Betogers storm Absa-bank binne

Betogers buite 'n Absa-bank in die Durbanse sakesentrum. Foto: Twitter via @DuRRbanSA

Betogers buite ‘n Absa-bank in die Durbanse sakesentrum. Foto: Twitter via @DuRRbanSA

ʼn Paar honderd lede van die ANC-jeugliga het Donderdag buite die Absa-bank in Durban se sakesentrum betoog.

Talle van die betogers het die bank binnegestorm waar hulle gesing en gedans het, voordat hul toegang na die kitsbanke buite die bank versper het.

Die betoging volg op ʼn verslag van Busiswe Mkhwebane, die openbare beskermer, waarin voorlopig bevind is dat Absa onbehoorlik gebaat het uit staatshulp in die apartheidsera.

Die Mail & Guardian het vroeër berig dat die bank gedwing kan word om die R2,25 miljard staatshulp wat hulle in 1985 ontvang het, aan die Reserwebank terug te betaal as die voorgestelde regstellende stappe in die voorlopige verslag van die OB onveranderd bly.

Betogers buite 'n Absa-bank in die Durbanse sakesentrum. Foto: Twitter via @DuRRbanSA

Betogers buite ‘n Absa-bank in die Durbanse sakesentrum. Foto: Twitter via @DuRRbanSA

Betogers het Donderdag lede van die publiek verhoed om die bank in Anton Lembede-straat binne te gaan of die kitsbanke te gebruik. Daar was ʼn swaar polisieteenwoordigheid buite die bank terwyl die dansende betogers plakkate opgehou het wat onder meer gelui het, ““Corruption is corruption, no matter who is doing it” en “Boycott Absa”.

Die betogers het gesê die protesaksie vorm deel van hul eis dat Absa die geld terugbetaal wat van “ons mense gesteel is”.

Nadat ANC-jeugligaleiers hulle toegespreek het, is die betogers deur drie eThekwini Metro- munisipale busse opgelaai en weggeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Geesie ·

Hulle kan banke binne strom maar as jy net verkeerd verby n cash-in-transit van loop word j gestorm en gedreig om geskiet te word

Pop ·

Begin dan terugbetaal aan die geld wat die apartheidsregering in die tuislande laat instroom het. Lekker daar op julle jisse gesit terwyl ons moet werk om die tuislande te onderhou. Maar nooit sal mens daarvan iets hoor nie.

Fluffie ·

Ek wonder baie kere of mense en ek sluit parlementslede ook hierby in na die volle weergawe van die storie luister voordat hul reageer. Sou dink ‘n ordentlike instansie wie baie mense se belange op die hart dra moet eers in hierdie geval na ABSA gaan, hul mening inwin en indien hul nie daarmee tevrede is nie gesprekke met die ministers voer………………maar nee nou word een Absa tak ingestorm………en ek kan jou ‘n verseker van die personeel daar sal nie werklik weet waaroor dit eintlik gegaan het nie.

Jo Pearce ·

Soos julle se, die koffers is leeg gesteel, nou soek hulle op ander plekke om geld te steel. As hierdie ding wel gebeur het, is dit buite die ANC se tydperk gedoen, en hoort daar niks van te kom nie. Hoop ABSA het baie goeie prokureers~!! ek is so siek en sat van al hierdie betoogings ek wil opgooi!

Pop ·

En tussen hakies dit was toe die Republiek van SA en nie ANC beheerde derde wereld gaos nie. Ons witmense het mos vir daai geld gewerk en nie een van daai jeugliga mense nie. So wat het daai tyd se geld met die korupte spulletjie van nou te doen.

Jaco ·

Daai tyd se geld het baie met vandag se spulletjie te doen, dis omdat daar nou minder geld is in die staatskas wat die spul kan mors. Die ou regime het hopeloos te min bates nagelaat vir plunder, daar is mos baie van hul jy weet! :-)

Jaco ·

Snaaks dat dié wat nog nooit n groot bydrae gelewer het tot die belasting poel, so n groot ophef maak daarvan? En hoekom is die biljoene wat nou vermors word deur Zumpie nie n probleem nie, dalk suur druiwe want nou is daar minder om te plunder???

Marietjie ·

Die verpligte velde was aangedui soos versoek word, wat is julle problem met my?
Ek lees die mense se kommetaar en van dit moet nie eers gepubliseer word nie, so
kras is dit, en dan roem julle op die Christenskap.

H.A. ·

As hulle net iets kan hoor van geld dan hardloop hulle, ongeag wette en reëls. Geld en grond Vampiere so wragtig !

My tweesent bydrae ·

Ek sien een betoger dra n ANC t- hemp met n EFF beret . Ek was so n bietjie besig gistermiddag en het die nuus gemis . Het daar n koalisie plaasgevind ?

Cherokee ·

Soek bietjie verder en bes moontlik gaan jy n ander met ‘n DA-serp raaksien. Hulle streef immers almal na dieselfde doel.

