Betoging op Limpopo-boer se grond

Argieffoto (Foto:
(Foto: David Ritchie/African News Agency/ANA)

Meer as 600 mense het Woensdag op Rudo van Vuuren se plaas in Tomburke, Limpopo saamgedrom.

Llewellyn Hemmens van die burgerregteorganisasie AfriForum het aan Maroela Media gesê die groep is ontevrede omdat boere in die gebied glo vroeër hul strukture afgebreek het. “Die LUR van gemeenskapsveiligheid en die burgemeester was op die toneel en het aan die groep onderneem dat hul strukture herbou sal word.”

Die groep het teen omstreeks 14:30 begin verdaag ná hulle toegespreek is. Hemmens het benadruk die situasie is tans onder beheer.

Die groep het ook paaie in die gebied versper met, onder andere, buitebande wat aan die brand gesteek is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die betogings aan Maroela Media bevestig. “Beamptes is ontplooi om die situasie te beheer. Geen vandalisme of beserings is in hierdie stadium aangemeld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Johan ·

Waar was die strukture opgerig? Was dit onwettige strukture op die boer se plaas. Of wat het die boer daarmee uit te waai. As dit wel onwettige strukture was, hoe kan daar waarborge van heroprigting gegee word??

fred ·

hier gaan in die toekoms nog baie moelikheid kom……ek hoop ons kan saamstaan…

Manie van Worcester ·

berig vaag maar dis waarheen ons op pad is, hoop massa stem VF+, dis waar ons hoop le

Dissie ·

Massastem vir VV+ gaan niks help nie… Ons is die MINDERHEID…
Ons ware hoop is om saam te werk… Nie net met ons eie mense nie, maar ook ander.

Anoniem ·

Ja daar was wel vandalisme. Rudo se heining is totaal verwoes.

Nix ·

Fred ek het vroeer gelees hy het ‘n hofsaak gewen om die onwettige eff plakkers van sy plaas af te kry en hulle het belowe hulle sal terug wees. En toe word hulle met busse aangery

fred ·

dankie Nix…wonder waar die munisipaliteit nou die strukture gaan oprig…..

Manie van Worcester ·

berig vaag maar dis waarheen ons op pad is, hoop massa stem VF+, dis waar ons hoop le

Elmien ·

Jammer om te sê,Manie v Worchester…
ons ou paartjies en vf+ is hopeloos te klein en te min,teen die hordes,ons het nie n kat se kans eers naastenby nie

Stadsjapie ·

Elmien, wat was die verhouding nou weer by Bloedrivier?

Carl Jordaan ·

Die invloed van n paar VF+ mense in die regering, gaan nie oor getalle nie. Hulle word gehoor en gewardeer, hulle is mense wat n goeie voorbeeld stel, waarna opgesien word, wie se bydrae tot getalle verhouding, meer is as die van ander groter partye. Moet dit nie gering skat nie. Moet asb nie die twak glo wat verkondig word, dat jy nie jou stem op n kleiner party moet mors nie, jou stem gaan tel, selfs dalk meer, as jy vir n party stem wat jou belange op die hart dra.

fred ·

ons het n leier nodig wat so brutaal en uitgesproke is as Malema….

Nabu ·

Mense..dit het niks met EFF te doen nie. Geen busse met onderstreuners.
Jul hardloop nou met iets waarvan jul nie kennis dra nie.

Swartwater ·

Sonia, ek was daar. So jy is van die ander paneet lyk dit my. Geen busse nie en die heining is nie verwoes nie. Die strukture wat verwoes was, is deur blankes van ellisras gedoen, maandag al. Dis waaroor die plakkers nou die ongelukkigste is ook. Alles onder beheer nou

Ellisras ·

Die amptelike kennisgewing.
Die situasie in Swartwater is onder beheer. Onderhandelings het glad verloop en ‘n ooreenkoms is bereik. Alles is weer terug na normaal. Dankie vir almal se navraag en samewerking. Veilige aand. Gpf.
Vir die wat maak of hulle alles weet.
Ek en Nabu weet alles

