Betoging verby, Tuks môre weer oop

Een van Tuks se ikoniese geboue, "Die Skip" Foto: Mike Prins, Wikimedia

Een van Tuks se ikoniese geboue, “Die Skip” Foto: Mike Prins, Wikimedia

ʼn Ooreenkoms tussen betogende kontrakwerkers en verskeie rolspelers is Woensdag by die Universiteit van Pretoria (Tuks) se hoofkampus in Hatfield onderteken.

Dit bring ʼn einde aan die voortslepende staking wat sedert verlede week bedrywighede by die universiteit ontwrig het.

“Die rolspelers is onder meer verkose verteenwoordigers van die kontrakwerkers, studente en die universiteitsbestuur,” het Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, gesê. “Die rolspelers het ooreengekom op die kwessies in die ooreenkoms wat salarisse, werksvoordele, werksekerheid en die uitkontraktering van werk insluit.”

Bouwer het gesê die universiteit sal Donderdag vir personeel en eerstejaarstudente oop wees. “Die hoofkampus sal slegs vir eerstejaarstudente oop wees, om hulle die kans te gun om te registreer. Alle ander studente kan van Maandag af by die kampus registreer.”

Maroela Media het vroeër berig kontrakwerkers betoog sedert verlede Dinsdag by Tuks teen die uitkontraktering van werk en vir hoër salarisse. Die protesaksie was deel van ʼn nasionale veldtog wat ook bedrywighede by ander tersiêre instellings in Gauteng beïnvloed het onder die vaandel van #Outsourcingmustfall.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bessie de Kock ·

Aandag soekers. As die media met hulle kameras verdwyn sal 1,000 de nie meer belang stel om te toi toi nie. Glo my.

Griki ·

Die foto van die “skip” is Unisa. Is dit dan nou deel van die UP?

Griki ·

Oeps, jammer, ek het ‘n bietjie verdwaal. Ek vra om verskoning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.