Betogers versper Jhb-paaie

Verkeer op die N12. Foto: Via Twitter

Verskeie paaie in die Eldoradopark- en Lenasia-omgewing om Soweto is vir verkeer gesluit weens protesoptrede.

Die paaie wat onder meer geraak word, is die N12-snelweg in albei rigtings tussen Klipspruit Valley en die N1-wisselaar, die Golden Highway, Unionlaan en Nirvanaweg.

Onbevestigde gerugte is Dinsdag wyd op sosiale media gedeel van ʼn vergadering wat gehou is waarin lede van die gemeenskap beplan om Soweto Woensdag tot ʼn stilstand te dwing.

In ʼn brief wat versprei word, dring die betogers aan op “goeie huise vir almal”, gratis universiteitsopleiding, goeie salarisse vir alle werkers en dat e-tol en die belastingverhoging geskrap word. Die betogers skop ook teen voorafbetaalde elektrisiteit- en watermeters.

Die brief is glo deur die Soweto Action Committee en Gauteng Civic Association uitgereik.

Die brief wat versprei is. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Rabes ·

Ja en so demand almal en nou wil ek ook demand. Trek ‘n slag jul vingers uit en werk vir wat jy begeer.

Ronel ·

Jare terug tydens n ander betoging, het een of ander slim jan ‘n plakkaat opgehou met die woorde :” We want jobs, not work.”

zoom zoom ·

Hulle soek nie werk nie hulle soek ‘n job waar jy net geld kry.

HPV ·

Eers wou hulle huise hê, nou goeie huise, later luukse huise, alles verniet. Sou hulle nie hul sin kry nie, dan brand, verniel en plunder hulle, die anc regime staan magteloos en toekyk hoe die land ondergaan.

Ouma ·

Ek stem saam met die “free education up to university” :)

Rynhardt ·

Die versper van Johannesburg se paaie wys daar sit taktiek agter alles terwyl polisie niks doen.Mense,Johannesburg is besig om in n oorlogsone omskep te word.Gee dit net tyd.

Jaco ·

Stuur die weermag se Rooikatte en Ratels om enige voertuie wat paaie versper uit die pad te stoot.
Enige skade is vir die rekening van die voertuig eienaar

Ray ·

Soooooo. Soweto se skuld kan Eskom uit die moeilikheid kry, en die antwoord daarvoor is?

Maar hoeveel skuld die ander dan????

Nee, betaal jou rekening dan kan almal krag kry sonder om sulke groot verhogings te he. Dan sommer in die proses oordat ons nie ons rekeninge betaal nie, moet ons huise en plase ook kry, want did nie regverdig nie.

piper ·

wag net tot die dag wanneer die duisende met nikswerd universiteitsgrade op straat is sonder werk. dan gaan die popo die fan slaan. maar die fan gaan nie werk nie want gaan nie krag wees nie.

Johan. H. ·

Wag tot die witman finaal sy boude styf maak,,Ek werk lankal nie meer met die, stakers nie, Dankie tog !!

Natan ·

Duidelik is hierdie sinnelose eise daarop uit om CR te ondermyn en uit die kussings te lig. Hy kan moeilik laat skiet, want hy het reeds bloed aan die hande van Marikana. Die ANC-SAKP magstryd gaan tot anargie lei. Die massas is kanonvoer en te dom om dit te besef. Die eise laat my dink aan die verhaal van die visserman en die towervis. Hy kon enige iets vra en dit kry, maar toe hy net ontevrede oor sy geskenke bly en net meer wil hê toe verloor hy alles en bly soos hy altyd was. Duidelik weet hierdie lot nie hoe die noodlot werk nie. Ek weet iets daarvan af en sal die noodlot beslis aanwakker tot vergelding.

L. B ·

Jý sal die noodlot aanwakker tot vergelding? Die wêreld het inderdaad mal geword.

Johani ·

Die mense in Soweto betoog vir grond en huise van Mashabe. Waar is die eiendomsagente? Eiendomsagente moet asseblief gaan tente opslaan daar. Die mense soek huise.

Gatvol ·

…en seker gaan hulle dit kry!!!….en….
…. hierdie ‘slegte’ witmense sal moet betaal!!!
Pleks dat hulle liewer so baklei vir misdaad, en ouderdoms pensioene… nee…
Hulle kry werk, en dan werk hulle nie… hulle kry plase, en dan ‘plaas’ hulle nie….
As jy my vra, is hulle BEDERF!!?
Waarheid is, hulle het jare terug alles by ons oumas en oupas verniet gekry.?
Ons het betaal.
As hulle by jou kom werk, het jy vir hulle moes kos gee, soos vandag nog. Dan sien jy hulle huise toe gaan met sakke en sakke verniet goed…. ?
vandag is hulle CEO’s, dokters, prokureurs, en hulle sal jou nog altyd vra:’ ek soek daai skoene.. jy moet jou ou klere vir my gee…’?
As jy stop by ‘n rooi lig met ‘n swart man in sy Audi voor jou en een in sy Merc agter jou, (jy in jou ou skedonk)…. kom die bedelaar reguit na jou toe, want hulle eie mense sal NIKS vir hulle gee nie!!!!
Maar ons bly die slegste wesens in hierdie land!!
Dis nie die miljoene wat deurkom, met siektes, ongekwalifiseer, en misdaad rekords agter hulle wat die probleem is nie.
Hierdie land se riool loop al oor!! Die kos en water hardloop uit!!!
Is dit waragtig die wit man?
Die wit man moet liewer met die groooootste respek behandel word, want eintlik is dit daardie handjievol mense, wat ten spyte van alles, hierdie land aanmekaar hou!!!!?

Lollie ·

Niemand kan dit beter sê nie! Dankie! Wens net hulle lees dit ook!

Kosie Kramer ·

Gedurende die apartheidsjare het Johannesburgers `n heffing betaal op hul water en ligte-rekening elke maand, wat gebruik is om Soweto se verbruik te subsideer. (Orlando het destyds `n Olimpiese swembad gekry, en Lenasia drie swembaddens, want die verskillende groepe Indiërs wou mekaar doodmaak as hulle dieselfde een gebruik.) Toe begin die ANC met `n aksie van burgerlike ongehoorsaamheid, deur mense in Soweto aan te moedig om nie hul water en ligte te betaal nie. Nou weier die mense nog steeds, asof die struggle steeds aan due gang is. En politici help hulle nie reg nie.

Leroy ·

Die struggle is nog steeds aan die gang. Daar is nie vryheid sonder ekonomiese vryheid nie. Ekonomiese vryheid behels die oorname van alles, van grondstowwe tot produksie, tot die blare aan die bome en die grond waarin die boom geplant is.

Oppas ·

Vermaning ; ten àlle koste moet noodLOT nooit uitgedààg word nie DIT kan groter raak as die probleme, wat in elke geval lankal in kiem gesmoor moes gewees het. SPYT KOM ALTYD TE LAAT.

Theresa ·

KOOP ‘n erfie. BOU ‘n huisie. Dis die normale gang van sake. Nie gee my, gee my nie. Magtie, wanneer gaan die regering die mense reghelp en verduidelik dat ‘n ideologie van als verniet kry onmoonlik is. Tsk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.