NCA Reaksie ·

Nabu jy was nie daar nie en die dame het haar stelling reg oor jou ,Ons was net 6 binne die plaas die 600 die heining platstoot ,niemand anders wou op die plaas kom nie en het eerder veilig in hoofpaai vergader ,die 600 het n paar keer genader en was die laaste keer so 20 meter van die 6 wat bly staan het ,maar ons het vas gestaan kalm gebly en staat gemaak op die Vader se hand ,

Boerboel ·

Mense dis waar wat Hendrik se. Die Vf + is alreeds n’ Klein party. As hy nie genoeg stemme gaan kry NIE het jy geen setels in die parliament. As die Anc nie 66 % key nie maar vorm koalisie met EFF en Blf het ons baie baie groot probleme. EFF trek nou baie steun by studente en ook junger mense. So mense stem reg.

EU ·

Al is die DA “tweede” na hierdie verkiesing gaan dit nogsteeds nie help nie! ANC & EFF gaan koalisies vorm en saam koning kraai ! Ek stem VF+ hulle probeer darem. DA wat doen hulle? Bla, bla net.

Frank ·

Ja, hierdie is waaragtig ‘n tyd waarin Boere sal moet begin saamstaan. Die geskiedenis tel egter teen ons want waar daar tien Boere is, is daar tien partye ook!! Hardkoppige klompie onse mense!

Elandré ·

DIS PRESIES ONS PROBLEEM FRANK !! STRY EN BAKLEI VIR N VALE ?

Getroue werker ·

Gee dan meer inligting Nabo aangesien jy meer weet as ons asb

Gaitsigubib ·

Ja vandag sien ek iets. 8 manne gaan stàan by n boer se huis. Die hordes wil storm- n paar honderd van hulle, maar waar is al die boere? n Klomp vergader buite die hek waar hulle maklik kan wegkom, die ander gee raad oor die 2 rigting radio. Waar was die manne vandag toe die hordes storm?

Johan ·

Dit klink soos ek die storie ken. Blanke Afrikaners vol bek. Wanneer die pawpaw die fan slaan staan jy alleen. Ek is lief vir my eie mense maar vertrou net myself en my Vader in die Hemel.

Anoniem ·

Gedeeltelik van die inligtig in die berig en omsending wat vroeer vandag die rondte gedoen het is vals.

Eerstens was die insedent op Swartwater nie Tomburke.

Daar was n optog wat redelik rustig verloop het behalwe bande wat gebrand het. Geen busse met EFF mense is aangery nie. Daar was wel taxis en verder mense van omgewing.

Die dag is gemonitor deur verskeie instansies.

willem botha ·

Stem VF+ of dra die gevolge jou keuse vir jou familie en kleinkinders.

Johan Schoeman ·

Ek stem saam met Fred-hulle. Ons sal ons onderlinge geskille moet los en saamstaan! Saamstem is ook ‘n vereiste, en dis waar die VF Plus inkom…..

Elandré ·

Kommerwekkend, dat die afrikaner neig om dwarstrekkerig te wees,van mekaar.
Kommerwekkend,dat valse gerugte sowaar onderling versprei word.
Kommerwekkend, dat daar gereeld konflik,kritiek en woordwisseling onder onse ou nasie aanwesig is.
Kommerwekkend,dat ons reken, n ou klein politieke party’tjie,is ons redding

CHAPPÍES ·

die verkiesing is n totale klug en tydmors mense,stem tot ons blou word in die gesig ons sit vlg week STEEDS presies waar ons nou is en MM se vf+ hou hulle steeds slim

Susan ·

@ Elandré
Buiten die stry & baklei, repeat ons ook onsself ?

Boats ·

Mense ek Dien in 90% vd komnentaar ons ou boerekwaal. Pleks dat ons saamstaan en na mekaar luister en respekteer, raak ons persoonlik en beledigend. Realiteit is, AL is ons hoe min, is geen stem so goed soos ‘n Anc/Eff stem. Verteenwoordiging in die Parlement is iets waarop ons kan kan hoop en vertrou dat die massas ons nie oordonder nie. Kom ons werk daaraan

Miems albrecht ·

Kan ons nie net die een keer besluit om saam te staan nie al is dit nou net vir die volgende twee weke. Daar na kan ons mekaar maar weer op dons.

