Betogers wil Tshwane-metro op knieë bring oor verhoging

Betogende werknemers het in die Pretoriase middestad bymekaargekom. Foto: ANA

Werknemers van die Tshwane-metro het beloof om hul betoging voort te sit en die land se administratiewe hoofstad op sy knieë te bring indien daar nie ʼn verhoging van 18% vir alle werknemers aangekondig word nie.

Werkers verbonde aan die vakbond vir munisipale werkers, Samwu, het Donderdag in die Pretoria-middestad betoog.

“Die rede waarom ons hier bymekaargekom het, is oor die betaling aan senior bestuurders in die stad Tshwane. Die stad het besluit om ʼn verhoging van 18% aan alle senior bestuurders te betaal, maar ons as werknemers op laer vlak van die stad word nie die spesifieke bedrag betaal nie,” het Mpho Tladinyane, streeksekretaris van Samwu, buite die Tshwane-metro se hoofkantoor gesê.

“Ons eis dat die stad ook vir ons daardie geld moet betaal. Die enigste ding wat ons verwag, is dat die uitvoerende burgemeester aan werknemers moet sê wanneer hulle hul geld gaan kry.”

Volgens Tladinyane is werkers kwaad en wil hulle teen Vrydag weet hoe die metro die kwessie gaan aanpak.

Maroela Media het vroeër die maand berig dat die Tshwane-metro stil-stil ʼn salarisverhoging van 18% vir senior bestuurders ingestel het.

Die verhoging val saam met die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) se opgradering van die stad van ʼn kategorie 9- na ʼn kategorie 10-munisipaliteit. Die verhoging is ook bykomend tot die 6,5%- jaarlikse salarisaanpassing wat alle werknemers van die munisipaliteit ontvang het.

Burgemeester Steven Mokgalapa het die betogende werkers probeer toespreek, maar is vinnig weggewys. Foto: ANA

Richard Moheta, burgemeesterskomiteelid vir die bestuur van menslike kapitaal en gedeelde dienste, het die betogende werkers namens burgemeester Steven Mokgalapa probeer toespreek, maar is vinnig deur die betogers weggewys. Mokgalapa is ook vroeër weggewys toe hy die betogers probeer toespreek het.

Die 18%-verhoging word hierdie maand van krag. Tshwane bestee tans bykans 30% of R10,5 miljard van die stad se begroting aan salarisse van personeel en die 18%-verhoging tree in werking ondanks die feit dat dit na bewering strydig is met die Nasionale Tesourie se aanbeveling dat stadsrade hulle salarisbegrotings moet besnoei.

Groepshoofde en uitvoerende direkteurs wat vir die ekstra 18% kwalifiseer, verdien reeds salarisse van tot R2 miljoen rand per jaar en is na bewering meestal politieke aanstellings.

Die DA het ook sekere senior kontrakposte na permanente aanstellings verander en die 18% verhoging is juis op hierdie werknemers se salarisse van toepassing. Die verhoging kan selfs vir meer as 12 maande terugwerkend wees, na gelang van ʼn werknemer se permanente aanstellingsdatum.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Db ·

Dit is hoekom ons rekeninge by die munisipaliteit net hoër en hoër raak want die Fat Cats bly net skep en ons stad gaan by die dag meer agteruit! Die Jakarandastad sal nooit weer dieselfde wees onder die wesens van die ANC en DA nie. Hulle voel vere en soek net die geld

sweis ·

Die DA anc/lite is presies dieselfde onderhandeling vir n eie staat is al oplossings.

fred ·

ja gaan maar aan…om werk te hê is nou n middel om buitesporige verhogings af te dwing..
Ontslaan hulle almal…niemand sal agterkom hulle is weg…daar is miljoene ander wat klaar staan om hulle plekke te vat.
Weg met die belaglike arbeidswette en politiese vakbonde .

leser ·

die 18% vehoging ekstra bykomend met die 6.5% wat hul reed ontvang, is ‘n klap in die gesig van die normale werker, hulle betaal dieselfde vir kos en drank, algemene noodsaaklike goed, waarvoor die senior bestuurslede betaal en trek dus aan die agterste speen al die pad
dan wil jul dit nog terugwerkend bereken, dis ‘n skande en dan moet die inwoners daarvoor pa staan

Hugo ·

Ek berou die dag dat ek vir die DA gestem het – net so erg as die ANC

Oom Jaco ·

Nou gaan die oë eers oop… Toe ons in ’92 gewaarsku het om nie “ja” te stem nie, toe luister 66% nie. Toe ons nou met die verkiesing onlangs gewaarsku het om te stem vir WARE selfregerende gebiede toe gaan staan en stem klomp vir die DA en VF+… Eish…

Adri ·

Oom Jaco, jy noem nou die graaf sommer ‘n skopgraaf! Die verstommende is dat jou opmerking nie verwyder is nie!

