Betoging vlam op in Strand; N2 gesluit

Betogers het Maandag (25 September 2017) ‘n gedeelte van die N2 in die Strand afgesper. Foto: ANA

Wes-Kaapse polisiebeamptes en lede van die Kaapstadse metropolisie is op die toneel waar betogende inwoners van Lwandle in die Strand die strate ingevaar en ʼn gedeelte van die N2-snelweg afgesper het.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die N2 tussen Sir Lowry’s pas en Hazeldene is gesluit. Inwoners het die snelweg met sementblokke, brandende bande en ander voorwerpe afgesper. Sommige betogers het ook verkeersligte beskadig.

Die betogers is na bewering ongelukkig oor ʼn tekort aan kragvoorsiening en ander diensleweringsprobleme in die gebied.

“ʼn Saak van openbare geweld word ondersoek en 17 mans en twee vroue is in hegtenis geneem,” het die polisieverklaring gelui. Die polisie sal voortgaan om die gebied te monitor.

Motoriste word versoek om intussen van alternatiewe roetes gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Elsa ·

Laat die mense wat so chaos saai self opruim ai jul doen onnosele dade

Buitestander ·

Mense het hulle tradisionele erfenis gestand beoefen.

Pik ·

Waar is ons weermag wat onluste beheer moet doen almal sit op hulle agterente en word gevoer

foxi ·

Van watter weermag praat jy? Jy staan eerder n kans om veilig te voel met plaaslike buurtwagte.

Ella ·

Ek dink die mooie rustige Kaap word of is gekaap..
Vir te lank was dit die veilige bestemming vir die meerderheid mense..in duisende trek res vd land juis Kaap toe oor die vreedsaamheid en vooruitgang.
Duidelik hou die gespuis en regeerders nie hiervan nie en onluste word geokrestreer vanuit n hoolpit om dit ook onregeerbaar te maak.
Kapenaars wees paraat!

dawie ·

Is daar n tekort aan krag of n tekort aan die besef dat daar betaal moet word vir die krag wat jy gebruik?

Pietie ·

Die saboteurs sal seker weer vrygelaat word. Bewys my verkeerd.

Hanna ·

Gaan my verstand te bowe: jy kom ongenooid v n ander provinsie af, jy dra niks tot die ekonomie by nie, jy “demand” dienste waarvoor jy nie wil of ooit gaan betaal nie en dan betoog en verwoes jy jou omgewing?! Nou hoe nou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.