J ·

Something’s got’a give.
Een of ander tyd gaan ‘n damwal breek. Ek wens dit niemand toe nie en ek spreek dit oor niemand uit nie. Ek wonder net: Hoe lank nog voor die kwaad die goed oorwin? Al wat ons staande hou is Geloof en Hoop. Die Liefde, wat die belangrikste is, is gewond en het seer.

KrokodilBotha ·

Omgewing was Swartwater. Geen busse, maar ANC youth wing narre was daarso in ANC gemerkte bakkie. Die DA gaan jou niks help nie. Stem VF+. Meer belangrik is dat mense moet gaan help, bystaan as daar sulke gevalle is. Voertuie is vinneger as n gebedjie mense. Boere en hul families bly op afgesonderde gebiede, staan saam. Jy kan lankal nie meer op 98% van Polisie staat maak nie.

Marle ·

Ou Krokodil – jy is werklik van die pad af. As ons nie op ons geloof en gebed kan staatmaak nie, het ons reeds verloor voordat die stryd begin het. Ons moet saamstaan in geloof en hoop en ons Almagtige Vader sal ons help, Miskien nie op die manier wat ons wil is nie, maar ek weet dat Hy nou al ons ou volkie soveel jare behoed en bewaar en Hy sal dit weer doen. Veral noudat die vyand van alle kante af toeslaan. Maak staat op jou geloof in ons Hemelse Vader – Hy bring uitkoms as alles op die donkerste lyk, maar dan moet ons saamstaan en op Hom vetrou.

AndrewL ·

NCA Reaksie, nee, hulle in die pad was seker besig om af te stig

Gaitsigubib ·

…. en wat n hartseer dag was dit nie om die boere so te sien vou onder die druk nie? Wat het dan geword van die boere se heldhaftigheid toe hulle oorlog verklaar het teen die stekste mag in die wereld? Ek sal julle nie veroordeel nie maar ek bid dat julle sal besef dat as God se Gees by jou is hoef jy niiks te vrees nie….. en die van julle wat gese het dat julle nie moet bid vir die boere op die christelike groepe omdat dit kastig “fake news is” jy is reg as jy nie vir ons wil bid nie, dis mense soos jy wat geen band met God het nie. Jy bluf niemand nie. Vrede en God se genade vir almal van julle!

Sarel ·

Mense, het die boere aan die buitekant werklik gevou of was dit deel van die beplanning? Ek hoop dit is beplanning!!
Dit is tog nie logies om almal so te plaas dat almal omsingel kan word nie. Is dit nie juis die wete dat ander teenwoordig is en uit n ander rigting kan hulp verleen wat die plakkers ontmoedig het nie. Glo my hulle is ingelig dat daar meer as die genoemde 6 was. Dit is tog so dat daar voordurend versoek word dat konfrontasie nie uitgelok word nie weens die sekere uitspraak in n hofsaak dat die blankes die aanstigters was. Ek sal aanbeveel dat die boere en hul ander ondersteuners sal teruggaan en nabetragting hou, die situasie evalueer en dan die regte weergawe aan ons kommunikeer ipv dat ons wat nie teenwoordig was nie die situasie probeer uitpluis met min of geen inligting. Onthou ook dat daar altyd die RAMBO is wat wil voorgee dat hy die hoofspeler was terwyl die werklike voorloper sal stil bly en net in stilligheid die VADER sal dank dat die saak goed en sonder lewensverlies afgeloop het. Sterkte aan die manne daar, wees op julle hoede en wees verseker dat die druk gaan verhoog.

Anoniem ·

Rambo het glad nie opgedaag nie. Ek hoor sy vrou wou nie he hy moes uitgaan nie – blykbaar bekommerd hy vang koue sonder sy pantoffels.

anoniem ·

die storie word heeltemal uit verband geruk.
as dit nie was vir Tom Burke se voorsitter nie sou dit baie erger gewees het , maar hy het alles onder beheer gehou en met n oop kop dit uitsorteer.
baie dankie aan hom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.