Betoging op N3 ontwrig verkeer  

Foto: Twitter

Verkeer op die N3 naby Johannesburg is Dinsdagoggend erg ontwrig toe inwoners van Alexandra ʼn deel van die hoofweg beset het tydens ʼn betoging oor dienslewering.

Supt. Edna Mamonyane, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die betoging is naby die Londonweg-afrit en twee bane op die N3-Noord is vir verkeer gesluit.

“Die Johannesburgse metropolisie en polisiebeamptes is op die toneel. Inwoners betoog glo oor diensleweringskwessies, insluitend ʼn gebrek aan elektrisiteit.” Betogers het buitebande aan die brand gesteek en klippe in die pad gepak.

Volgens Mamonyane moet motoriste eerder die Modderfonteinweg-afrit neem, deur Wynberg beweeg en op die M1 aansluit by Corlettweg.

Mamonyane het gesê daar is geen beserings aangemeld nie en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Liberaal ·

Niemand inhegtenis geneem nie, is dit nie musiek in die ore van liberraliste chaosbeskermhere nie, dankie polisie, dankie menseregtevegters, jammer aan die werkskeppers en jammer aan die wat dringend na hospitale geneem moet word maar liberale regte van die betoger kom eerste volgens liberale agenda.

Werner ·

Die R59 tussen Vereeniging en Alberton is deesdae so te sê heeltyd toe. Die polisie monitor net.

Gys ·

Die M57 in Olifantsfontein is ook gereeld toe weens betogings .

Stokkies ·

London weg lyk in elk geval verskriklik wat slaggate betref, doen eintlik die dorp se motors n guns om hom toe te hou

Andre ·

Hahahahahaha!!!
Die gebrek van elektrisiteit! Gaan betoog voor jou kolegas by eskom wat betoog! Dis hoekom jy nie diens kry nie. Jy soek dit verniet en hulle soek ‘n verhoging. Wie betaal?

Nettie ·

Dié “mense” betoog en betoog en betoog (en ek wonder hoeveel van diegene wat so betoog, afbrand en afbreek WERKLIKE, GEBORE Suid-Afrikaners is. Want as jy nie in SA gebore is nie, het jy nie die reg om hier te wees nie).

Dan betoog hulle oor dié, dan is dit oor dáái. Gewoonlik gaan dié betogings oor ‘dienstelewering’ of behuising of elektrisiteit of water. En dan brand hulle alles wat voorkom af en breek die res af.

Antwoord my nou net een vraag: WIE het die ONKAPABELE, ONVERMOËNDE ANC-regering (wat in die meeste provinsies en die meeste munisipaliteite regeer en dus verantwoordelik is vir goed soos basiese dienste, behuising, elektrisiteit en water) INGESTEM???

Dit is VIR SEKER NÍÉ diegene wat NÍÉ ANC gestem het nie. Maar ons, wat met ons verstand gestem het – ons ly daaronder.

Trudie ·

Ek verstaan net nie hoekom moet wetsgehoorsames altyd ly onder die kriminele nie. Is daar regtig nie iemand wat iets hieraan kan doen nie? Jy is kwaad oor dienslewering en oor jy nie krag het nie, nou verniel jy die paaie wat alreeds in so toestand is en onskuldige motorist moet onder die geweld deurloop!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.