‘Betogers’ verwoes DBV op Stutterheim

Die DBV van King William’s Town het hul voertuig gestuur en gehelp om 15 honde en 11 katte na veiligheid op dié buurdorp te bring. Foto: Facebook

Werknemers van die Amathlati-DBV op Stutterheim in die Oos-Kaap kry traumaberading nadat sowat 20 vermomde oproermakers gedreig het om die huis aan die brand te steek waarin hulle op die perseel vasgekeer was.

Yolandi Leslie, die plaaslike DBV-inspekteur, en Michelle Deysel, wat in die kantoor werk, het Maandagoggend die voordeur toegehou nadat betogers werkers met geweld gedreig het as hulle die dag werk toe sou kom na die DBV-perseel langs die township, waar oproer reeds weke lank gereeld opvlam.

Leslie en Deysel het diere in die hokke kos en water gaan gee toe sowat 20 mans met balaklawas vermom op hulle afgestorm en hulle by die agterdeur in die kantoor ingedwing het, vertel Leslie.

Dit het hulle kans gegun om by deur die voordeur te ontsnap en na die huis te vlug.

Sowat 25 honde en katte was van die oggend tot laatmiddag sonder kos nadat die DBV se werkers vir hul veiligheid moes vlug. Foto: Facebook

Terwyl van die mans, wat sy skat tussen 18 en 20 jaar oud is, sakke hondekos weggedra het, het die res in Xhosa staan en redekawel oor of hulle Leslie en Deysel leed sou aandoen. Dit het hulle kans gegun om by die voordeur uit te ontsnap en na die huis te vlug waarin die twee vroue op die perseel woon.

Die betreders het agter hulle aan gehardloop en op hulle geskree hulle gaan die huis afbrand met hulle daarin toegesluit. Leslie sê sy het aanhoudend die paniekknoppie gedruk om die veiligheidsmaatskappy te ontbied, maar hulle moes bontstaan om oproeriges daar naby te beheer wat petrolbomme gegooi en buitebande op straat aan die brand gesteek het.

Die sogenaamde betogers het die meeste van die DBV op Stutterheim se hondekos weggedra en die kantoor en huis geplunder, waarna hulle albei geboue se inhoud verwoes het. Foto: Facebook

Leslie sê sy vermoed die mans het eindelik padgegee omdat sy aanhoudend die paniekknoppie gedruk het wat ʼn alarm laat afgaan. Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde het opgedaag en haar en Deysel enkele oomblikke gegee om die nodigste bymekaar te kry.

Leslie het die honde op die erf vir hul eie veiligheid by die hek uitgelaat sodat hulle kon weghardloop, maar in daardie stadium kon hulle niks vir die honde en katte in die hokke doen nie.

Toe hulle laat Maandagmiddag onder polisiebegeleiding terugkeer om die diere in die hokke te ontruim, vertel Leslie, het hulle gesien die oproermakers het deur die loop van die dag teruggekeer en verwoesting gesaai.

Dit lyk asof hulle een van ons jong bokke doodgeskop het.

“Dit lyk asof hulle een van ons jong bokke doodgeskop en ʼn kalkoen geslag het,” sê Leslie. Hulle het die bok net so gelos.

Die huis waarin twee werknemers van Stutterheim se DBV op die perseel woon, is geplunder. Foto: Verskaf

“Hulle het alles wat hulle nie uit die huis kon wegdra nie, verwoes. In die kantoor het hulle papiere opgeskeur, telefoonkabels uitgeruk en die plek geplunder,” sê sy. “Hulle het selfs ʼn muur in die kantoor uitgebreek om nog hondekos te steel.”

Met die hulp van King William’s Town se DBV wat ʼn voertuig gestuur het en Stutterheim se bakkie en sleepwa kon Leslie en haar kollega 15 honde en 11 katte na veiligheid op die buurdorp bring. Sy bly intussen by haar kêrel op ʼn plaas buite die dorp, terwyl Deysel by haar ma op die dorp bly.

Leslie sê sy is Sondagaand na ʼn toneel ontbied waar ʼn motor ʼn koei getref het. Betogers het toe die DBV se bakkie met klippe bestook, maar sy het gemeen dis net omdat hulle nie wou hê mense moet in die omgewing van die township rondry nie.

Sy sê sy sou nooit kon dink dat die situasie die volgende oggend so sou versleg dat hulle vir hulle lewe sou moes vlug nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Natalie Luxmore ·

Ek is stom. Ek verstaan dit nie. Wat bereik iemand deur n DBV instansie aan te val. Verduidelik asb.

Ciska ·

Ag Here asseblief nie die arme diere nie! Wat ‘n nagmerrie hel van ‘n land!

Jozi ·

Ek glo dat ieder en elk van ons wat hierdie artikel lees absoluut stom geslaan sit.
Daar is nie woorde om my emosies te beskryf nie.
Ek kla hulle vandag elkeen by die Here aan. Hy ken hulle by die naam. Mag hulle nie ongestraf bly nie.