Joke! ·

Ja Anc jul het hul mooi geleer..Strike plunder and riot…Hehehe.Jul Anc se eie geskape Frankenstein .En die dikste bosluise suig en soek dan nog meer…Wonder wat die top lot se salaris alreeds is en nou met 18% verhoging daar by…Dink nie Suid Afrika kan dit bekostig nie!Maar skep sal hul skep!

fred ·

die “top bestuurders” kry meer dan R2,000,000/jaar…..lekker hê??

Magda ·

En so gaan dit maar net aan en aan – Geen party si vandag die moeite werd om voor te stem nie.

Andre Stander ·

Weet jy nie wat die VF+ elke dag vir jou doen nie…???

My swak hart….

TDW ·

Ek is ‘n VF plusser, maar aan die kommentators hierbo wil ek net sê dat dit juis die ANC/EFF is wat hierdie betogings reël juis om mense te laat twyfel oor die DA. Ons sien dit ook nou in Stilfontein. Dit is ook so in die Kaap. Die ANC/EFF wil alle mag hê, en weier om Pretoria te verloor.
Hulle wil mense negatief maak teenoor die DA. Moenie vir hierdie politieke magspeletjies val nie.

sweis ·

Ek stem nie saam die DA,eff en anc dink dieselfde en dit is verdruk die witmense ek dink net n wit persoon sonder n brein sal weer DA stem.

SeMaarNet ·

TDW ek stem 100% met jou saam… mense val so vinnig vir die politieke agenda wat gespeel word en luister nie na rede nie… verder dink hul werklik dat die VFplus bv. alleen PTA gaan oorneem… hulle moet dalk gaan tel hoeveel mense is daar in die land en sommetjies maak. DA is stukke beter as ANC en EFF. Enigste manier is vir partye soos DA en VFplus om saam te werk. As enige iemand dink die ANC of EFF gaan die metro beter bestuur, moet hul mooi gaan terugkyk hoekom die metro in die eerste plek in die toestand is wat hy is. Mense is ook onredelik om te verwag dat meer as 20 jaar se skade binne 2 jaar opgelos moet word.

marous ·

Begin maar pot skerwe soek om die sere op ‘n ashoop te sit en krap . Daar is geen lig nie .

Johan ·

Die DA maak onnodige foute. En dit uit gierigheid! Dis ‘n party wat nooit my stem sal kry nie….

Hendrik ·

Dit lyk regtig of ons mense hulself heeltyd in die hoek in verf. Dit is asof ons mense nie die werklikheid raak sien nie, Ons is heeltemal te gerus oor die regereerders in die Metro. Intussen word daar gebiede platgestoot, ontbos/boom sodat plakkers hul huise kan plaas oop voorafgemerkte standplase. Daar is geen infrastruktuur (riool, water of krag) nie en hierdie gebiede nader nou van die ooste van Mamelodi na Silver Lakes en nuwe Hazeldene ontwikkeling. Intussen wag die gerieflikes net weer vir die volgende verkiesing om hul stem te laat hoor. Dit is nie genoeg nie en as jul oe weer oopgaan word die gebiede om julle woonbuurte onteien en lae koste behuising word langs die spog estates geplaas in die nuwe stadsbeplanning beleid van Gauteng en Tshwane waar die gemeenskappe moet integreer met mekaar. Van lekker slaap kom moeilikheid en emigreer gebeur nie so maklik nie. Net klein % mense kry dit reg om te emigreer en miskien moet die gemaklikers nou bykom om hul toekoms van hul kinders te verseker. Of hoe?

wilma ·

Ek kan verstaan waarom werkers ontevrede is wanneer sommige yslike verhogings kry – wat dit meestal nie verdien nie – en die ander moet aan die agterste speen suig. Ek weet ook van privaat maatskappye waar werkers die afgelope sewe jaar geen verhogings gekry het nie en ook geen salarisaanpassings die afgelope drie jaar nie. Hulle moet maar tevrede wees met wat hulle kry aangesien daar nie op die oomblik veel groener weivelde is met al hoe meer maatskappy wat tot niet gaan nie.

Lee ·

Ek sal wraggies ook betoog as ek hulle is. Senior Bestuurders het wraggies nie ‘n 18% verhoging nodig nie. Die mense onder hulle doen al die werk en laat hulle goed lyk.

Dors Honger ·

Wys maar net hoe korrup en skelm sekere bevoorregtes is! Ek stem saam , bring die stad stilstand, want belastingbetalers is moeg vir buitensporige verhogings aan munisipale bestuurders!

BlinkStephaans ·

Hoekom maak julle dit nie sommer 25%…of kies n persentasie wat vir julle mooi lyk?… beste van als is…daardie 18% of 100 as jy wil gaan geen verskil maak aan dienslewering. Ons bly net meer betaal vir verhoogde salarisse en swakker diens. Te Nice man… hierdie stelsel waarin ons is.