Skerp ·

lmga …daardie was baie skerp. Shame dit is hoekom ek die mense so jammer kry wat aanspraak maak op die feit dat die ANC gaan verloor met die volgende verkiesing. Ek is 100% seker as hulle swak doen, gaan hulle in koalisie met die EFF. Hulle is voels van enerse vere, die EFF praat wat die ANC dink, maar die ANC moet internasionaal ‘n goeie voetjie voorsit, nou doen die EFF solank hulle vuilwerk. Hoekom het die ANC nie die EFF gewaarsku teen die voorgenome grondbesetting in April nie? Hulle voer net ANC opdragte uit . en gaan geen teenstand kry nie.

Karma ·

Het dieselfde gesien – het hy ‘n gesplete persoonlikheid of is hy ‘n draadsitter, wat nie kan besluit vir watter party hy steun nie? Of is dit ‘n kwessie van dat hy eers wil sien wie gee hom die meeste, dan sal hy besluit?

KP ·

En so sit die GUPTAS daar agter met JZ wat spring as hulle so se. PATETIES.

Johann ·

Hoe is dit moontlik dat die mense ongestraf met so iets wegkom? Waar is die polisie wat die bank en sy kliente moet beskerm? Dit voorspel niks goeds vir die arme land van ons nie. Die hele spul moes in hegtenis geneem gewees het. In enige normale land sou dit gebeur het. Ons is vinnig op ‘n afdraende pad en ek ys wat sal gebeur as die ANC eendag die mag in ‘n verkiesing verloor. Sal hulle dit vreedsaam aanvaar?

Jakalas ·

Is ek die eenigste een wat wonder of hierdie mense ooit ‘n werk het? ‘n Gewone mens wat 9:00 tot 17:00 werk het nie tyd om dit te doen nie.

Reg Jakalas ·

Hulle word ‘n fooitjie gegee om te betoog, het nie ander werk nie..Ek het self by ‘n regeringsinstansie gewerk waar hulle eendag getoyi toyi het oor verhogings .. 80% van die mense wat daar getoyi toyi het het ek in my hele lewe nog nooit gesien nie, ons het by die vensters uitgeloer en enkele werknemers geidentifiseer, die ander was almal ‘gehuur’, hulle het hulle op treinstasies gaan haal en met busse aangery .. dis hoe hulle hulle inkomste verdien. Daar is veral ‘n klomp belhamels wat die voorsingwerk en danswerk doen. .. die ander volg . en steeds vreemd ALMAL KEN DIE LIEDJIES – oud en jonk~!

SusN ·

Ja die Sous trein se geld raak op. Nou moet hul geld en verskonings soek om dit op een of ander manier dit tekry dat die trein aanhou loop. Gaan kry jul geld by Die SAL julle stop hulle Elke jaar in en so ook by Eskimo. En Ons moet betaal. Shame hulle moet desperaat wees. Hulle kan nie meer so aanhou Luuks lewe nie.

snoefie ·

ek ruik n …. Gupta. eis dat due bank op seker dae nie MAG oop maak nie. die sinnelose hebsugtige stomonnosselle eise kan net nie meer afgelag word nie. dreig om bankrekeninge toe te maak. ai tog. seker in elk geval net oortrokke vasiliteite en agterstallige lenings. DIT WAS APARTHEID- GELD. VIR N APARTHEID BANK. maar goed so vir absa met al hulle bbbee aanstellings en beleide.

Scalla ·

Die klomp narre was daardie tyd nog nie eers gebore nie. waar is die bank se sekuriteit en toegangsbeheer.

Incogniteo ·

Hulle is met busse aangery. Dit sal interessant wees om te weet wie vir hierdie aksie betaal en wat die eintlike motief agter dit is.

TDW ·

@incogniteo
Dis presies wat ek ook wonder. Wanneer ek sulke goed lees is my eerste gedagte ‘wat is hulle motief’
Mens moet onthou dat betogers iets belowe word as hulle gaan toi toi (gewoonlik kfc, partymaal net ‘n hemp)
Mens moet altyd die vraag vra HOEKOM DOEN HULLE DIT
Dis die verskuilde agendas wat mens moet uitsnuffel.

John ·

Kyk na tv-ann7 dis die beste weervoorspel-app in SA. Die wind waai steeds uit die ooste en donderstorms dreig veral waar die reserwebank en ander banke staan. Die weerlig word skynbaar deur goud, munte en note aangetrek. Aardverwarming het ook glo iets met die bloeddruk van politici te doen, beweer sekere ekonome. Sprake van insae in mense se bankrekeninge stoot die barometerlesings tot rekordhoogtes op. Diegene met ‘n voorliefde vir Oosterse geregte is veral sensitief vir sulke donderweeraanslae en oorstromings dreig deesdae op hul eiendomme weens die baie goudbeslag. Brandpoele moet hier veral in stand gehou word. Dit val glo buite die reels vir waterbeperkings. Die land se superbrandweerhoof, is glo oorgekwalifiseer vir sy amp en nou word daar na bewering deur opponente planne beraam om alle brandslange rondom sekere finansiele instellings te saboteer om hom ‘n lessie te leer veral nadat gerugte dit wil he dat sekere banke hul krane verseel het om watervermorsing te verhoed. Kliente se wasgoed kan bv nie op die persele gewas word nie en droogskoonmaak is taboe. Bygelowige beswaardes glo dit sal die voorvadergeeste baie, baie kwaad maak…