Bonita ·

Ek is nie verbaas nie maar bitter ontsteld. So gaan elke DBV verwoes word, die dieretuine, die kinderhuise, sentrums vir gestremdes, die ouetehuise – oral waar daar weerloosheid is.

Stuur oorsee ·

Vertaal die artikel en stuur dit die wereld in, dit sal meer simpatie as boere wek want mense gee deesdae meer vir diere om as vir ander mense.

Cornelia ·

En tog is mens nie regtig stomgeslaan nie. Die lesse vd geskiedenis getuig van hierdie helse dade. Het ons voorouers nie dieselfde gruwels en bloeddors aanskou en deurgemaak nie. Dalk moes ons ons volksvryheid as ‘n Genadegawe soos ‘n kosbare juweel beskerm het. Die land steier onder die aanslae wat onbeheersd deur die wanregeerders, gevoed word tot op die dag van afrekening.

Sê maar net ·

Ek stem 100% saam met jou. Ons moes ons volksvryheid baie beter waardeer em beskerm het en nie die agterdeur oopgelaat het nie. Nou lyk dit asof die geskiedenis hom gaan herhaal. Vader beskerm ons nageslag.

piper ·

as ek se wat ek wil se kry ek n groot boete en sit in die tronk.

Jacques ·

Rob – As jy verlede week se Bolhuis kyk sal jy weet waar die “police ” is . Vir baie “police”
is dit net n werk en nie n trots nie . Hulle is “useless” net soos die regering .

Stormrider ·

Dis woede en frustrasie met hulle eie onbeholpe leierskap. Die siedende massas sal aanhou om vir hulle leiers te stem al verstaan hulle nie hoekom die beloftes van opheffing en bevryding steeds nie realiseer nie. Hierdie massas is desperaat verby en dis die groot monster waarvoor ons moet oppas. Jy kan nie redeneer met ‘n honger mens wat niks besit en geen toekomsvooruitsigte het nie……

Ruan ·

Hierdie is meer as “woede en frustrasie met onbeholpe leierskap”. Hierdie getuig van sielsieke psigopatie.

Thinus Erasmus ·

Stormrider, dink jy die mense gaan self die hondekos eet?

wet ·

Vra ek ook. Gaan hulle al daai hondekos opeet. En die bok wat net so gelos is? Ek dink jy is naief.

Grysburger Pretoria ·

Mens hoop dat hierdie insident op ‘n manier onder die internasionale media se aandag sal kom. Dit behoort wêreldwyd duidelik te wys onder watter omstandighede ons moet leef. Mense in die Westerse lande is gewoonlik meer begaan oor diere as oor menselewens. Hierdie insident sal meer trefkrag hê as 50 plaasmoorde.

humor ·

Die bok net so dood gelos. So daar is geen tekort en honger nie. Almal is dus uitgevreet.

Pieterv ·

……en die polisie bewaak en ry konvooi vir die top manne en vroue (of hulle nou kwalifiseer of nie).
Die weermag bewaak die kuslyn teen perlemoen en kreef stropers en skep riool uit die Vaal.
As dinge so aanhou sal dit dalk vir die buiteland (moontlike beleggers) lyk asof daar chaos in die land heers.
Viva “All Non Compliant” via!!

M'Lady ·

Niks word ontsien in hierdie hel hool nie. Nie mens nie en ook nie dier nie. Nie meer woorde nie, net trane.

Bennie ·

When will journalism revert back to the days where we
“ Call a spade a Spade” and not a gardening tool!!!!!!!

For example, related to above article and that of the truck that was looted a few days ago when it got stuck before a bridge

Protestor – someone who shows that they disagree with something by standing somewhere, shouting, carrying signs, etc.

Burglar – a person who illegally enters buildings and steals things

Vandal – a person who intentionally damages property belonging to other people:

Robber – someone who steals:

Thief – a person who steals:

Looting – the activity of stealing from shops during a violent event:

Murderer – someone who illegally and intentionally kills another person
(In my point of view, including if you pitch up at a so called PROTEST with a weapon of any sort that can cause harm your intention is clear)

Oujongvrou ·

Hoekom het ons ewe skielik al die dinge jn die weskaap. Dit lyk of dit aangehits word deur ander baie bose mense. Here wees ons genadig. Ons almal sondig teen u, maar wees genadig teenoor stomme diere wat nie sonde het nie????

Urgh ·

Oos kaap tannie, die plek is naby oos londen. Ekt daar groot geword. Kry tog n pad kaart dis BAIE BAIE VER van enige iets wes. Behalwe dalk die wild deel. Dis die wilde ooste nie die wilde weste nie

Johan H. ·

Piper!!!ek ook ek weet wat jy wou se.. ai ek wonder of Me. Vicky Momberg se apel gaan slaag!