Petrus ·

Die stadsraadlede sal ook seker ‘n stewige verhoging kry. Die bevorderng in kategorie status is verkry deur meer plakkers wat instroom, sonder om ‘n bydrae te lewer tot die geldkoffers. Dus sal die gewone belastingbetalers in die metro die spit afbyt, sonder om beter dienslewering terug te verwag.

Cherokee ·

Dit lyk asof almal dit mis lees dat die 18% bykomend is tot die standaard 6.5%. As ek reg verstaan praat ons van 23½%.

aj ·

Suid Afrika het nog nie ge-industrialiseer nie … dit beteken ons lewe ‘n LEUEN!

Ons gebruik verkeerdelik die terme van ‘n geindustrialiseerde staat terwyl ons nog in ‘n pre – industriële samelwing leef sios bv WERKLOOSHEID.

‘Werkloosheid’ bestaan nie in ‘n pre-industriële samelewing nie omdat elkeen vir homself kos, klere, behuising ens. voorsien.

Verstedeliking het ten doel om FABRIEKSWERKERS te akkommodeer … maar sonder fabrieke wat werkers benodig, is verstedeliking onnodig.

In ‘n pre-industriële samelewing is munisipiteite (met duisende werkers) onnodig.

Suid Afrika probeer “(hard)loop” voordat ons kan ‘kruip’.

Ons moet eers industrialiseer voordat ons (daarna) verstedelik!

Die LEUEN wat ons leef gaan die land vernietig …. en ons uiteindelik 300 jaar terugwaarts neem in die ontwikkellingsproses.

JohanL ·

Ons almal weet dat meeste munisipaliteite effektief bankrot is – Tshwane is geen uitsondering nie. So hierdie 18% ekstra verhoging vir senior personeel is diefstal, niks anders nie.

Ek steun die betogers in die een, maar aangesien ek weet daar is nie geld om hulle ook 18% te gee nie, sou ek betoog vir ‘n herroep van die 18% besluit. Anders gaan ons as inwoners moet opdok vir ‘n groot addidionele uitgawe vir almal se ekstra 18%.

Kan MM nie die name in die hande kry van diegene wat kwalifiseer vir die sg 18% verhoging nie? Hoe lyk dit – sekerlik is daar iemand in Tshwane wat die name kan uitlek aan MM?

Clipper ·

Hier wys die DA openlik dat hulle net so erg soos die anc is. Msimane kruip iewers weg en doen niks met die kaders wat die party deur die modder sleep nie. Dit is juis hier waar wsre leierskap behoort te wees. Lees die kommentaar en kyk wat dink die mensr van hierdie belaglime verhoging en verstaan die skade wst aangerig word

Joe ·

Ek ondersteun die staking ten volle! Tydens die staking is daar gewoonlik uistekende dienslewering aan ons gewone belastingbetalers. Glo julle dan nie aan opstanding uit die dood nie? Gaan kyk dan gerus by die metroraad se kantore wanneer vier-uur smiddae aanbreek.

Elsa ·

Net 18%? Waar ek gewerk het, het een senior persoon 63% salaris verhoging gekry. R5. 2miljoen n jaar. En ja dit was staatsdiens

Harry ·

Dis hoekom ek vanjaar vanaf Pretoria na ‘n Suid-Kaapse dorp getrek het:
-Ek betaal minder as R3 duisend per maand (R4,5 miljoen gastehuis gekoop), terwyl my 2019 Pretoria munisipale rekening omtrent R7 duisend per maand was (R2,5 miljoen huis).
-Die uiters doeltreffende Overstrand munisipaliteit het nog elke jaar ‘n skoon oudit gekry en lewer super goeie munisipale dienste.
-Nog nooit ‘n kragonderbreking gehad nie (bly al vanaf middel Maart in nuwe huis), terwyl ek my kragopwekker gereeld in Pta moes gebruik tydens 2019.
_ Hier voel dit soos in die sewentiger jare in Pretoria: alles werk perfek, minimum sekuriteit (dis baie veilig), skoon/volop water en almal praat Afrikaans.

Gert van Wierdapark ·

Die besluit is nog een waarin die DA hulself in die voet skiet en die a en see en andere verder gratis “ammunisie” gee om hul by te kom! Ek weet nie wie adviseer die ouens/vrouens in beheer nie, maar as hul bloot bietjie na inwoners/belastingbetalers sou luister, sal dit baie beter in Tsjwane gaan = vir seker!!! SKRIK WAKKER, ASB!

Ja swaer ·

BAIE GELUK AAN ALMAL WAT DA GESTEM HET,. julle begin nou die vrugte pluk hoor

Cherokee ·

En daar is nie ‘n kansellasie opsie nie – as jy liberaal is, is jy liberaal.

Rooi Jan ·

Nee maar dit is mooi ek is n belastingbetaler / verbruiker in Tshwane. So ek persoonlik ervaar nie die diens in Tshwane as 18% beter as verlede jaar nie, jammer ek keur nie julle almal se 18% verhoging goed nie. Ek gaan ophou betaal totdat die diens vir my 18% beter is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.