Betogings by Medupi-kragstasie

Medupi-kragstasie Foto: Hitachi  Power Africa

Medupi-kragstasie Foto: Hitachi Power Africa

Werkers het Donderdag by die Medupi-kragstasie in Lephalale, Limpopo, betoog en bande aan die brand gesteek.

“Die werkers is deel van die persone wat kennisgewings ontvang het nadat hulle verlede maand aan ʼn onwettige staking deelgeneem het,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, gesê. “Hulle het ook probeer om personeellede te intimideer wat opgedaag het om te werk.”

Phasiwe het gesê die polisie was op die toneel om die situasie te beheer en seker te maak dat bedrywighede by die kragstasie voortgaan.

Werkers wat deur Eskom-kontrakteurs aangestel is, het verlede maand aan die onwettige staking deelgeneem. Eskom het later aangekondig dat 1 000 van hierdie werkers afgedank is en sommige personeellede het skorsingsbriewe ontvang. Phasiwe het gesê die werkers mag nie terugkeer voordat hul dissiplinêre prosesse afgehandel is nie.

Die kragstasie beoog om Eskom met ʼn bykomende 4 800 MW te voorsien, maar word nou al drie jaar lank vertraag. Tshediso Matona, geskorste uitvoerende hoof van Eskom, het verlede maand gesê Medupi het vir die eerste keer krag opgewek. Hy het gesê 794 MW van Medupi se eenheid 6 sal binne die volgende paar maande krag aan die nasionale netwerk lewer.

Eskom sukkel om die ligte aan te hou weens ʼn steenkoolsilo wat ineengestort het, ʼn tekort aan diesel en ʼn gebrek aan instandhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elfie ·

As hierdie kragstasie OOIT in werking tree sal ek verbaas wees. Hoe intimideer werkers hul base so met dreigemente en brand van bande ens? Eskom is in ‘n krisis en behoort die hele spul af te lê en kry mense wat WIL werk

jacques ·

Brand sommer die kragstasie af dis al wat julle gelukkig sal maak.

MdP ·

Oor die algemeen gaan daar nie veel op Medupi aan, sommige dae net minder as ander…

Boesman ·

Ek dank nou nog my agterent dat ek daar weg is. Dit is incredible hoe die werkers (lees vakbonde) daai site run! Ek weet, ek was 4 jaar daar en het my fair share gehad van industrial action. EISH!!!!!

Blikskim ·

Swanna, partykeer hou hulle nie daarvan as jy “calling a spade a bl**dy shovel” nie. Dit sny te naby aan die punt waar jy moet erken die skrywer is dalk reg.

Gert ·

As die regeering net wil ontsla raak van die vakbonde wat die grootste oorsaak is van al die probleme sal dit al klaar 50% beter gaan in die land

Jofus ·

Met die aflegging van hierdie mense het ek destyds voorspel dat hulle gaan brand en breek.Mens ken al hul motiewe soos ‘n boek. As wit Suid Afrikaner raak ek bang om in hierdie mooi land nog aan te bly.Ongelukkig te laat om nou landuit te vertrek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.