Betogers takel Jhb-vulstasie; pad gesluit

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gedeelte van Beyers Naudérylaan in Johannesburg is vir motoriste gesluit weens ʼn gewelddadige betoging wat sedert Dinsdagaand in die gebied voorkom.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê inwoners van Zandspruit, noord van Roodepoort, het Dinsdagaand ʼn vulstasie naby die informele nedersetting geteiken en voorraad uit die winkel gesteel, die kitsbank in die winkel beskadig en dele van die vulstasie aan die brand gesteek.

“Oproerpolisie is op die toneel, maar die gedeelte van Beyers Naudé tussen Johan- en Peterweg is steeds afgesper,” het Makhubela gesê.

Volgens Makhubela moes die polisie Woensdag rubberkoeëls en traangas afvuur om betogers uitmekaar te jaag. Een betoger is in hegtenis geneem vir openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

“Twee polisiebeamptes is ook tydens die betoging beseer. Hulle was in die nedersetting toe hul voertuig ʼn pap band gekry het. Toe hulle uitklim om die band om te ruil, het die inwoners hulle getakel,” het hy gesê. Die polisiebeamptes kon daarin slaag om weer uit die nedersetting te beweeg en is nie ernstig beseer nie, het hy gesê.

Makhubela het gesê die betoging gaan oor elektrisiteitverskaffing, maar dit is nie duidelik presies waaroor die inwoners ontevrede is nie.

Motoriste word aangeraai om die gebied te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willie ·

Ja nee kyk, dis oor Afrikaans. Gaan weer lekker. Kultureule sport.

Irah ·

Dis nie betogers nie. Dis diewe en vandale – en niks anders nie.

Jef ·

En dit hou aan en aan en aan wat word van ons eens so mooi SA?

Manna ·

Dit is niks anders as anargie. Die land brand en ANC speel speel op die viool. Dit het tyd geword dat alle regdenkende mense in SA die klomp se bubbel bars by stembus

Theresa B ·

Geweld en geweld en nogmaals geweld en verwoesting. En dit maak alles reg!! Hierdie optrede is in hul gene………………………… Dis iets wat hul baie goed kan doen.

Gideon ·

Kan die regering nie besef dat hulle vir hulself en die hele SA jok nie!! Hier is absolute chaos los, en by Universiteite kan agter Afrikaans geskuil word, as rede!!

Vicky ·

Ja nee. Soos gewoonlik word net die helfte van die storie vertel. Nie eers die Polisie wil vertel hoe dit REGTIG daar lyk en wat aan gaan nie. Dis absolute chaos. Hulle brand bande in die pad. Daar is geboue wat brand en wat binne totaal verwoes is. Mense die tyd het regtig aan gebreek dat ons as volk ernstig moet begin bid. Die genade van Bo is al wat ons nou in kan vertrou. Maak julle harte oop en bid met erns.

jan ·

Anargie is hulle uiteindelike doel, maak die land onregeerbaar, ongeag wie die land lei. Verseker radikale groep met ondersteuning van net buite ons landsgrense. Daai informele nedersetting bestaan grotendeels uit buitelanders, veral mense van Zim, en is ook die naaste aan die Muldersdrift area wat so deur aanvalle geteister word…….hierdie is n baie fyn beplande landswye operasie om nie net die huidige regering te destabiliseer nie, maar ook die deur oop te maak vir n baie populistiese groep om n groot magsbasis in die land te vestig. Daarna sal nasionalisering in alle erns gedryf word, en gepoog word om die sosialistiese stelsel in SA tot stand te bring……jammer ou Robert, julle planne gaan in die wiele gery word, daar is mense wereldwyd wat wakker sit …..

Joann ·

Dis tyd vir ons boere om te begin doen wat ons voorvaders gedoen het.ons kan

Michael ·

Pateties,een skelm gearresteer die bendes in blou is ‘n totale mors van belasting geld kry chub sekuriteit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.