Betogers versper Oos-Rand-paaie

Foto: @reportadriver op Twitter.

Foto: @reportadriver op Twitter.

Die Ekurhuleni-metropolisie het motoriste Dinsdagoggend versoek om sekere paaie in Daveyton in die Oos-Rand te vermy weens betogings in die gebied.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, die metropolisie se woordvoerder, het gesê die situasie was Maandag al gespanne. “Mense wou onwettig grond in die gebied beset, en wetstoepassers moes ingryp om dit te verhoed,” het Kgasago gesê. “Die betogers is ontstoke en het omstreeks 05:00 vanoggend begin om paaie met klippe, houtstompe en bande wat aan die brand gesteeks is, te versper.”

Die paaie wat geraak word, is die hoofroetes wat in en uit Daveyton lei.

Foto: @mnyamane op Twitter.

Foto: @mnyamane op Twitter.

Hy het gesê die polisie is op die toneel en probeer van die versperrings verwyder.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en geen beserings is tot dusver aangemeld nie.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.