Betogers wil opruk na Uniegebou, maar ‘wil niks brand’

Uniegebou in Pretoria, ter illustrasie. Foto; Davinci77 via Wikimedia Commons

Die sameroepers van die sogenaamde #TshwaneShutDown-optog wat Maandagoggend sal begin, sê hulle beoog geensins om vandag die bietjie wat hulle het af te brand of te beskadig nie. Hulle is van voorneme om ʼn vreedsame staptog van Marabastad in die Pretoriase middestad na die Uniegebou in Pretoria te hê.

Jomo Rapholo, woordvoerder van die Inwooners (sic) Baaghi Civic Movement, het gesê diegene wat die byeenkoms bywoon, doen dit boonop vrywillig en niemand sal deur geweld gedwing word om tuis te bly nie.

Rapholo het gesê betogers gaan na verwagting vanaf omstreeks 10:30 na die Uniegebou begin stap, waar hulle hoop om ʼn memorandum met griewe aan pres. Cyril Ramaphosa te oorhandig.

Hy het gesê hulle eis onder meer verbeterde openbare vervoerdienste, die bou van spoorlyne wat lánkal reeds beloof én waarvoor daar begroot is, die formalisering van informele woonbuurte, skoon drinkwater, billike tariewe vir water en elektrisiteit, meer klinieke, polisiebeamptes, die regulering van buitelanders en behoorlike sanitasie. “Mense gebruik nog puttoilette 30 minute van waar die president in die hoofstad woon,” het Rapholo gesê.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het aan Maroela Media gesê beamptes is reeds vroegoggend op verskeie plekke ontplooi. Hoewel daar moontlik later nog betoog kan word, was daar tot dusver nie aanduidings van ʼn grootskaalse byeenkoms nie.

Volgens berigte sou tot 12 000 mense aan die #TshwaneShutDown deelneem. “Dít is ʼn sluiting van ʼn ander aard: mense kom vrywillig,” het Rapholo gesê.

Mahamba het gesê toestemming vir ʼn byeenkoms is egter afgekeur omdat die organiseerders van die betoging nie aan die nodige veiligheidsmaatreëls daarvoor kon voldoen nie.

Rapholo het in reaksie gesê dit kan nie onwettig wees om êrens heen te stap nie. “Ons gaan stap en sing,” het hy gesê.

“Ons is gefrustreerd en wil met ons politici praat. Dis die regte tyd om nou met politici te praat. Almal van hulle soek nou ons stemme, maar ons sê nou ook vir alle partye, dít is wat ons van hulle verwag,” het Rapholo gesê.

Hy het gesê die memorandum is nie spesifiek op Ramaphosa gerig nie, aangesien dié eintlik maar net ʼn paar oorblywende dae in sy pos het en daar geen waarborg is dat hy ná die nasionale verkiesing weer die president gaan wees nie.

Vanoggend is berig dat sekere paaie in Soshanguve, noord van Pretoria, versper is, hoewel taxi- en busdienste in die middestad en Centurion nog nie noemenswaardig ontwrig is nie.

Die taxivereniging Santaco het hom intussen van die optrede gedistansieer en sê hy steun dit geensins nie. Hy het ook gesê hy verwag dat taxibedrywighede in Pretoria en omgewing vandag soos gewoonlik sal voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ai. ·

Ja lekker ne wil net he en he maar dit is reg om dit te wil he moet jul belasting begin betaal….Almal van jul en dit dan nie n dag later afbreek en n plakkerhut meer van maak nie…Miskien dan kan jul eise soos die stel…Die wil net alles verniet he generasie…wat n grap..

Arson ·

Ag dit is oulik . sjoe wat ‘n toegewing en wat ‘n VORDERING wat ons met die mense gemaak het . darem breek en brand en gooi ons nie nou met klippe nie of het hulle laasgenoemde uitgelos?

fred ·

eise…eise…eise….wie gaan hiervoor betaal? seker n handvol belastingsbetalers …..maar ons is sooooo bly dat hulle niks gaan afbrand nie?????ons sal maar sien….

Gert van Wierdapark ·

Dit lyk my meer as of hul ‘n “Parkrun” by die Uniegebou gaan doen/hou! Dis goed vir die stappers se gesondheid en die ontslae raak van frustrasies oor die a en see se lee beloftes!

marous ·

Dis maandag …. hulle begin eers vrydag te werk tussen 10h00 en 10h15 .

Jacques ·

My ouers het my geleer dat mens moet werk as jy iets wil he in die lewe . Lyk my vandag stap jy net n entjie dan kry jy alles . Dit is lekker in die nuwe SA , hier moet ons bly dit gaan nog lekkerder word . O ja en dankie dat julle nie gaan afbrand en afbreuk nie . Julle verwag seker nie ons moet julle glo nie , want dan is ek die paashaas .

Antoinette ·

Spoorlyne bou maar die treine word uitgebrand. Ons moet werk wat ons het kry niks verniet nie.

Frm ·

Gereel deur die Anc om huidige bestuur in swak lig te stel voor die verkiesing. Dieselfde as al die betogings in die wes kaap. Is dit nie?

Mari ·

Heerlik vanoggend werk toe gery! Slegs drie taxi’s op my roete gekry ipv die gewone 65, ja rêrrig, as jy gedink het ek jok.

Andreas ·

En net omdat hulle niks wil brand nie, haal dit ook die hoofopskrifte.

En nou? ·

Is daar ‘n verskil tussen ‘n optog en iets aan die brand steek in die land?

Trok op Ou Pta Pad dan gebrand ·

Trok was dan 20km buite Pta aan die brand gesteek en polisie oral op N4…moes myself seker verbeel het…Die gebrande trok gaan seker nou huise en krag voorsien……Of verstaan ek die mentaliteit of brief verkeerd? Dink hulle moet Weskoppies begin uitbrei….daar is meer mense wat daar hoort as wat moet stem!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.