboue afgebrand en ʼn vragmotor, ook op die N6, begin November uitgebrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Neutraal ·

Lyk of hierdie soort van optrede vir die betogers n groot grap geword het

Jampie ·

En NIEMAND word in hegtenis geneem nie en NIEMAND betaal hierdie mense se skade ooit uit nie .. ANARGIE in SA ..

Johan ·

Om at the brand en te vernietig weet hulle day dit vervang moet word,daardeur skep hulle vir hulle werk,die service delivery is net n rookskerm om te loot en koskaste vol te maak…dit sal Vir die res van tyd gebeur…

HPV ·

Kan mens Cyril glo?! Ek dink nie so nie. Dit is maklik om te sê beleggings stroom die land in, maar gee die feite, wie,wat,waar….

lewies ·

Kom ons kyk na die betekenis van ANARGIE, ANARGIS en ANARGISME volgens die HAT.

Anargie: “Toestand van regeringloosheid, volskae wanorde, waarin geen gesag erken word nie.
Anargis: “Voorstaander van anargisme”
Anargisme: “Regeringloosheid; onbegrensde vryheid vir die enkeling.

Geregtigheid ·

Buiteland kan nie in Suid AFRIKA bele indien misdaad en korrupsie wat die ANC nie wil stop nie. Te veel word daar gepraat en te min word gedoen omdat ANC nie weet HOE OM DIT WAT HULLE SE TE IMPLIMENTEER NIE.

christa ·

gaan doen julle self ‘n guns en gaan lees die Vryburger. Duitland sal nie hier bele onder hierdie omstandighede nie.

ZET ·

Dis nie beleggings wat die land instroom, dis onwettige immigrante wat hier kom teer en
brand en vernietig wat instroom!

ben ·

Hoe de ongeluk kan iemand teen werkloosheid betoof.
Ek verstaan dit nie. As jy te lui is om te werk, hoe de hel kan jy betoog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.