Die Johannesburgse metropolisie het Dinsdag motoriste versoek om sekere dele van die Goue Hoofweg, suid van Johannesburg, te vermy nadat inwoners van Lehae naby Lenasia dit met klippe versper het.
“ʼn Gedeelte van die snelweg is ontoeganklik vir motoriste,” het hoofsupt. Wayne Minnaar, die metropolisie se woordvoerder, gesê.
Betogers het omstreeks 05:00 begin saamdrom. Dit is nog nie duidelik waaroor hulle betoog nie. Die polisie is op die toneel.
Minnaar het motoriste versoek om die N1 en K43 as alternatiewe roetes te gebruik.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Ek sal in my lewe nooit kan verstaan hoekom mense ander mense moet skade berokken of verontrief vir simpatie vir hulle saak nie. Ek is nou op ‘n plek waar ek sê julle moet vergaan in julle eie barbaarsheid as julle nie ‘n beskaafde manier kan kry om julle saak te beveg nie; want simpatie van my het lankal opgedroog agv julle totale afwesigheid van respek vir ander mense en hul besittings.
Wanorde en geweld seëvier……………..!!!