Johanna Botha ·

Betoog oor alles …werk vir n slag en bou op aan die land of studeer iets en verbeter jouself. Niks kom na jou op n silver skinkbord nie wel vir die meeste …daarvis die wat hulle self ryk steel in die anc

Dawith ·

As jy geld in ABSA het sal ek plan maak om dit vinnig vinnig daar uit te kry.
Absa gaan vou

JC ·

Haha, wat ‘n grap!! Pateties! Dawith, die “skurke” maak staat op mense soos jy en julle voorspelbare reaksie. NIEMAND GAAN ENIGE GELD ONTTREK NIE WANT HIERDIE IS “SMOKE ON THE WATER” en om eerlik te wees nie eers ‘n reaksie werd nie en om die waarheid te se het dit die POTENSIAAL om die ekonomie en bankwese, wat die laaste uitblinker en kern van stabiliteit is, te destabiliseer, wat presies is wat die kankers wil he. Hulle sal skynbaar nie tevrede wees totdat ALLES verniel is nie. AFRICAN BANK ONS SOEK OOK ONS GELD TERUG, WAT ‘N GRAP!!! Die skurke weet nie eers wat hulle nie weet nie!!
ABSA STAAN VAS ASB!! (ek self is nie ‘n “fan” van die bank nie, maar my liewe hemel, genoeg is genoeg!!)

Lee ·

Hulle is aandag soekers. Plaas hulle gaan werk nou maak hulle net amok!!!

VRA-MAAR-NET ·

“Ons mense gesteel is” wie is die ons mense, is dit die getroue belasting betalers se geld of die wie geen enkele sent daartoe bygedrae het nie.

hans ·

Ek kan sien hoekom ons leiers (voor voster)ons probeer beskerm het teen hulle.Daar was n goeie grondige inteligente rede .As ek my geskiedenis ondersoek dan raak die prentjie baie duidelik.

Hendrik ·

wonder wanneer sal dieselde gedoen word teen zuma en malema se staarskuld so-ook andere. nee wat nooit want mense dink mos almal veskillend. ai tog. POLITIEK????!!!!!!!

plaatsie ·

I’ve made up my mind. Don’t confuse me with the facts.

ABSA is skuldig ongeag die ware feite

Se maar net ·

Nie om snaaks te wees nie, maar ek sal my boude los skrik as ek die spulletjie voor my werks plek drom en by die deure in storm….

Pieter ·

Indien ons hierdie denkproses gaan volg tot die einde toe, dink ek dit is net reg dat die geld ook terugge-eis word by die SA Lugdiens, Eskom, die Poskantoor , SAUK en al die ander wat al “lifelines” ontvang het van die huidige regering af.
Fair is fair!

Afrikaner Donkie ·

My 5c – die OB is aangestel om bietjie die “lime light” van die president af te haal. Nou gaan soek hulle fout op goed wat 32 jaar terug gebeur het. FYI – meeste ANCYL lede is nie eers so oud nie. Plaas word daar gefokus op huidige korrupsie wat die 5 miljoen belasting betalers se geld mors. Die minority sorg mos vir die majority in die land. Nkandla, Guptas, etc – dit word onder die mat gevee en almal fokus op ABSA. Ek dink in 1985 was dit nog Volkskas, United en Trust Bank – nie ABSA nie. Dalk moet die OB sommer terwyl sy besig is sommer Paul Kruger ook ondersoek vir die goue munstukke wat nou nog op soek is……..

whatever ·

Kyk ek is nou al so gatvol vir die gemors waar kom die mense vandaan???? is hulle rerig so onnosel?????? kry n lewe bou n brug kom daaroor!!! dis genoeg om van te kots……ek gaan nie eens jammer se vir my taalgebruik nie. Puppets die lot van julle met nie een mieliepit vir n breinsel nie.

Connie ·

Lekker man, lekker man, Whatever. So bek kort jam. Sê hulle, sê hulle.

Petro ·

Wil seker die wittes weer bykom en mense se aandag aflei van die staatskaping. Het Zuma sy Nkandla geld terugbetaal soos die hof beveel het? Daar is nie pille vir domgeit nie.

Alida ·

Die spul dwase het seker gedink Absa gaan die kluis oopmaak en vir hulle geld gee?

Wouter ·

ABSA is klaar in die moeilikheid, vanoggend toe ek wou geld trek by ATM sê die ding vir my ” unsiffisiond funds”

Johann ·

Ons moet mooi pasop wat ons sê, alles word mos gedraai om dan kwansuis rassisties te wees. Al wat ons wel met oorgawe kan sê is dat ons land reeds oor die wal is. Ons moet nog net neerval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.