Betogers versper Witbank-pad glo oor behuising

Betogers het van vroegoggend buitebande op meer as een plek op die R544 in Witbank aan die brand gesteek, blykbaar omdat hulle ontevrede is dat Hophuise leegstaan terwyl hulle in plakkershutte woon. Foto: Facebook

Betogers het van voor sonop Vrydagoggend die R544 in Witbank versper deur ʼn vragmotor oor die pad te trek en buitebande aan die brand te steek.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, sê dis nog nie duidelik waaroor die mense betoog nie. “Ons het nog nie genoeg inligting nie en probeer nog besonderhede bekom, maar ons weet die pad is gesluit.”

“Dit moes baie vroeg vanoggend begin het,” het ds. Hannes Grobler van die NG gemeente Witbank-Vallei, ʼn hanetree van die protestonele af, by navraag gesê, “want een van die foto’s [op Facebook] wys dis donker terwyl hulle die vragmotor dwarsoor die pad trek. Mense het van 06:00 se kant af in die sosiale media gereageer.”

Die protesoptrede het voor sonop Vrydagoggend begin toe betogers n vragmotor dwars oor die R544 in Witbank getrek het. Foto: Facebook

Grobler sê omstreeks 08:00 het van die werkers wat vergeefs in die buurt staan en wag het dat hul werkgewers hulle kom haal, begin omdraai en huis toe stap. Die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum het inwoners intussen gewaarsku om die R544 en Kiepersollaan tot verdere kennisgewing te vermy.

Grobler meen die klein groep betogers kom uit ʼn plakkerskamp sowat 5 km suid van waar hulle betoog. “Mense wonder hoekom staan die HOP-huise wat hulle anderkant die dubbelpad [R544] gebou het, nog leeg.”

Hy sê tot dusver het hy net berigte ontvang van buitebande wat aan die brand gesteek is en lyk dit nie asof veel meer skade aangerig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Arresteer die bestuurder van die swaar voertuig en skud die swaar voertuig. Dis lewens gevaarlik met so groot voertuig dwars oor die pad.

Irene ·

Dit gaan nou te erg aan almal staan en kyk hoogtyd dat daar nou streng opgeyree word

MCS ·

Koos Meyer , die vragmotor bestuurder is glad nie deel van die betoging . Hy het nie n keuse die betogers bestook die vragmotors met klippe en steek die trokke met kole of goedere wat hul vervoer aan die brand net daar op die plek as hul nie toegee aan die klomp se versoeke nie. Dit gebeur op n gereelde basis op die N4 tussen Witbank en Pretoria.

Santjie ·

En wie se trok sou dit nou wees wat hulle gebrand het? Wat die die eienaar van die trok met hulle “battles” te doen? Belaglik.

ZET ·

Maar laat blankes iets waag soos Black Monday, dan word ons gedreig met oorlog!

Onnodig ·

En ons moet dankbaar wees net die bande brand. Darem nie ander skade nie. Is ons nou al daar waar ons eerder bly is oor minder skade as om ergerlik te raak omdat dit wel gebeur.

RG ·

Tyd om op te hou kla en standpunt in te neem met Belasting onthouing in Trust. Die politieke party wat dit instel, verdien my X in volgende jaar se verkiesing.

GM ·

RG, ek stem 100% saam. Ek sal graag wil sien hoe die regering die massas paai, as daar nie meer geldjies is nie.

Die betogingsprobleem kan SO maklik opgelos word. Sekere aksies hoef net een of twee keer geneem te word, dan sal die volgende groepie begin om twee keer te dink voor hul ook so iets aanpak.

RG ·

Versprei die woord. Ons kan ook slagspreuke opdis #belasting Onthouing in Trust. Hopelik sal ‘n minderheids party wat graag hulle kiesers getalle wil vermeerder luister.

J ·

Om alles af te brand. Vir wat? Ons huidige goverment voel n veer hulle geniet dat stakers alles af brand sorg inelkgeval net vir hulle eie sakke. Het dit al enige voordele of verlugting ooit vir brandende stakers gebring?

alida ·

Vraag is, as daar onvoltooide huise staan hoekom is dit nie klaar gebou en afgelewer nie. Seker maande terug al beloftes gemaak dat die huise klaar sal wees en daar het niks van gekom nie. As dit die geval is sal ek ook betoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.