Betogers versper Oos-Kaap-pad

Betogers in Despatch in die Oos-Kaap op 22 September 2014 Foto: @YoliswaSobuwa op Twitter.

Betogers in Despatch in die Oos-Kaap op 22 September 2014 Foto: @YoliswaSobuwa op Twitter.

Betogers het Maandag die R75 tussen Despatch en Port Elizabeth met brandende bande versper.

“Die inwoners betoog glo oor dienslewering van behuising en vervoer vir hul kinders na en van die skool,” het ao Basil Seekoei, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Die betogers het bande aan die brand gesteek. Die raadslid in die gebied het die skare van 500 to 1 000 mense toegespreek.”

Die polisie is op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.