Betogers versper paaie rondom Pretoria

Talle besige paaie rondom Pretoria is Dinsdag deur betogers met klippe en brandende buitebande versper. Foto: ANA

Talle besige paaie in Mabopane, Winterveldt, Ga-Rankuwa en Atteridgeville rondom Pretoria is Dinsdag deur betogers met klippe en brandende buitebande versper.

Molefe Makinta- en Sefako Makgatho-rylaan in Mabopane, die M17 langs Soshanguve en die N4 in Atteridgeville is deur die betogings geraak. Daar word beweer dat die betoging in Atteridgeville met taxi-kwessies verband hou, terwyl die betogings in Mabopane en Ga-Rankuwa glo uit ʼn gebrek aan dienslewering spruit.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê metrobeamptes is besig om die geaffekteerde gebiede te monitor om te verseker dat inwoners nie verder ontwrig word nie.

“Ons is bewus daarvan dat die meeste van die pendelaars in hierdie areas deur die betogings geraak is omdat sommige van die taxi’s en busmaatskappye hulle aan hierdie gebiede onttrek het, maar ons sal seker maak dat al die bedrywighede weer herstel word.”

Metropolisiebeamptes moes vroeër rubberkoeëls afvuur om ʼn skare wat die M17 in Soshanguve versper het uitmekaar te jaag, maar moes noodgedwonge terugval nadat die skare begin het om hulle met klippe te bestook. Inwoners van dié gebied beweer hulle sukkel al sedert 2014 omdat hulle sonder enige elektrisiteitstoevoer oor die weg moet kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

christa ·

dis die nuwe SA wat so optree. Wens Auctralie sien dit ook. As jy nie na hulle pype dans nie, plunder hulle.

Liberaal ·

Die Afrika kind is kosbaar en het volle reg op gratis elektrisiteit, gratis huis, gratis privaat medies, gratis universiteit. Kom my mede liberales in die ryk lande, maak oop julle beursies en gee.

Callie ·

Wat n polisiemag. Moes terugval oor skare hulle met klippe gooi. Totaal onbeholpe

GM ·

Sjoe, die polisie val terug? Gebruik lewendige ammunisie, dan sal die situasie mos gou ontlont word? Maar nee, die polisie word mos aangesê om die kriminele mooi te behandel, want hulle het regte. As hulle betaal vir elektrisiteit, dan kan hul betoog oor dienslewering. Anders, bly stil.

marous ·

Die polisie moes terugval ? Direkte opdrag van hul heersers…

Michael ·

Dit is die oplosing vir die mense.
STEM DIE ANC UIT waneer gaan hulle dit besef!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.