Betogers versper JHB-snelweg

blouligbrigadeDie Johannesburgse metropolisie het Dinsdag motoriste versoek om sekere dele van die Goue Hoofweg, suid van Johannesburg, te vermy nadat inwoners van Lehae naby Lenasia dit met klippe versper het.

“ʼn Gedeelte van die snelweg is ontoeganklik vir motoriste,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, die metropolisie se woordvoerder, gesê.

Betogers het omstreeks 05:00 begin saamdrom. Dit is nog nie duidelik waaroor hulle betoog nie. Die polisie is op die toneel.

Minnaar het motoriste versoek om die N1 en K43 as alternatiewe roetes te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Heinrich ·

Ek sal in my lewe nooit kan verstaan hoekom mense ander mense moet skade berokken of verontrief vir simpatie vir hulle saak nie. Ek is nou op ‘n plek waar ek sê julle moet vergaan in julle eie barbaarsheid as julle nie ‘n beskaafde manier kan kry om julle saak te beveg nie; want simpatie van my het lankal opgedroog agv julle totale afwesigheid van respek vir ander mense en hul besittings.

Elfie ·

@Heinrich – stem SO saam! Asof dit nou motoriste en ander se skuld is dat hulle opgewerk is oor iets! Gaan gooi jul verdampte klippe op Nkandla of na die parlement waar die skuldiges van jul ongelukkigheid is! Hulle doen dit eintlik lyk my ook net sommer vir die lekkerte, want dis in hul gene om onbeskaafd op te tree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.