Estelle ·

En waar word 99% van die diere gered en gekonfiskeer? Nie by die mense wat so goedgunstelik skenkings maak nie, dit is ek van verseker, maar eerder by die soort wat die skade berokken het se huise.

Wiehan ·

Ons get nie net ons land versaak nie maar ook ons kinders by wie ons die land geleen het asook ons God wat ons versaak het. Ons bid most deesdae saam met Moslems, Hindoes ens en sien wat gebeur.
Meng jou met semels en _______!

Naomi ·

Oujongvrou, ek stem saam met jou, die arme diere is onskuldig. Mense aan die anderkant, verdien als en meer, wat na hul kant toe kom.

Aster ·

Hierdie is verby verregaande, SIEK MAN!! SIEK! Die helsems sal hulle dag nog kry!! O nee wee jy ek weet nie meer nie!!

Naomi ·

MM, het jul nie enige inligting oor die dronkgatte wat die olifant in die wildtuin 13 skote geskiet het, waarna die arme dier eers 15 minute later dood is na hartverskeurende gekerm? Dit het ek in die opskrif op Beeld voorblad gelees vandag.

PJC ·

Hierdie is mos glo soos demokrasie lyk maar ons moenie worry nie. Wag net tot al die wigte en teenwigte inskop dan is alles sommer weer reg.

Dries du Toit ·

Hierdie dinge gebeur daagliks . Maar kom stemdag dan stem ons sonder om te dink

Julene ·

Niks maar NIKS word ontsien in hierdie helhool. Nie mens of dier…. Dis om van naar te word. Die gemoedere loop hoog op grondvlak waar die massas nou die strate invaar om hul misnoe te wys jeens die regering wat nie kan voorsien nie – brand, afbreek, plunder en verwoes is die enigste taal wat hul ken. Intussen moet onskuldige burgers die spit afbyt…

Nee wat, ek kan nie insien dat die situasie binnekort (of enigsins) kan verander, want kom stemdag, trek hul NET WEER hul kruise agter die naam van die groot sondebokke (ANC/EFF). En dus word hierdie wrede siklus voortgesit…..

Here, ons is nietig en verdien niks, maar ons pleit vandag om genade. Gee ons asb die nodige verstand en krag om uit hierdie gemors te kom.

Cindy ·

Ek het gisteraand dit op die nuus gehoor. Die polisie het die personeel ontruim en hulle later terug gevat om na die diere om te sien. Vir wat het die polisie nie die mense gearresteer wat so plunder nie. Bring die taakmag in en raak ontslae van hulle. Ek verstaan dat die mense na veiligheid moet gevat word maar as die polisie terug staan en kyk en nie optree nie, gaan dinge net vererger in die land van ons. Hulle weet hulle kan weg kom met dit, so hulle hou net aan om dit te doen.

Frieda Marais ·

Dis skokkend wat op Stutterheim aangaan.Twee week gelede is my suster see seun daar gekaap .Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Rosie ·

Ek sien ROOI!!!!!! Het 3 katkinders myself en soo lief vir hulle. Het nie woorde nie maar is woedend!!!!! Diertjies kanni praat nie!!!

honourable member ·

Duidelik is hierdie mense geen diereliefhebbers nie. Dis skokkend wat hierdie mense doen. ek hoop net die diere wat oorgebly het is ok.

Landi ·

Dink ons moet n groep stig wat opdaag by elke liewe protes. Protes teen protesters en vernietig hulle voor hulle kan skade aanrig wat hulle wel gaan en sal doen. Ons kan ook ons gesigte vermom, maak wat ons wil met hulle en sorg dat hulle twee keer dink as hulle weer wil protesteer. Iets moet tog iewers teen hierdie boosheid terug baklei, anders sal dit net nooit ophou nie, in teen deel dit word net meer en elke slag erger en meer wreedaardig!

liz ·

Ek het daar groot geword believe me dit was nog altyd ;n kookpot van drama selfs in die 80’s moes die Weermag die vrede bewaar kan my net indink hoe lekker dit nou gaan!

Kallie ·

Ek is ook stom: ‘n diereskuiling aanval en plunder? ‘n Dier wat vol verwagting sit en wag vir kos en water en liefde? Niks daarvan is meer oor in SA nie en wanneer dar nie meer kos vir mens en dier gaan wees nie,sal die liefde ons ook verlaat,dit het reeds want geen mens met liefde in sy hart tree so op nie.

Grant ·

Ek kan nie meer nie, my hart is seer en my gemoed swaar. Hoekom probeer mens nog om enige dag positief aan te pak in SA ? Plunder, moor verwoes tot daar niks oorbly nie en dan…..weerlose mense/diere….watter genot kry hulle daaruit? MAAR, baklei net terug…..o ja, ek vergeet die reg om jouself/jou diere/jou eiendom te beskerm bestaan mos nie in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.