Betogings by Girls High oor ‘diskriminasie’

Leerders eis onder meer ‘n hersiening van die gedragskode wat volgens hulle teen swart leerders diskrimineer.

Betogings deur leerders van die Pretoria High School for Girls het Vrydagoggend voortgeduur teen wat matrikulante bestempel as ʼn gebrek aan rassetransformasie.

Zulaikha Patel (17), ʼn matriekleerder, sê hulle het reeds hul lys van eise aan die LUR vir onderwys in die provinsie, Panyaza Lesufi, asook die skool oorhandig. Voorlopige eise sluit in die afskaffing van ʼn haarbeleid wat teen swart leerders diskrimineer; die skep van ʼn Zoeloe-departement en die aanstel van ʼn departementshoof, asook ʼn struktuur wat bewerings van rassisme by die skool kan pak.

Hulle vra ook vir ʼn hersiening van die skool se gedragskode en die verwydering van enige diskriminerende klousules daarin. Dit sluit in tugstappe vir laatkommery. Die leerders voer aan dit penaliseer swart leerders omdat talle van hulle weens die destydse apartheidsbeleid ver van die skool af woon.

Die leerders voer ook aan daar is nie genoeg diversiteit in die skool se personeelkorps nie, veral “in top-bestuur, waar alle hoofde wit, Christelik en heteroseksueel is”.

Die leerders voer ook aan daar is nie genoeg diversiteit in die skool se personeelkorps nie.

Volgens Zulaikha is net sewe van die skool se nagenoeg 90 onderwysers swart.

“Ons gaan voort met die betogings. Teen watter koste moet die voltooiing van die akademiese jaar wees? Ten koste van onsself? Ons is besig om ʼn nasionale kwessie te pak,” het Zulaikha gesê.

“Ons doen ook ʼn beroep op ‘Old Girls’ om by ons aan te sluit en saam te staan in die stryd om die stelsel te verander.”

Zulaikha sê die kwessie is al voorheen aangeroer, maar is volgens haar onder die mat gevee in ʼn poging om die skool se goeie naam te beskerm. In 2016 het swart leerders ook betoog nadat hulle aangesê is “om hul hare reguit te maak”. Hulle voer aan niks het sedertdien verander nie.

Die betogings by die skool het Vrydag vir nog ‘n dag voortgeduur.

Zulaikha sê Lesufi beantwoord ook nie meer navrae oor die kwessie, óf twiets wat direk aan hom gestuur word nie, nadat hy vroeër verskeie ouers verseker het dat daar aan die saak aandag gegee sal word.

Lesufi se woordvoerder, Steve Mabona, het nie op navrae gereageer nie.

Hy het vroeër aan TimesLive gesê die probleme is vantevore al uitgestryk. Hy het ouers ook gevra om hul kinders te dissiplineer en die leerders daaraan herinner dat heelwat akademiese tyd reeds weens die Covid-19-pandemie reeds verlore gegaan het.

Zulaikha sê hulle gaan voort met hul skoolwerk, maar dat die betogings nie opgeskort gaan word nie. Sy sê ook leerders se ouers staan bankvas agter hulle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Eerlik ·

Ag asseblief! Klink vir my eerder of basiese dissipline n probleem is. Ek sou se die skool moet tugstappe neem teen die ongehoorsame betogers.

donsie ·

Juffrou Patel, niemand verplig jou om in die skool te wees nie, jy is uit vrye wil daar, so as die dissipline en reels jou nie pas nie, dan staan dit jou vry om vir jou ‘n ander skool te kry.

Johnny ·

Nou word dit sommer ‘n sonde om normaal te wees ook? Ek sien hulle kla oor die feit dat almal heteroseksueel is?

Pierreli ·

Die sogenaamde leerders is mos welkom om by ‘n ander skool te gaan inskryf. Hulle soek net redes om die te leer nie. Hulle blameer ook almal behalwe hulself. Apartheid is en sal altyd blameer word.
Ai die arme aparteid bok!

Pappa Beer ·

Diekand is besig om met n helse spoed in die drein af te spoel en DIS waaroor hulle nou wil kerm! Ag nee regtig, dis nou aandag soek op sy beste. Belaglik man.

Charles ·

Ek stem 100% saam met Eerlik, Donsie en Johnny!!! Los die skool se geskiedenis uit!! Indien julle nie tevrede is nie, gaan soek ʼn ander skool!!

Burgermeester ·

Genugtig manne, die kind verbeel haar sy is Greta watse naam van Swede. Sy kom met al hierdie ‘vereistes’. As die skool se reëls nie in ooreenstemming is met jou eie waardes nie, gaan soek vir jou ‘n ander skool. Deesdae se kinders word groot met ‘n idee van ‘entitlement’. In elke geval, die kind word seker deur squirrel en lui sofie aangehits om te betoog. Ou squirrel wil mos meer BBBEEE toepas.

Johann ·

Soveel van selfvoldaande vermetelde arrogansie. ME MYSELF AND I sindroom, aandag vraat wat GEEN self bereikte suksesse najaag nie. Altyd APHARTHEITA sa skelt? Maak plek vir iemand met n waardering vir opvoeding.

Rina ·

Kom ons kyk hoe lyk Juffrou Patel se matriek uitslae aan die einde van die jaar! En kom ons kyk wie blameer sy wanneer haar punte swak is! ??

Juffrou Patel, jy is in die skool om te leer, gedragskodes en reëls is daar vir ‘n doel!

Bepaal jou by jou studies en los die politiek vir na skool!
daar het reeds te veel tyd verlore gegaan met die grendeltyd, bebaal jou by jou skoolwerk en basta!

As jy nie tevrede is met die reëls van die skool nie, kry vir jou ‘n ander skool!

