Betogers verwoes Monwabisi-oord in Kaapstad

Betoging by New Monwabisi (Foto: Ayanda Ndamane /African News Agency/ANA)

Betogers van die New Monwabisi Park- informele nedersetting in Kaapstad het Donderdag ʼn brand gestig by die gewilde Monwabisi-oord.

Die oord was ʼn gewilde jaarlikse bestemming vir inwoners van Khayelitsha wat by die swembaddens, braaigeriewe en ander ontspanningsgeriewe uitgespan het.

Inwoners het paaie versper, bande en rommel aan die brand gesteek, en ʼn brand gestig by die oord se kantoor en chaletgebou.

Christopher Zondani, ʼn leier in die gemeenskap, is diegene, wat die verwoesting saai, kwaad dat Stad Kaapstad chemiese toilette by die informele nedersetting gaan oprig. “Ons het ʼn probleem met tydelike toilette. Dit was die afgelope twee weke nie skoon nie. Nou wil die stad nuwe chemiese toilette insit. Ons wil nie chemiese toilette hê nie, ons wil spoeltoilette hê.”

Zondani het gesê hulle wil nie hê ʼn nuwe kontrakteur moet inkom nie. “Hulle moet óf die nuwe toilette installeer of ons oues terugbring. Ons het al baie keer hierdie kwessie met die stad aangeroer.”

Betoging by New Monwabisi (Foto: Ayanda Ndamane /African News Agency/ANA)

Mzukisi Mzimkhulu, van die oord, het gesê hy was “geskok” toe hy sien hoe die fasiliteit in vlamme gehul is. “Die veiligheidsbeamptes het my vanoggend gebel en gesê betogers staan by die hek en hulle het bande aan die brand gesteek. Ek het in gejaag en hierdie toneel gesien. Hulle het ʼn stoorkamer, kantoor en veiligheidskantoor afgebrand. Betogers het ook eiendom uit die geboue gesteel.”

Dan Plato, uitvoerende burgemeester, het Donderdag in ʼn verklaring gesê hy verwelkom die inhegtenisneming van twee verdagtes vir hul vermeende betrokkenheid. Hy het bygevoeg al is die rede vir die betoging nie duidelik nie, kan die verwoesting van openbare eiendom nie geregverdig word nie.

“Voorlopige inligting dui daarop dat die betoging omstreeks 05:00 in Baden Powell-rylaan begin het,” het Plato verduidelik. “Om 08:30 is ʼn berig ontvang van ʼn gebou by die Monwabisi-oord wat in ligte laaie staan. Dit is nie die eerste keer dat die oord op só manier geteiken word nie. Dit is ʼn skande dat staatsgeld nou van ander projekte weggelei moet word om die skade te herstel. Daar is eenvoudig geen geldige rede om ʼn mooi ontspanningsfasiliteit te verwoes wat al jare lank deur inwoners van Khayelitsha en omgewing gebruik word nie.”

Hy het gesê in die 2019/2020- finansiële jaar is ongeveer R2 miljoen spandeer aan opgraderings aan die fasiliteit ter voorbereiding op die feesgety wanneer tot 1 000 persone daagliks die oord besoek. Die 26 chalets lok ook toeriste van oor die land heen wat hul akkommodasie maande vooruit bespreek.

“Die kampeerterrein en chalets, langs die dagoord, sal nie meer beskikbaar wees vir ons inwoners nie. Diegene wat die brand gestig het by die fasiliteit moet baie skaam wees oor hul optrede.” Hy maan enigiemand met inligting om die polisie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohanR ·

Moenie worry nie. Die belastingbetaler sal aangekom hardloop met potte en potte geld, om weer te herbou!

Blikkantien ·

Uiters swak!! Hoekom kan die gemeenskap nie saamstaan en hierdie opstokers regsien sodra hulle buite beheer begin raak nie. Laat die ander projekte nou maar eerder voorkeur kry en hierdie oord agter in die ry gaan staan om herstel te word.
Volgende gaan ons seker hoor hoe onregverdig dit is dat “ryker” areas mooi parke en fasiliteite, ens. het.

agnes ·

Ongelooflik, hoekom hou hulle nie hul eie toillette skoon nie. Alles moet net vir hulle aan gedra word en wie betaal?

Stebastiaan ·

Die herstel moet eers oor 10 jaar plaasvind. Hulle moet maar gebruik wat oor is na die brand. Leer op die harde manier.

Elna ·

Hoekom weer oprig, duidelik wil die inwoners nie die fasiliteite hê nie. Brand iets af, dan verloor jy jou regte.

Otto ·

elna jy is 100% reg. Die fasiliteite is vir hulle gebruik. As hulle dit afbrand wil hulle definitief dit nie meer hê nie.

Gerrie ·

Ek wonder: hoeveel van die Kaap se betogers en “demanders” kom vanuit die Oos-Kaap, roekeloos en onverantwoordelik sonder voorafgereelde behoorlike woonplek en werk?

Anoniem ·

Indien daar enige geboue nog staande is, moet die stadsraad dit verwyder. Dan moet hulle ‘n paar “longdrops” gereedmaak vir ons land se toekomstige leiers.

Adriana ·

Ag genade is dit al wat hierdie mense kan doen verwoes en vernietig en brand, kan hulle nie aan beter oplossings dink en saam sit en voorstelle maak om hul lewe ook net makliker te maak en beter te maak nie.

Hitler ·

Wonder wat cyril & bekki gaan maak as sy persoonlike tuinier/huishulp of kinders dit met hulle persoonlikke besittings doen?

Aai ·

Daai plek is daar vir gebruik vir die mense van Khayelitsha nou verwoes hulle dit so hulle wileintlik in lockdown lewe want alles vir hulle gerief verwoes hulle.

john ·

Why rebuild there is no use giving these people facilities if they destroy do not rebuild.

Oumie7 ·

n Skande dat mense hulle eie ontspanningsgeriewe afbrand skokkend

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.