Betoging vlam weer op in Midrand

Verkeersopeenhoping weens die betogings wat omstreeks 07:00 wéér in Allandaleweg opgevlam het. (Foto: Twitter/TrafficSA )

Verkeer in Midrand in Johannesburg is Woensdagoggend erg ontwrig weens betogings wat omstreeks 07:00 wéér in Allandaleweg opgevlam het.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), sê inwoners het reeds gisteraand omstreeks 20:00 die strate ingevaar om oor dienslewering te betoog. Na verneem word, is die inwoners ontevrede omdat hulle nie genoeg water tot hulle beskikking het nie.

Om 23:00 is die betogings gestaak, maar vanoggend is dit weer voortgesit.

Motoriste word aangeraai om intussen van alternatiewe roetes gebruik te maak aangesien Allandaleweg steeds gesluit is.

Minnaar het aan Maroela Media gesê polisiebeamptes is op die toneel en die betoging word gemonitor. Die situasie is wel onder beheer en geen ernstige skade is tot dusver aangerig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

simpatie? ·

Brand. Verwoes. Vernietig. Breek. Want ons is nie gelukkig oor die manier wat ons land bestuur en regeer word nie maar moenie asb nie worry nie, met die volgende verkiesing stem ons weer vir dieselfde mense en dan kan die bose kringloop weer begin.

Wurmpie ·

Ek wil net weet as hulle nie gelukkig is nie hoekom moet die mense wat wil werk geraak word deur hul betogings. Hul het nie genoeg water nie maar die paaie word toegemaak. Staat moet nou toesluit voor die voet. Geen kans om te betoog. Maak ń wet wat sê as jy betoog word jy vir 20 jaar toegesluit.

HPV ·

Dit is wragtig die siekste spul wat ek my hele lewe gesien het, betogers regeer nie net die land nie maar is besig om dit asook die ekonomie totaal te verwoes. Sodra hulle breek en brand moet almal wat verontrief word net eenvoudig ander planne maak. Paar van hulle word in hegtenis geneem maar NOOIT vervolg nie.

alida ·

Hulle monitor!!! What a joke!!! Sluit voor die voet voor toe ASSEBLIEF en hou op monitor.

Hennie ·

Dis reg, sluit die pad. Ons hardwerkende BELASTINGBETALERS sal geduldig, gedienstig gedweë ‘n ander roete kry sodat ons kan werk want ons geniet dit om belasting te betaal. Ons gee nie om om meer brandstof te gebruik nie. Ons hou van die goedkoper brandstof pryse.

Charles ·

Dit is grootskaalse sabotasie!
Maar nee, die ANC gaan stemme verloor indien daar opgetree word.
Siek !!

Susan ·

Ek praat nie die maniér van betoging goed nie ……. maar ek dink ék sou ook voor in die koor gedans het as ék in sulke haglike omstandihede moes bly. Ek is ook woedend vir die Emfuleni Munisipaliteit wat al vir weke nie vullis verwyder nie. Glo nie brandstof nie. En dan het hulle nog die gore moéd om die pryse op dienslewering te verhoog.

Keelvol ·

Susan, ek wil 50% met jou saamstem. Is elke dag dankbaar dat ons gesin beter omstandighede het.
Wat my woedend maak is dat ek moet betaal vir dienste en verbruik. Ons woon op ‘n waar krag afgesny word as dit agter is. Vir water moet daar ten duurste geboor en toegerus word. Vullis moet self ‘n plan mee gemaak word. Ons betaal ook elke maand grondbelasting aan die munisipaliteit, vir die wat nie weet dat dit ook op plase van toepassing is nie, dit is. Ons gebruik mos ook die dorp se strate en wil dit ook skoon hê, daarvoor moet ons belasting betaal.
Die mense besef ongelukkig nie dat daar niks verniet is nie. As jy dit verniet kry moet die volgende persoon daarvoor betaal. Hulle het nie ‘n besef waar die regering sy geld vandaan kry nie. Het geen idee van belasting wat staatskoffers moet volhou nie.
Dit kos miljoene om skade wat tydens betogings aangerig word te herstel. Die geld kon vir uitbreidings aangewend word.
Die optrede benadeel die ekonomie. Met groei in die ekonomie sal daar meer werksgeleenthede wees,
Korrupsie en lee beloftes moet stop .

Snowball ·

Ek betoog omdat ek NIE die dienste kry waarvoor ek NIE betaal nie……?

frenchpeteers ·

Ek sien nie ‘n verskil as wat in die hele Afrika afgespeel het nie, totdat hulle visse vang en beeldjies maak vir ‘n inkomste. Ons vlog net die hele afrika se voorbeeld. Al verskil is net elke keer as dit vir hulle te veel geraak het dan het hulle suid beweeg na die sivilised lande wat steeds bestaan het. Daar is niks vir ons Suid nie???

George ·

Susan, het jy al enige veskille gesien waar voorheen betogings gehou is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.