Jaco ·

As mens nou nog, 26 jaar NA apartheid, ver van die skool af bly, gaan kla dan DIREK by die ANC, wat allerhande goed belowe het, maar daardie legacy van apartheid nooit gestop het nie. Al die wit mense kom hulle mos lankal na Europa geporteer gewees het. Maar nou ja, daars mos geld vir hemelhoë salarisse, paleise by Nkandla en sokkerstadions vir die wêreldbeker… Kom dit egter by sorg vir our people, dan is daar skielik niks.

Anoniem ·

Sy kla ook dat sy nie betyds by die skool opdaag nie. Dit is miskien haar ouers se probleem. Het die madam al gehoor van n horlosie.?

Michael ·

Hoekom sluit hul die skool of laat die wat wil leer klasse bywoon en wat wil betoog buite die skool grond raas as hul wil.

Adam Adriaan ·

Lyk vir my sy verstaan nie die rede waarom sy daar in die skool is nie. Die wêreld skuld haar niks nie. Sy kan dankbaar wees dat sy die voorreg het om in daardie skool te wees. Sy het seker vergeet om ook te eis dat al die ablusies vir almal oop gestel moet word. Help my mamma!!!!

Martie ·

Zulaikha het sekerlik nie al haar huiswerk gedoen nie nou tjop almal af.

Kaal Keiser ·

Skole naby word afgebrand – so die ver skole se waardes en geskiedenis moet nou deurloop omdat die rede vir geen respek vir wette en reels geblameer word op rassisme. Jy hoef nie aan die wette en reels gehoor te gee nie want daar was jare terug apartheid… die redenasies van mense darm. Daar word gefloreer met wan orde en ‘n afgebreekte wêreld. ‘n Gebou wat al jare staan en mense gehuisves het is nou net betonblokke oor na die “I demand” daar ingetrek het.

Grassie ·

As ek reg onthou was die betrokke meisie ‘n ruk gelede ook in die nuus toe sy geweier het om haar hare, wat ‘n vreeslike boskasie was netjies te maak. Verlede week was sy op TV-nuus en het gal gebraak teen wittes en apartheid. Sy was baie arrogant en smalend. As die skool hulle laat intimideer deur so ‘n moeilikheidmaker kan hulle net so wel hul deure toemaak.

Martie ·

in ons tyd op skool was daar gn niks gemoan nie reels was reels

PH ·

Dis tyd dat die moeilikheidmakers en kwaadstokers ferm op hulle plek gesit word. Hulle moet leer om soos bskaafde mense op te tree of in die bos skool te gaan

Tinus ·

Van wanneer af kommunikeer n leerder direk met die LUR??? Wat se twak is dit?? Dis eenvoudig,kom die redelike reels na of gaan,daar is baie wat graag jou ou sitplekkie wil he,en apartheid se skuld,jammer,jy kwalifiseer nie!!

Elsa ·

Wat het geword van jy gaan na die skool naaste aan jou huis?
Move it, girl

Sandra ·

Die ouers kom nêrens nie, nou sa-sa hulle die kinders om hulle vuilwerk vir hulle te doen. Dit maak my lam dat hulle die skole, want in die verlede akademies goed gevaar het, no nau wil laat sink. Wonder bo wonder het hulle nog nie aangedring op ‘n naamsverandering nie. Dit sal seker volgende kom. Ignoreer die spul, stel vir hulle voorwaardes om aan te voldoen of jy mag nie matriek skryf nie.

Sandra ·

Zulaikha – gaan kyk na Ansie Bylsma n opgevoede, geletterde 2de jaar LLB regstudent se skrywe en leer wat dit beteken om menswaardig op te tree.

Anon ·

Hierdie dogtertjie is ‘n klein kwaadstoker… Waarom is dit aanvaarbaar en waarom haal sy die nuus? Wie probeer sy wees? Winnie Mandela?

Anoniem ·

Skep van ‘n Zulu departement in ‘n Engelse skool? Rig dan gerus met Zoeloe fondse vir julle ‘n Zoeloe skool op.

AmY ·

Wie het nou weer gesê jy mag tot 30 kilometer van jou skool af woon?

AmY ·

Oor die wet oor hare: Ons buurdogter kla nou die dag by my dat sy nie op die swartbord kan sien nie, agv van die meisie wat voor haar in die klas sit se woeste hare. Sy weier om plekkie met haar te ruil. Boon-op is die kind se hare baie vuil.

Jacobus ·

If you don’t Laik it, go to one of many good schools Lesufi has built in his last promise.

Alida ·

Skors haar sy is n opstoker. Die eksamen kom mos weer nader en te lui om te leer.

Yvonne ·

As selfs Lesufi nie meer daarvan wil hoor nie, moet jy maar weet jy slaan ‘n dooie donkie!

'n Simpelman ·

Kom as Gdiens en waardes verdwyn.
Die sitters ook die met die swakstes punte??
(vra net)

Blomme ·

Leerders wat die woord Demokrasie
misinterpreteer slegs om hul ongedissiplineerde gedrag te bevorder. Lost Generation!

Jurie ·

Die probleem is sy soek aandag en kry dit deur die media,selfs dekking op tv!! Nou maak sy van BLM gebruik om haar eie agenda te bevorder en alles toe te skryf aan rassisme en/of apartheid.Toekomstige minister in wording ????

Douglas ·

As ek reg onthou was die voorbarige klein snuitertjie voorheen by Girls High in betogings betrokke. Dit is belaglik dat ’n onevare kind op die uitstekende skool aan die beheerraad wil voorskryf hoe die skool beheer moet word.

Jack ·

Die ou probleem van samespanning. Hoe kan n groep swart leerders nou verkeerd wees terwyl hulle ook nie rassisties kan wees nie. Die skool moet verkeerd wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.