Betoging lei tot ongelukke op snelweg

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Motoris en polisiebeampte is Maandagoggend beseer nadat ʼn groep betogers die N2 naby Lamontville in Durban met brandende buitebande versper het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê verskeie motoriste het die snelweg gebruik toe betogers omstreeks 06:00 bande aan die brand gesteek en op die pad gegooi het.

“Twee voertuie het gebots toe die bestuurders glo probeer het om vir die versperrings uit te swaai. Een persoon het matige beserings opgedoen en moes met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word verdere behandeling.”

Vermaak het gesê paramedici was nog besig om na die beseerde motoris van die eerste ongeluk om te sien, toe ʼn tweede ongeluk op ʼn nabygeleë brug plaasgevind het.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

“Na verneem word, het betogers begin om voorwerpe op die brug te brand. Daar was ʼn polisiebeampte op die brug toe ʼn motorongeluk plaasgevind het. Die beampte moes van die brug af spring om uit die pad te kom.”

Die beampte het gebreekte bene en verskeie skraapwonde opgedoen. Hy is op die toneel behandel en met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Slegs een baan van die snelweg is oop vir verkeer. Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak. Die polisie is op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

TM ·

Hoekom moet die normale publiek altyd verontrief word as betogers begin amok maak? Ons moet net altyd hoor die normale publiek wat ‘n eerlike bestaan probeer maak moet alternatiewe roetes soek, nie sekere plekke besoek nie, moet in verkeer sit as gevolg van geweld en en en….Hoekom moet ek verder ry en laat kom by die werk oor tien mense wat geen respek vir niks het nie en net breek en afbrand? So dit is maar beter om duisende mense se dag op te foeter om ‘n handjievol betogers tog nie te ontstig nie. As die gereg sien ‘n opstand is besig om te gebeur ontlont die situasie so gou as moontlik sodat ons normale mense kan aangaan met ons dag.

Rens Roodt ·

jy het n reg volgens die grondwet – jou reg is om n pad te gebruik – jy het ook n reg om diegene wat jou lewe bedreig dood te skiet – skiet of ry die die amokmakers dood – waarom kan hulle nie by hulle huise bly om so hulle misnoee te kenne te gee nie – moet altyd op paaie dit wil doen

Xa ·

Laat die betogers weet waar om te betoog: by die huise en kantore van die wat so ewe trots ingestem om die samelewing te bestuur, die regerende party, dit is al wie aan hulle gehore iets kan doen, en dit is al wie hulle die maan en sterre belowe het voor verkiesings. Dit het niks met die publiek, die universiteitsbestuur of die padgebruikers tedoene nie. Genoeg is genoeg.

Ben Prinsloo ·

Neem van die betogers in hegtenis en laat die “community” vir die skade betaal.

Eddy ·

Anargie.anargie.anargie.En ek wat belasting betaal moet die ongerief en skade betaal

SeNet ·

Hulle kan hulle gedra, doen en se wat hulle wil en ons moet dit elke keer ontgeld! Wanneer word hierdie onregverdige en barbaarse optredede van die nou stopgesit??? Brand hulle nie skole af nie, toi toi hulle. Versooraak amok. Hoekom is hulle nie by die werk nie? Hoekom gaan hulle nie deur die regte kanale met hulle griewe nie? Hoekom duld ons dit nog? :(

Karma ·

Ha!! Ek is SO bly ek bly nie doer annerkant die Vaalrivier nie! Hier in die Wes-Kaap (platteland) is daar nog relatiewe vrede. Julle Gangster Paradisers foeter net nie dié kant toe en bring al daai klomp anargiste en misdadigers dié kant toe nie! :-)

Xa ·

Dit kom. Die weskaapse eens mooi en vooruitstrewende dorpe se townships en planner sample groei by die dag. Die ANC wil die weskaap Africanise, en gou ook.

Xa ·

Verskoning vir autocorrect in my vorige boodskap. Nie “planner sample” nie maar “plakkerskampe”. Die plakkerskampe van die weskaapse dorpies groei by die dag, groeiende getalle ANC stemmers.

Tiger ·

Motoriste BETAAL lisensies vir hul voertuie,BETAAL pad belasting BETAAL tolgelde en en en mar HULLE word eenvoudig hulle reg op die gebruik van paaie ontneem sonder om te skroom.Dis tyd dat GEEN betogings op paaie meer gedult en toegelaat word nie.Die laaste sin se duidelik “die polisie is op die toneel” – maar hulle verwyder NIE die betogers wat padgebruikers se regte skend nie.Hulle wag vir die eeste motoris om ‘n betoger iets aan te doen DAN sal hulle baie gou ingryp en die motoris arresteer!!

Winston ·

Dit is presies waarvoor hulle wag. Almal wat staak, brand, steel en moor het regte. Wetsgehoorsame burger se regte is om net te aanvaar en niks te doen nie. Vir hoe lank moet ons net aanvaar? Ons betaal en werk vir ons voorregte.

Manie ·

Dit is presies wat gebeur. Die motoris is nou mos die sagte teiken want sy onligting is mos maklik verkrygbaar en hy het die iets om te verloor. Die betoger is onherkenbaar onidentifiseerbaar het niks om te verloor nie . Hulle kan weghardloop en is dus omaantasbaar vir die SAP
As iemand my lewe in gevaar stel sal el myself bedkerm. Kom wat wil

cherokee ·

Tiger, wat het gebeur met die Joburgers terwyl die metro nie die rommel kon verwyder het weens die staking? Hulle moes dit self wegry en steeds dienstegeld betaal.

Chrisjan ·

Word deel van die betogers, kom in hulle binnekringe, infiltreer die addersneste, ons gaan inligting nodig he.

Mielie ·

Dis bykans elke Maandag se storie, ek glo vas hulle soek net n rede om nie te werk nie en ook net om ongerief te veroorsaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.