Betoging oor geweld teen vroue en kinders

Hannah Cornelius, een van die vele slagoffers. (Foto verskaf aan Maroela Media)

Die DA het aangedui hy gaan Dinsdag voor die polisie se hoofkantoor in Pretoria betoog teen die onlangse vlaag van geweld teen vroue en kinders.

Rdl. Crezane Bosch, organiseerder van die betoging, het gesê die betoging gaan na verwagting van 10:00 tot 12:30 by die polisie se hoofkantoor op die hoek van Beatrix- en Parkstraat in Arcadia plaasvind.

“Die betoging word gehou om bewusmaking te skep oor die onlangse vlaag van geweld teen vroue,” het Bosch gesê. “Ons beskou die voortdurende geweld, ontvoerings, verkragtings en moord op vroue as ʼn haatmisdaad teen vroue sowel as kinders.”

Sy het gesê die polisie moet die slagoffers met waardigheid hanteer en vinnig reageer om soveel as moontlik hangende sake waar sulke misdrywe gepleeg is, op te los.

Een van die mees onlangse voorvalle waar ʼn vrou ontvoer en vermoor is, is die moord op die Matie-student Hannah Cornelius (21). Haar moord het landswyd skokgolwe veroorsaak, veral in Stellenbosch in die Wes-Kaap waar die voorval plaasgevind het.

Cornelius (21), ʼn tweedejaar BA-student aan die Universiteit Stellenbosch, en ʼn studentemansvriend het Vrydagaand in die dorp in die blou VW Golfie, wat haar 91-jarige ouma vir haar gegee het, rondgery. Hulle is vroeg Saterdagoggend gekaap en ontvoer. Die vriend kon in ʼn stadium slaag om te ontsnap en is in ʼn ernstige toestand met hoofbeserings na ʼn hospitaal geneem. Cornelius se liggaam is Saterdag omstreeks 08:30 naby ʼn wynplaas gevind.

“Sy was die mees perfekte mens – slim, mooi, talentvol en jonk. Haar hele lewe het voorgelê en toe word sy so wreed en onnodig van ons weggeruk. Ons familie staan mekaar by, maar niks kan die leemte vul nie,” het Lali van Zuydam (27), Cornelius se niggie en ʼn familiewoordvoerder, Maandag in ʼn emosionele huldeblyk aan Maroela Media gesê. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Buurman ·

Ek verstaan nou nie. Mans …almal is slagoffers van misdadige geweld.

Ai ·

Ja buurman, hulle maak nou soos die liberales in Amerika om mense se aandag af te trek van waar die probleem rerig le.

Die probleem sit in parliament wat Wetgewing maak wat kriminele beskerm en meer regte gee as slagoffers.

marous ·

Geweldsmisdade is weersinwekkend vir almal , maak nie saak of dit vrouens , kinders , mans , bejaardes , ryk of arm is nie. Dit is ‘n weerspieeling van die sieklike samelewing waar onskuldiges in angs en bewing verkeer omrede die regering geen erns het om dit daadwerlik aan te spreek nie. Die balans is so ver omgewerp dat dit onmoontlik is om te herstel met ‘n normale wetstoepassing stelsel.

Ai ·

Ek wil net graag weet wat dit help om voor die polisie kantore te betoog? Dalk moet die hele land Parlement toe stap en aandring dat nuwe strenger Wette ingestel word, dat meer polisie personeel opgelei word en dat die korruptes verwyder word. Dat daar oorlog op gangs en sangomas verklaar word. Die tronke is oorvol. Hofsake duur n ewigheid want hulle kan nie by al die sake vinnig uitkom nie. So hierdie mense word vrygelaat op borgtog en moor net verder.

Die wortel van die kwaad sit in die Parlement en als wat daaruit spruit filter deur na staatsdienste toe en affekteer die gewone persoon op die straat.

Juliet Drozdz ·

Bring back the death penalty for murders, paedophiles rapists. Problem solved

Jules ·

Ag tog, “bring back the death penalty” dit sal en gaan ook nooit gebeur nie. Ek hoop die lot wat selfs met die stickers op hul voertuie rondry wil n ander sinnetjie leer.

Johan. H. ·

Bla-Bla Jull teem heeltyd geweld teen vroue ,,, het julle al sover en uit die boks gedink hoeveel mishandelde seuns daar is wat swak deur hulle ouers en spesifiek mas grootgemaak is, Natuurlik sal daardie seuns eendag groot word met probleme..,, Hoeveel vrouen vermoor nie hul kinders nie?? SA sit op n vreeslike maatskaplike tudbom,,, Alle mans is nie soos julle hulle etiketeer nie en beslis is alle vrouens ook nie te blameer nie,

andrea van vuren ·

Almal huil en kerm oor vroue en kinder-slagoffers. Hoekom hoor ons niks oor slagoffers van plaasmoorde nie? Ek glo die regering verskuif die aandag weg van die grootste en belangrikste probleem. Dis die boere wat die land se honger mae voer, maar nee, nou betoog hulle oor kinders en vroue-probleme. Word wakker Suid-Afrika!

NZJohn ·

Nee kyk jul lot Saffas sal ook nooit tervrede wees nie, vorige berig teem julle “waar is die betogings en en en” nou dat daar een is “en wat van die mans en en en” tiepies Saffa.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.