Betogings belemmer kieserregistrasie in Oos-Kaap

Argieffoto: Phillip Bruwer

Minstens 56 kieserregistrasiepunte in die Oos-Kaap is Saterdag laat geopen weens diensleweringsbetogings en ontevredenheid met die afbakeningsproses, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Saterdag gesê.

Saterdag is die eerste dag van die laaste registrasienaweek voor die algemene verkiesing vanjaar.

Kayakazi Magudumana, provinsiale verkiesingsbeampte, het gesê beamptes was gereed en het alle nodige materiaal gehad, maar teen 10:30 kon sommige registrasiepunte steeds nie oopmaak nie, weens betogings in die gebied. “Van die 4 791 stasies in die Oos-Kaap is daar tans net 56 stasies wat nog nie oopgemaak is nie,” het sy bygevoeg.

Gebiede wat die swaarste deur die eksterne faktore geraak word, is 29 punte in die Amahlati-munisipaliteit (Stutterheim).

“Die impak van hierdie situasie is betreurenswaardig, maar dit is buite ons beheer. Ons werk saam met die SAPD om veiligheidsverwante sake aan te roer en die veiligheid van ons kiesers en beamptes te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tinus ·

Is kiesers dalk stadig besig om te besef dat jy kry waarvoor jy stem? Na byna vyf -en-twintig jaar glo die meeste kiesers egter nog steeds die strooi wat politici aan hulle opdis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.